Uiteindelik…

15mm reën later en mens kan nou bietjie lewe in hierdie plek. Dis ‘n heerlike koel dag vandag en dit alles sonder ‘n boom wat omgewaai is of ‘n dak wat af geruk is. Ons het op die stoep gesit en braai en kyk hoe kom die reën stadig aan gestap soos ‘n ou tannie. Dit was wonderlik. Ek het lekker gelag vir my buurman oorkant die mielieland se hoenders. Kyk, hulle is al lekker vet vir kersfees, maar die bliksempies kan hol hoor. Ek sien hulle van doer-doer ander kant aan gehardloop kom toe die eerste druppels val. Ek dink dis cute want nou gaan hulle vir die reën weg kruip. Toe nou nie, hulle spring op die muur en vensterbanke want hulle worry nie oor nat word. Die hoenders wil nie versuip! Ek het lekker gelag. Mammas met helder lappe om hulle lywe het die kleintjies huis toe geroep, maar die ore was min. Eers toe pa vir die beeste fluit om te kom, kom die klomp kinders aan. Pap nat teen die tyd en ek sien hoe ma klappe uit deel soos hulle verby kom. Eerlik waar, dis beter as enige iets op TV. Dis die regte lewe, dis die mooi van die natuur en jou brein word nie net popcorn gevoer soos met TV nie.

Skaapie het niks gehou van die reën nie. Hy het met ‘n groot gejuig na my toe gekom (ek dink hy het my vertel watse k@k hierdie is) en vir die res van die dag kon ek nie ‘n tree gee sonder om ‘n skaap nek af te trap nie. Hoe donkerder dit geword het, hoe nader het hy aan die hok beweeg. Teen 5uur kon mens nie in die huis beweeg sonder ‘n lig nie en ek het vir ou Skaapie vroeg gaan laat slaap. Hy was geweldig onsteld oor al die water wat so van nêrens af op hom val. Klein Tarzan het met sy teddie ver in sy hokkie gaan sit tot die ergste oor was en toe met sy pensie teen die nat gaas gaan sit. Die laaste keer wat hy reën gesien het, was toe hy en sy boetie uit die nes gegooi is deur ‘n woeste storm. Hy is dus baie bang vir wind en donderweer. Ek sien uit om hom vanaand uit te vat want al wat ‘n gogga is loop nou rond en die klein meneer gaan lekker goggas vreet vanaand.

Ongelukkig is dit al wat ek het vir die blog vandag. Vir een of ander rede voel ek uitgeskryf vandag. Ek speel te veel sims en werk te lank aan ‘n storie om ‘n opinie oor enige iets te hê vandag. Ek wil wel een ding noem, as jy vertraag genoeg is om jou kind ‘n crap naam soos Dream te gee…dan vra jy mooi dat sy ‘n stripper word! Dink mense nie? Ek is ook taamlik gatvol vir die anti-white mentality en “hulle is lelik met my want ek is wit” houding wat nou in SA soos ‘n griep rondloop. Ek is regtig verbaas oor hoeveel mense toelaat dat die media beheer hoe ons voel oor mekaar en dat niemand WIL sien hoe die regering ons teen mekaar opspeel sodat hulle kan bly kak aanjaag nie. Doen my ‘n guns….stap weg van die drama. As iemand weer Sipho James se rassitiese tweet deel, scroll verby. As iemand weer oom Steve se ope brief oor Afrikaans se dood stuur, hou verby. Los dit vir volgende jaar. Koop vir Sally agter die til ‘n sweetie, gee vir die wit boemie ‘n brood, maak vrede met jou sussie al het sy 16 jaar terug jou boyfriend gesteel. Rage against the machine wat wil hê ons moet haat, baklei en verdeeld wees.

Onlangs het die Dalai Lama gesê “Simply praying is not the answer for the incident that occurred in Paris, as well as other similar atrocities that seem to happen all over the globe. He stated that humans have created this problem, and now we are asking God to solve it, which makes no sense. If we created this mess, we should be the ones to solve it, not God.” So met die seisoen van familie en omgee net om die draai moet jy: Dankbaar wees vir die reën al spoel alles weg. Goed wees vir ander omdat jy goed is en nie omdat jy iets daaruit wil kry nie. Nie by die massas inval nie. Die TV meer afskakel en net vir die wolke of sterre sit en kyk (of dalk bietjie praat met die mense en kinders wat saam jou in die huis is). Get your zen on so op die einde van ‘n opwindende jaar.

download (4).jpg

Die Wit Hasie

Advertisements

11 responses to “Uiteindelik…

  1. O ek hou van jou laaste paragraaf ! EN ek het persoonlik ‘n din goor name vir kinders – en dat dit met vanne moet pas. Savannah van der Merwe byvoorbeeld is vi rmy gruwelik. En ek spreek my wyd uit daaroor. Na jare van honde met inheemse name (soos Bongi en Moya) neem ons toe ‘n labbie aan – genaamd Ocean! Jip welkom Ocean Gous – ten minste is dit ‘n hond en kan sy nie ‘n stripper word nie. Maar steeds…

    Like

  2. Ons optel-honde heet Pamela (nav Pamela Anderson se indrukwekkende buustemaat) want toe sy by ons huis aangekom het was sy erg dragtig met sukke groot honde tieties, en Chopper, want as hy sy stertjie waai, lyk dit soos ‘n chopper se rotors.

    Like

  3. 15 mm reën IS iets om oor te skryf en toe jy baai sê en glo uitgeskryf is, toe skryf jy behoorlik. Amper soos dat mens by die kar in die baaisê ‘n hond uit ‘n bos uit kuier!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s