‘n Stukkie oor vriendinne

minions

Die week het ek ‘n stukkie gelees van een van die ander bloggers wat regtig my hart geraak het:

A friend in need is a pest!!! — Mal, dis al…EkWasHier…

As jy dit nog nie gelees het nie, gaan loer daarna. Dit het my geraak want ek het aan my eie vriendinne begin dink en hoe elkeen in my lewe pas. Ek het nie baie van hulle nie, seker omdat ek so hele ruk terug die “tuin” skoon gemaak het. Maar wat is ‘n vriendin? Dis die vraag wat ek nou al vir jare vra want hoe meet jy of iemand jou vriendin is? As jy nou in die hof moet gaan staan en mense moet vir jou getuig, is dit dan wanneer jy weet iemand is jou vriendin? Ek dink so. ‘n Vriendin is iemand wat met jou “brag” en wat vinnig sal vertel wat mooi is van jou as iemand anders nie van jou hou nie. ‘n Vriendin is eerlik met jou, al maak dit soms seer om die waarheid te hoor. Sy sal nooit weg skram van dit want sy weet sy slaan jou eerder met die waarheid as soen jou met ‘n lieg (my woord so moenie aan hom probeer verander).

Nou EkWasHier het vriendinne met blomme vergelyk. Dit was regtig baie mooi, MAAR my lot is verseker nie blomme nie. Sorry girls, nie een van julle kan ooit as ‘n delicate flower beskryf word nie. Ons is loud. Ons praat hard en lag harder en ons lief ons mense met alles in ons. Niks word half gedoen.

Ek het die twee susters wat altyd daar is as mens wil lag dat jou maag pyn. Hulle is sussie deur keuse en nie bloed nie, maar ek vergeet dit soms. Die een is sag en sal altyd net die mooiste vir jou sê. Die ander een is weer baie eerlik en sal altyd die harde waarheid vir jou op die tafel uit lê. Die een sal vrede maak ter wille van vrede en die ander skroom nie weg van ‘n ding as sy weet sy is reg nie (wat nogal baie is hoor) Ek voel ek is die middel sussie en as ons drie saam is, dan dans die sterre. As dit nie vir my man was nie, dan het ek dit so gereël dat ons drie saam oud word en ons sou honde gehad het (nie katte nie dankie). As jou siel moeg is en die wêreld is net te wreed, dan gaan kuier jy saam die susters. Ousus is ook die een wat ons op die regte pad hou. As my waardes en standaarde daal, dan gee sy jou daai “Wat doen jy?” kyk en sy duld nie ‘n geskinder. Ek is ‘n baie ordentliker mens vandat ek haar ken, maar ook sagter te danke aan kleinsus.

Dan is daar die vriendin waarmee ek nie baie praat nie en tog is sy iemand wat  nooit te ver van my hart is nie. As ek wil weet hoe om te “adult” dan gaan klop ek aan haar deur. Ek kyk op na haar. Sy weet wie sy is, wat sy wil hê en bitter min dinge in die lewe rol haar. Sy hanteer konflik soos ‘n dansmaat en wals grasieus met die probleem tot dit opgelos is. Maar ou maat, jy weet as jy geThunder is. Sy het ‘n kyk wat groot mans terug skool toe stuur. Sy het vir my geleer dat jy mag vir jouself opstaan en as mense jou ‘n bitch wil noem daarvoor, own it. Haar man is my brother-from-another-mother en toe ek deur ‘n kwaai hartseer gegaan het, het hulle twee my hoop gegee dat ek ook ‘n perfekte pas maat sal kry. Ek het by haar geleer dat om groot te droom is reg, solank jy van jou gaai af opstaan en werk vir daardie droom. Ek is meer gemotiveer en volwasse vandat ek haar ken. Sy my Jackie O.

Daar is ook my weird vriendin. Almal behoort so een te hê. Ek sal haar vir jare nie sien, eendag by haar huis opdaag en net sê “Ek wil gou my oogies kom uitpiss oor stuff” en sy is net van “Dis cool, stuff suck.Koffie of tee?”. Niks wat jy kan sê of doen skok haar nie. Sy het al alles gehoor, gesien, gedoen en die t-shirt gekry. Ek sal bv vir haar vra “Kan ek jou man leen vir ‘n threesome?” En sonder om ‘n oog te knip sal sy seker iets kwyt raak soos “Moet ek hom groom voor die tyd of vat jy hom net so?”. By haar het ek geleer om te chill. Die lewe gaan jou rol en die aarde gaan op sy kop draai, maar dis ook nie so bad nie. Just go with it. Sy en haar man is mekaar se heel beste maats en ek geleer om my bek te hou oor my eie man. Sy het my geleer dat jou huwelik is “classified” en hoe minder mense weet wat skud tussen jou en Manlief, hoe beter.  Hoekom? Want as ander mense weet wat in jou huis aangaan, dan gaan hulle ook weet by watter deur om in te kom. Sy is my hippy vriendin en as ek vandag met kristalle en klippe by haar huis kom en sê dis nou wat mens happy maak, dan sal sy die klippies iewers uitstal.

Die laaste klomp is sommer saam gegroepeer. Ek noem hulle sateiliet-vriendinne. Dis mense wat in en uit jou lewe beweeg sonder dat dit ‘n big deal is. Julle sien mekaar wanneer julle mekaar sien. Dis nie dat julle kwaad is of enige sulke ernstige dinge nie, dis maar net hoe julle is. As iemand vra of jy vir Santie ken dan antwoord jy natuurlik ja en jy noem ook sy is ‘n vrek oulike mens, maar julle het mekaar “ages ago” gesien. Jy hoor nie van hulle tot jy dit regtig nodig het nie. Satelliet-vriendinne weet sommer vanself wanneer jou lewe donker is en hulle kom vinnig in, helder dinge op en beweeg aan. Gone but not forever. En elke liewe een van hulle leer my iets. Van hoe om cool te wees “want jis ou, mom jeans is nie jou ding.” tot hoe ware vergifnis lyk.

Nou hierdie stukkie is nie so elgant soos EkWasHier se blomme stuk (ai, dit was so mooi geskryf) maar dit het my kans gegee om net weer dankbaar te wees vir die mense wat ek het. Met die dat ek so alleen hier bo in Zim sit, vergeet ek soms dat in SA is ‘n spul mense wat dink ek is nogal oulik. Ek wonder soms hoekom en dan dink ek dat ek is miskien iemand se “adult”, iemand se ousus of kleinsus, iemand se weirdo of cool friend of iemand se satelliet. Gaan sit bietjie vandag en dink aan jou groepie vrouens. Wat elkeen vir jou beteken en wat jy by hulle geleer het. Jy mag die onkruid uitdun as jou tuin van hulle het, maar kyk ook na jouself en maak seker jy is nie dalk die onkruid nie. Ons as vrouens gaan nie altyd elke dag oor die weg kom nie, dis ‘n feit. Wat ons wel kan doen is om op te hou om mekaar as kompetisie te sien, op te hou katterig wees en te besef dat by elke vrou wat jy ontmoet jy iets kan leer. Al is dit net hoe om jou bek te hou en nie vir haar te vertel watse bitch sy is.

Die Wit Hasie

 

Advertisements

9 responses to “‘n Stukkie oor vriendinne

  1. Wow, dis wat ek hierop sê! Ek herken omtrent een van my eie vriendinne in elkeen van joune, en ék dog net ék het sulke mense. Jy het hulle so uniek beskryf, en ek gaan defnitief nou bietjie bestek neem van myself en my groepie ook.

    Liked by 1 person

  2. Terug pieng: Flip, wat ñ dag! – Bali Drome·

  3. Awesomeness. Ek is een van 4 sussies, en almal het iets van die groepe in. Ek moet net sê; dis awesome om weird vriendinne te hê. Hulle is eg en net wonderlik. Ek sal seker die kwaai en reguit,sê dit soos dit is vriendin wees. Jy skryf so mooi wit hasie,mag jy net die mooi beleef daar in Zim xxx

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s