Ek wil maer wees vir Kersfees

Manlief het besluit om te dieet. Ek het nie woorde vir hoe romanties dit is nie. Ek was so bly om dit te hoor dat ek soos Jim Carrey in Bruce Almighty gelyk het:

download (6).jpgimages.jpg

En dis nie omdat Manlief (vir my) onaantreklik of vet lyk nie. Dis omdat ek nie die wilskrag het om nee te sê vir lekker kos en nou gaan daar niks van dit in die huis wees. Kos is vir my soos drank, as jy nie wil hê ek moet dit oor doen nie dan moet dit nie naby my bring nie. Nou hoe maak ek vir hom mash en wors met ‘n gravy, maar ek moet gestoomde hoender en groente eet (by the way, ek reken dis wat hulle jou gee om te eet in malhuise). Ek het lankal vrede gemaak dat hierdie lyf lyk soos sy lyk. Ek het dit nie in my om te oefen en reg te eet nie en hoe gouer ek hierdie lyf aanvaar, hoe beter. Ek het vandag vir ‘n vriendin gesê dat ek net my skoene wil vasmaak sonder om blou in die gesig te word. Die res van die lyf kan jiggle en jive soos dit wil.

Ons eet al vir ‘n week reg en ek oefen skelm want hierdie storie het ‘n vuur in my begin. Ek wil skielik wen. Nee, daar is nie ‘n kompetisie aan die gang nie en daar is geen prys aan die einde nie. Ek het dit net in my katools kop gekry dat as Manlief meer gewig verloor as ek, dan gaan daar ‘n egskeiding of ‘n moord wees. Hy is iemand wat nie hou van verloor nie so as hy snuff in die neus kry dat ek dit so sien, staan ek nie ‘n kans nie. Dus oefen ek skelm as hy by die werk is. Ek is immers veronderstel om die “hot young wife” te wees dammit.

22f46c9b125dd7dcfef998f3155583ae.jpg

Ek het altyd gedink dis hoe ek wil lyk.  Net ‘n plat maagie en ek lyk nie honger en of ek eers ‘n man was nie. Ongelukkig kan mens nie so lyf kry deur net te sit en eet nie. As jy 1.62m lank is waarvan jou bene die meeste van daardie lengte is, dan kan jy dit vergeet om ooit weer iets lekker te eet. Alles gaan sit om die middel en waar die dame hierbo ‘n week kan verkeerd eet en mens niks sal sien, hoef ek net verby suiker te stap en ek tel gewig op.

Hoekom Manlief besluit het om te dieet, weet ek nie. Dalk is hy moeg vir die geween en kners van tande as ek op daardie skaal klim. Wat ookal sy rede, ek vat dit as ‘n kersgeskenk want nou gaan ek nie die dikgat by die kersete wees nie. Ek moet net duim vashou dat die res van die familie nie ook so ‘n plan gekry het nie.

Die Wit Hasie

Advertisements

5 responses to “Ek wil maer wees vir Kersfees

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s