Vandag se breinwurm…

Die week het ek die beste raad gekry, nogal van die TV af.

“Take criticism seriously but not personally”

Ek was nog altyd iemand wat kritiek glad nie goed hanteer het nie. Dit het my baie jare gevat om te besef dat ek nie aangeval word nie. Dis ongelukkig wat gebeur as jy geboelie was op skool, jy trek ‘n jassie dorings aan en niemand kan naby kom. Jy word eintlik ‘n pes want mense kan nie met jou praat nie. Toe ek besluit het om te begin blog en dat ek nie net meer vir myself wil skryf nie, het Manlief mooi met my gepraat. Hy het verduidelik dat nie almal gaan altyd hou van dit wat ek skryf nie, hulle gaan dit vir my sê en sommige van hulle gaan dit lelik sê. Wanneer jy “public” gaan maak jy jouself oop vir ‘n nuwe soort boelie, MAAR ook vir mense wat anders dink as jy. Ek moes leer hoe om te onderskei.

Dis vandag ‘n baie kort blog post want die boodskap is eenvoudig, om kritiek te kan hanteer moet jy volwasse wees. Jy moet kan die verskil kan sien tussen ‘n asshole en iemand wat regtig omgee. Ongelukkige is dit moeilik wanneer jy skryf want jy deel ‘n stukkie van jou siel en dan trek iemand sy neus daarvoor op of trap op dit. Ek dink die beste is om met jou hart in ‘n ding in te gaan en dan met jou brein die kritiek daaruit te hanteer.

That’s all, thank you.

Die Wit Hasie

 

 

Advertisements

5 responses to “Vandag se breinwurm…

  1. Ek sukkel ook om kritiek te verwerk, en hoe nader die persoon wat kritiek lewer aan my is, hoe erger ervaar ek dit. Nou is ek met ñ man getroud wat geen probleem het met kritiek nie, inteendeel, dit is deel van wat hy doen. Hy word ingekontrakteur om mense in besighede te help hul gevegte oplos. Hy leer ouens hoe om te sê hoe hulle voel, kritiek te kry en reg te verwerk. Ek moes vroeg by hom leer, en baie vinnig ook. Vandag is dit steeds vir my sleg, maar wat ek daarmee doen het 100% verander. Bly ñ leerskool.

    Like

  2. Jy verwoord my so presies presies. Ek het skoon hoendervleis. Ek het eers op feitlik 50 die moed bymekaargeskraap om my skryfwerk openbaar te maak na ‘n vriendin my aangemoedig het. Sover is die terugvoer nog net positief en opbouend, maar ek berei myself heeltyd voor vir die teenoorgestelde. Bobejaan agter die bult, maar ek kannie help nie. Hoop ek maak die nodige onderskeiding wanneer dit wel die dag gebeur.

    Like

  3. Baie waar en goed gese. Ek hou vd idee vd doringdraad! Ek self het jare gelede geleer om kritiek nie te persoonlik te neem nie en onregverdige kritiek rol soos water v n eend se rug af. Maar dit het jare geneem om daar uit te kom.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s