Dis alweer die skaap!

004.JPG005.JPG006Jis hierdie skaap vra om geslag te word. Ek is vandag so dedonnerin vir hom, ek wil hom sommer byt! Die hele jaar nurse ek die boompies in die nagaapie se buite hok. Ek troetel hulle met kompos en gooi hulle in die aand nat sodat hulle behoorlik kan water kry. Die hek na die agter kant van die erf word met ‘n tou vasgemaak (en dubble geknoop want Skaap kan hekke oopmaak). Nou het die d@#! die week berg oor na die agter erf gegaan en alles op gevreet. Ek sit heel rustig hier voor my rekenaar en tik aan ‘n storie dat hierdie rekenaar rook. Skaap blêr iets vreeslik, hy roep my (ja ek ken al sy verskillende mêhs). Vinnig besef ek hy is agter in die hok en toe ek die gordyn oop ruk, staan hy my in die oë en kyk terwyl hy die laaste stukkie boom afsluk.

“Kyk ma, kyk wat doen ek.”dis wat sy kyk vir my gesê het. Ek skep nog asem om te begin raas toe laat spat hy. Jy sien net stof trek, reg uit in die berg op waar hy WEET ek nie kan op nie. Ek is so boos ek hardloop amper die deur ‘n gat in en van bo op ‘n klip staan Skaap vir my en kyk… en.hy.blêr. Bliksem staan ook net ver genoeg dat ek hom nie kan raak gooi nie. Hy weet ek gooi soos ‘n sissy. Hy het daardie dag eers na ses huis toe gekom, seker geweet hy moet my kans gee om te kalmeer. Nou het ek die gordyne toe getrek sodat ek nie in die hok kan in sien nie want elke keer as ek daardie arme kaal boompies sien, dan wil ek ‘n skaap braai hou. Vanoggend het hy twee dollar opgevreet. Weer ninja skaap getrek en in die huis in gesneak vir sy nikotien fix, maar die asbakkies was leeg so toe reken hy dat geld lekker proe en vreet dit op. Selfs House Manager kla nou al oor hoe stout Skaap is. Hy is nou wraggies ‘n probleem kind.

Die Wit Hasie

 

Advertisements

18 responses to “Dis alweer die skaap!

    • Ons probeer hom maniere leer sodat daar nie sulke stories is nie, maar hy weier en nou wil niemand vir ons ‘n girlfriend gee nie. Nie eers vir geld nie. He has brought shame on the family

      Like

  1. Daai skaap gaan nog die oorsaak wees van jou eerste twee senu-ineenstortings, maar verdomp of hy is tans my gunsteling villian in jou stories.
    Miskien moet jy maar ‘n lekker skaapboud loop koop en dit met groot sorg voorberei waar skaap jou kan sien. Dan wiks jy hom op die boud met die platkant van die mes terwyl jy saggies sê. “Skapie, jy’s volgende!”

    Like

    • Gah, net om vir ons te wys hoe hard core hy is het hy my man se stukkie skaapvet uit sy bord gesteel. Hierdie Skaap skrik vir niks. Nie eers ‘n slaan stok want hy weet hy is vinniger as ons

      Like

  2. Daai is ‘n skaap? Ek dog dis die bok van Satan wat Rodney Seale ons kinders die skrik op die lyf mee gejaag het in die 1980’s.
    Uhhhhmmmm. Jy is nie getroud met hom nie, is jy? Ek bedoel nou Rondey Seale, nie die bok of die Duiwel nie…

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s