Met die maan gepla

one-beat-full-moon

Die volmaan is vir spoke en malmense dink ek terwyl ek gister aand na hierdie “super moon” staan en kyk. Om eerlik te wees, dit het na enige ander volmaan vir my gelyk. Dalk het ek te veel verwag. In elk geval, daar staan ek toe die maan en aan staar soos een wat mal geword het. Die volmaan is vir spoke en malmense fluister dit weer binne my en ek antwoord terug “Soms voel ek soos altwee” want sien, as dit volmaan is dan is my siel kriewelrig. Ek het nog altyd gevoel asof ek uit ‘n ander tyd is, maar die volmaan “amp” daardie gevoel nog meer op. Die wind pluk speels aan my hare soos ‘n seuntjie wat sy meisiemaatjie terg en vir ‘n oomblik verbeel ek my dat ek in ‘n ander tyd is. Met ‘n wit nagrok wat op en af waai soos ‘n laken wat oor ‘n bed gegooi word, wag ek vir iemand om uit die skaduwees in die maanlig in te stap….

Ek hou nie van die tyd waarin ek gebore is nie. Die gadgets maak my benoud, mense se waardes is moertoe (wat het geword van jou woord is jou eer?) en ek kry net nie ‘n korset wat pas nie (ok, dis tong in die kies). Maar ernstig nou, ek voel nie ek pas in nie. Elke keer wat ons op ‘n historiese plek kom dan vibreer my siel so asof ek daardie tyd (nie noodwendig plek) kan onthou. Ek het so gevoel toe ek my man ontmoet het. Kyk, ek het niks van die “vent” gehou nie en dit was oor nog voor iets begin het. Mens is mos bang vir gevoelens wat so sterk is en vir my het dit gevoel dat ek hierdie man ‘n duisend maal voor nou al lief gehad het, asof iemand ons storie al oor en oor geskryf het. Dalk is ek ‘n malmens om in sulke goed te glo of dalk is ek ‘n spook wat met die volmaan in twee wêrelde kan loop OF dalk is ek net ‘n tipiese skrywer met ‘n baie gesonde verbeelding. Ek reken mens sal seker nooit weet.

So met die volgende volmaan, dink aan Die Wit Hasie wat tien teen een iewers in die maanlig dwaal en hopenlik onder stoesig is.

Die Wit Hasie

Advertisements

6 responses to “Met die maan gepla

  1. Ek stem: waardes is moertoe EN wat het geword van jou woord is jou eer…
    Die maan is vir my mooi en n positiewe simbool – romanse, liefde, tyd, en en en
    Sal aan jou dink met volgende volmaan

    Like

  2. Ek wonder … ek dink nie waardes het verander nie; ek dink mense met andersoortige waardes steek net nie meer hulle ware kleure weg nie en die media maak dit moontlik om elke ou afwyking uit te snuffel. Daar is darem nog “goeie” mense aan boord ( dis nou natuurlik die mense wat soos ek dink *tong in die kies*).

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s