Don’t shop, adopt

download (2)

Ek het al ‘n stuk of twee geskryf oor honde en mense wat nie na hulle kyk. Ek het ‘n passie vir hierdie onderwerp. Om ‘n hond te besit is ‘n voorreg en nie ‘n reg. Mense dink jy kan ‘n hond in jou huis inneem en sodra jy nie meer plek het vir hom, dan gee jy hom weg. Die DBV in ons dorp is onder geweldige druk juis oor hierdie tipe stront. Dan praat ons nou nie eers van die hordes back yard breeders wat kop uit steek deesdae nie. Mense moan hulle het nie geld om die diere te laat regmaak nie, maar het SEWE honde. Speel jy met my? Is jou kop plat of het jy net die tou gemis waar common sense uitgedeel is? Ek het een keer by die veearts gestaan toe die doodswa daar intrek. Dit was vol honde wat moes uitgesit word. Ek huil terwyl ek hierdie tik want ek onthou elke gesiggie wat vir my deur die tralies gestaar het. Ek het daardie dag gesweer ek sal nooit weer ‘n hond koop nie. My huis is ‘n aanneem huis. Jy wat jou hond so wil weg gee moet eerder hom veearts toe vat en daar staan en kyk hoe sit hulle die hond uit. Dis beter vir daardie dier want jy het geen idee waar hy gaan opeindig as jy hom sommer vir Sannie op straat gee nie. Dan kan jy met daardie prentjie in jou kop loop van sy laaste asem. Jy sal nie weer sommer ‘n hond vat as jy nie na hom kan kyk nie.

Moet asseblief nie kom met “Mense verloor hulle werk en dinge gaan rof in die land” want ek sal nie staan vir daardie tipe nonsens nie. Ek het op ‘n blik koffie en ‘n pakkie mince gelewe sodat ek kon spaar om Jess te laat regmaak en om vir haar kos te koop. Daar is boemelaars op straat wat beter na hulle honde kyk as jy wat voor jou plasma TV sit en vet word. Ons gee elke maand geld vir die DBV en as ek in die dorp gebly het, dan het ek daar gaan werk…al sou ek elke dag huil. En blykbaar as jy hierdie tipe opinies het dan is jy ‘n geld gat of so iets. Nee ou, ek is net reg groot gemaak. As almal hulle diere by die DBV kry, dan gaan daardie hokke leeg loop, as almal back yard breeders soos die pes wat hulle is hanteer dan sal daardie k@k ook einde kry. Jy hoef nie eers te worry of jou hond gaan kleintjies kry as jy haar by die DBV gaan haal nie want hulle maak al die woefs en katties reg voor jy hulle mag vat. Mense is net te lui en te slapgat om daarheen te gaan want jy wil nie regtig nog ‘n “member of the family” hê nie, jy soek net ‘n brak want jy het een gehad toe jy ‘n kind was en jou kinders wil graag een hê. Ek ken mense wat so dink oor kinders ook. “Ek moet een hê, wil hom nou hê want ons is so lief vir mekaar en die ouers wil ouma en oupa wees” en dan bedel jy op facebook vir klere vir jou kind. Nice job genius.

Ek is gatvol vir mense wat soos kinders dink. Die lewe is hard ouens en deel daarvan is dat jy nie alles kan kry wat jy wil hê nie. Jy huur ‘n huis of het ‘n werk wat onstabiel is of bly by jou ouers of…of… of… of. Ek weet jy is ‘n diere mens en jou hart smag na ‘n woef, maar soos ‘n wyse tannie een kaar vir my gesê het “Nie almal kan ‘n huis by die see kry nie.” My oupa het my gewys hoe lyk ‘n regte hart vir diere. Hy het elke Saterdag oggend DBV toe gegaan en daar met die diere gaan speel en gehelp waar hy kon. Ons het dit nooit geweet tot na sy dood toe die DBV mense so hard kom huil het. Hy het dit gedoen vir liefde en nie vir show en al wou hy hulle almal huis toe vat, het hy geweet hy kan nie. Toe ons buurman waai en sy twee honde sommer net hier los, het ons ingespring en hulle onderhou. Dit kos baie om nog twee diere te versorg en soms wonder ek of ons dit sal kan doen, maar ons maak ‘n plan. Almal help nou al sorg vir die twee. Wat is my punt met hier die rant? Dat daar nie ‘n verskoning is nie en dat enige iets moontlik is.

Vir ‘n lang tyd werk ek aan die idee om ‘n projek te loots waar ons diere goedkoop of selfs verniet laat steriliseer, maar ek is geweldig ontnuter gister op facebook. Ek is op ons dorp se  blad en iemand het juis hieroor gepost. Die comments was skokkend gewees. Mense wat negatief is en sommer persoonlik raak omdat jy nie die “armes” se kant kan sien nie. Armes? Gert, jy suip elke naweek by die bar en Bettie, jou man kry so groot pay check dat jy by die huis kan sit! Julle is gun niks arm nie en daar lê my probleem. Nou begin ek die projek en die suinige donners bring hulle diere en vat dan die plek van mense wat regtig arm is soos bv oumense of so iets. Hoe keer mens dit? Jy doen seker nie, jy begin maar jou projek en probeer onthou dat dit gaan oor die diere.

So asseblief, moenie ‘n hond gaan koop nie. Neem een aan by die DBV. Dink baie mooi en beplan van A-Z VOOR jy ‘n hond of kat kry. Ek weet in ons land is daar soveel groter probleme as hierdie een. Maar ek reken dat ek nou nie in die bos kan loop en renosters oppas nie, ek kan nie mense keer om kinders te kry as hulle druggies en pervs is nie MAAR ek kan ‘n verskil maak in een hond se lewe en dan twee en dan drie en dan….jy kry die idee. Dankie dat jy tot op die einde gelees het.

Die Wit Hasie

Advertisements

12 responses to “Don’t shop, adopt

  1. Volgens een van die inspirational prênkies op bakkiesboek, glo die Amerikaanse Indiane dat al die diere waarmee jy in jou leeftyd in kontak was vir jou by die poorte van die plek in die lug wag, en hulle besluit of jy toegang kry of nie.
    Real life. Alles wat jy nodig het om te weet oor ‘n mens sal jy kan sien in hoe hy/sy hulle diere hanteer, of hoe jou diere teenoor hulle reageer. Ek sweer daarby

    Like

    • Jong, my gat kry baie slae oor ek my “bek rek” as dit kom by diere. So dis vir my goed om te sien daar is ander wat dink soos ek. Ek meet ook iemand aan hoe hy is teenoor diere en hulle teenoor hom. Ek is wel bly ek het nie vir Jess geluister nie want sy het NIKS van Manlief gehou nie (enigste kind sindroom) en toe moes hy harder na haar vry as na my. Deesdae sit sy op die stoep en wag as sy weet dis sy tyd om huis toe te kom.

      Like

  2. AG ek voel passievol hieroor – daarom was on slaaste 3 woewe aanneem kinders – die een het ons selfs op ‘n gevorderde ouderdom aangeneem nadat sy jare as ‘n puppy mill ma misbruik is. Sy het 4 keiser letsels – kan jy glo mense gaan so ver vir geld? (Sy is ‘n bruin labbie – hulle verkoop vir baie geld). Ek hoop haar laaste jare by ons kan opmaak vir dit. Sy kry tonne en tonne liefde.

    Like

  3. Sjoe, Hasie…. jou woorde is baie hard…. Ek neem aan dat jy nog nie biologiese kinders het nie? Diere is NIE kinders NIE….. Wanneer jy eendag met jou regte egte kindjie in jou arms staan sal jy eers verstaan. Somtyds gee die lewe jou `n paar harde stampe en stote. Jy verloor jou werk en jy het nie geld nie en ek kan jou waarborg as jou REGTE EGTE kind met trane in haar / sy oe huil vir kos sal jy nie 2x keer dink om baie vinnig `n huisie vir die brakkie te soek nie en dan eerder daai laaste stukkie brood vir jou kind te gee nie. Of jy kry `n BEKOSTIGBARE huis wat geen troeteldiere toelaat nie nou is dit bly in `n krot met `n hond of in `n ordentlike huis met jou kind? Nee, wat jou woorde is baie hard almal voel nie soos jy oor diere nie. En dit beteken nie dat ons nie lief is vir hulle nie. Ek het self 2x optelbrakke geerf….. Die honde was die hele tyd in die straat toe sien ek die eienaars toevallig en sê sjoe ek het al amper `n hele paar keer die goedjies amper huis toe gevat sy het toe in trane met haar oe vertel dat sy 6x dae `n week werk vanaf 06h00 tot laat die aand. Sy trek nou na die plek toe en weet nie wat sy met haar brakkies gaan doen nie. Gaan ek nou vir haar sê watse slegte vrou sy is en dat sy nooit weer `n dier mag besit nie? `n Dier is NIE `n mens NIE. My 2x optelbrakkies love hulle tuiste en wonder bo wonder is hulle nie veronderstel om die hele tyd te bewe nie. (Ha-ha ons het maar die eerste 2x weke gedink dis maar in hulle geaardheid – nou geniet hulle dit hier.) Ek voel net baie keer dat ek NIE wil adopt NIE – dit maak nie van my `n slegte mens nie. Ek wil weet wat ek koop – maar dan kom mense soos julle en gooi ons morsdood met klippe omdat ons nie soos julle voel nie. Mense word uitgehaal en so sleg gesê dat die see hulle nie kan afwas nie. Dit is wonderlik dat jou tuiste vol ADOPT diere is, maar asseblief daai woorde van jou is baie hard….. (Wanneer jy nou eendag jou eie baba in jou arms hou laat weet my asb of jy nogsteeds dieselde voel.) As daar `n brand in my huis is kan ek jou waarborg my kinders kom eerste en as my lewe nie in gevaar is nie sal ek die honde gaan soek – want ek dink darem my kinders is baie liewer vir my as hulle brakkies. Wel, dis die ander kant….. So ek is een van DAAI mense wat jy met klippe wil doodgooi. Koes!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s