Tuisteskepper is nie glamorous

Gister staan ons in Edgars. Die somer pakkies en skoene skitter onder die helder ligte. Ek sug terwyl ek een van die bloese streel, ‘n hakskoen met spykerhakkies op tel en weer neer sit. “Ek mis dit om op te dress vir werk”sê ek vir niemand spesifiek nie. En ek doen. Gister het ek slip on gumboots gekoop ipv die spykerhakkies want dis prakties, dis wat ek nodig het vir die huis. So ook die matjies wat by die deure moet kom en in die badkamer. Dis nie mooi prentjies met helder kleure nie, dis praktiese rubber matjies. Ek het die skoene aan getrek toe ek by die huis kom en gedink ek lyk soos iemand wat nooit ooit weer gaan “lucky” raak nie.

download-3

Dis regtig nie ‘n glamours job om by die huis te bly en van daar te werk nie. Ek mis die dae wat ek hare moes doen, gesiggie inkleur en in ‘n netjiese swart broek, bloes, hakskoen en alles wat blink kon opdress. Wie sou nou ooit dink ek sal na die verlang? Nou koop ek niks as dit nie prakties is nie en spykerhakke is van die duiwel, geen mens kan behoorlik loop met daardie stront nie….maar die meisie in my swoon oor die konings blou suede met die ballerina straps. Of die swart pakkie wat van iets gemaak is wat my sal laat sweet as ek enige ander plek as onder ‘n aircon moet beweeg. Deesdae het ek ‘n uniform wat bestaan uit ‘n pony tail, ‘n hemp wat mag vuil word en ‘n kort broek (nou met slip on gumboots). Want enige ander uitrusting gaan nie werk met alles wat ek moet doen nie. Selfs die make up smelt en loop dan in my oë. En as ons dorp toe gaan is ek in plakkies want ons loop baie en vinnig, daar is nie tyd vir hakskoene wat enkels kan swik en blink goed wat aan ‘n trollie kan hak nie. Desember gaan ons af SA toe en dan is ek van plan om elke dag op te dress, maar casual natuurlik. Moenie jy in jou kantoor pakkie weer die tannie voor jou judge wat in haar plakkies, khaki kniebroek, t-shirt en hare in ‘n bun staan nie. Sy is nie lui nie, haar uniform lyk net anders as joune.

Die Wit Hasie

Advertisements

9 responses to “Tuisteskepper is nie glamorous

  1. Ek hou van daardie laaste stukkie vd uniform! Ek het ook so n uniform as ek strandhuise gaan skoonmaak. Ongelukkig gaan ek soms daarna uiteet en moet so doe met dieselfde uniform.

    Like

  2. Menz doen nie bling en hakkies en opdress nie. Glad nie. Jeans en Tshirt en plakkies/tekkies is wat mens werk toe dra, want dit is gemaklik. Gelukkig laat menzseBaas dit toe want sy is ook nie opdress nie.

    Liked by 1 person

  3. Ok dan kan jy in SA weer “lucky” raak …
    Al is ek net by die huis en werk ek in die tuin hou ek van oordentlik lyk. Maar tog practise… geniet dit ons hier in die stad smag soms na dit

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s