Doen dit net

15094917_1446275635399753_5724496440988864872_n.jpg

Hoekom is blog so maklik, maar om stories uit jouself te kry is moeiliker as om jou derms uit te trek. Ek het nog net ‘n paar take van my skryf kursus oor en dit voel of ek jare se werk voor my het. Net laas week kyk ek Harry Potter en al wat ek kan dink is HOE? Hoe het daardie vrou dit alles uit gedink? Hoe laat sy dit so maklik lyk om ‘n hele wêreld te skep? Hoe kan ek vir ‘n oomblik dink dat ek ooit so goed sal kan wees? Ek kan nie, teensy ek vreeslik begin dagga rook. Wat regtig ‘n opsie is.

Ek begin dink dat om ‘n goeie skrywer te wees, moet jy die selfde wilskrag hê as iemand wat kan nee sê vir ‘n cappuccino en chocolate lava brownie. Jy moet kan sit en jou derms ryg en dan probeer om nie alles te haat wat jy skryf nie. Miskien is dit tyd om net ‘n bietjie te gaan sit en dink hoekom ek die mal idee het om ‘n boek te skryf.  Die waarheid is dat as ek nie ‘n skrywer is nie, as ek nie ‘n talent hiervoor het nie dan wie is ek? Niemand want my hele lewe is gebou om skryf. Gelukkig is ek nie alleen in my vrese en paniek nie. Elke een van ons wat ‘n droom het en werk vir daardie droom voel so. Miskien is dit wat die ordinary van die extraordinary, om vreesbevange te wees jy gaan misluk en steeds voort te gaan met iets.

So dis my boodskappie aan julle vandag: Doen iets wat jou bang maak. Doen is wat jy byna seker is jy gaan misluk, suck at of flop want daar is ‘n kans, hoe klein ookal, dat jy blêrrie goed kan wees. Mens wil nie dood gaan met ‘n lysie what if’s nie. Die what the hell was I thinking lys het in elk geval beter stories.

Die Wit Hasie

Advertisements

4 responses to “Doen dit net

  1. Die flop is nie ‘n mislukking nie.Dis net die volgende trappie na sukses…gisteraand op Carte Blanche gehoor…goeie raad wat Maria Huffington van die uiters suksesvolle Huffington Post,se motto is.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s