Trump,Trump,Trump en hoekom ek lag

Vandag was ek so ingesuig deur wie die US se nuwe president gaan wees, dat ek vergeet het om te blog. Manlief het iets gesê wat my hartseer gemaak het, dink net hoe dit moet voel om so opgewonde te wees oor vir wie jy stem en dan wen daardie persoon. Dink net vir ‘n oomblik hoe dit moet voel want in SA weet ek glad nie hoe voel dit nie. Ek het nog nooit gestem nie want daar was nog nooit iemand om voor te stem. Stel jou voor mense het so baie geworry oor wie ons land “run” soos wat hulle worry oor wie die US “run”. Nog iets wat Manlief gesê het is dat almal nou kant gaan moet kies. As jy (al bly jy nie daar) saam Trump stem dan gaan jy vriende verloor en anders om ook. Hoekom? Want Trump en Clinton het twee baie verskillende stel waardes, so anders dat die twee kampe nie om dieselfde vuur sal kan sit nie. Sy voorbeeld was dat as ek hier op die blog moet sê ek stem saam Trump, ek heel moontlik meer as die helfte van die followers sal verloor.

Ek is natuurlik opgewonde om te sien hoe anders die wêreld gaan wees nou dat Trump gewen het. Die rede daarvoor is dat hy nie ‘n “politician” is nie en dat NIEMAND gedink het hy sal wen. Ek hoop eendag kan ek so ingesuig word deur ons eie politiek, dat ek ook kan stem vir iemand wat my so opgewonde maak soos Clinton en Trump se mense. Natuurlik lag ek my dood vir die klomp wat nou huil oor Trump want al wat ek kan dink is

“Sharrup bitches, ons het Zuma. DIS iets om oor te huil.” Lekker kla hulle met die witbrood onder die arm.

Die Wit Hasie

Advertisements

9 responses to “Trump,Trump,Trump en hoekom ek lag

  1. Kyk superficially dink ek aan Trump as Malema hier by ons omrede sy muur wat hy wil bou. Malema is net so cocky soos Trump in die sin van redenasie… Maar ek dink trump gaan n crazy en baie komieklike president maak..*.ek glo nie jy sal followers verloor nie

    Like

  2. Nou weet 300 miljoen Amerikaners ook hoe dit voel om ‘n Suid Afrikaner te wees, al sal die oorgrote meerderheid van hulle nie eers Suid Afrika kan uitwys op ‘n kaart nie. Suck it up buttercups, julle moeilikheid is hier!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s