Dit het alles so goed begin

Vandag het die hele huis in ‘n vreemde bui wakker geword. Manlief het nie veel meer as sy gewone “mmm” gepraat nie, maar hy het geglimlag en dis vreemd. Manlief glimlag nie sommer voor ses nie. Oor drie weke is dit vakansie tyd vir ons, die myn sluit dan en van vroeg vanoggend hoor ek die tuck shops se musiek speel. Almal het die festive feeling vandag. Die katte speel almal, Jess hol rond soos ‘n mal ding en Skaap is net ‘n asshole. Ja hy hop en spring ook, maar ek moes vanoggend twee fights opbreek waar hy betrokke is. Die eerste een was met Jess, omdat hy jaloers geraak het nadat sy teen my opspring. Sy is toe gestamp vir haar swak gedrag (volgens Skaap). Dit was egter toe te lekker vir hom en hy gaffel haar behoorlik tot sy tjank. Sy horingtjies is nou al ‘n halwe duim lank en hulle maak seer. Sy besitlikheid oor my word ook net erger en dis toe hoekom Spookie ook gestamp is want hy het durf skuur teen my. Skaapie het vir Spook teen ‘n potplant vasgedruk en hom hard bly stamp tot ek Skaap om die nek beet gekry het en kon weg sleep. Ek was baie vies vir hom. Sy gedrag is nie “cute” of “sweet” nie. Dis ‘n probleem want sodra ek ook te vinnig loop en vir hom kastig wegloop, wip hy hom en stamp my ook sommer. Hy het vanoggend ‘n knieg teen die kop gekry en van daar vry hy vreeslik om jammer te sê vir sy gedrag. Dis soos my ma altyd  vir my boetie gesê het “Jy is dalk groot, maar nie te groot om gemoer te word nie.”

Is dit nie hoe tiener seuns is nie, toets die boundries? Natuurlik sal ek nie weet nie want ek het nie kinders nie. Jy sien, as jy nie kinders het nie dan weet jy niks van hulle af nie. Jy kan ook nie vir jouself dink hoe dit moet wees om na kinders om te sien nie. Die oomblik as hulle natuurlik gebore word dan laai die liewe Heer jou mos met software en dan weet jy onmiddelik wat jy doen. Ok, ek is so bietjie nukkerig hieroor al vir ‘n paar dae nou al. Daar is vir die soveelste keer geskimp dat as ek my eie kinders het, ek nie so sal aangaan oor diere nie en dat ek basies Jon Snow is, I know nothing. Dit kom gewoonlik van mense af wat dink dat daar iets fout is met jou omdat jy nie kinders het nie. Juis omdat hulle lewe niks sou wees sonder kinders. Hier is ek dankbaar vir my ouers se voorbeeld. My ouers het my gewys dat om ‘n ouer te wees ‘n keuse is en nie ‘n MOET nie. Hulle het my ook gewys dat al het jy kinders, is jy steeds jou eie mens want as jy jouself in jou kinders verloor, wat bly oor as hulle aan gaan met hulle lewe? My pa is baie lief vir diere, baie meer as ek en my oupa was ook. Ons kinders het nie liefde gekort nie, maar die dag toe ons uit die huis trek moes ons die honde vir pa los. Hy is ‘n beter pa juis oor dit.

Ek weier om met mense te praat wat die “jy het nie kinders” kaart speel om ‘n punt te maak. Dis lui en ‘n cheap shot. Ek kan net sowel sê jy verstaan nie hoe vryheid voel nie of wat ekstra geld is want jy het kinders. Ek wens ek kon tel hoveel keer mense hierdie stelling teenoor my gemaak het want dis skokkend hoe vinnig iemand dit of as ‘n verskoning of as ‘n slaanstok gebruik. Ek hou van kinders net sodat julle weet, so baie dat as daar ‘n projek was waar mense kon “reg gemaak” word dan het ek geld geskenk. HOEKOM? Want sommige mense moet nooit kinders kry nie en sommige mans se tools met buite aksie gestel word. Ek sal baie beter slaap as daar so opsie was.

Sjoe, ek baklei en rant alweer vandag en dit na die blog post so goed begin het. Maar hierdie is iets wat moes uit. Jy met jou kinders moet begin DINK voor jy praat. Jy weet nie wat in iemand se huis aangaan of hoekom hulle nie kinders het nie of hoekom hulle nie kinders wil hê nie en jou opmerking oor hoe leeg hulle huis is, maak dalk net bitter seer. Jy het geen reg om iemand se passie af te maak as “empty nest syndrome” of iemand benede jou te stel omdat hulle nie kinders het. Die een ding wat mense doen wat my seker die meeste die bliksem in maak (en dis nou vriende en familie wat dit doen, mense wat jou ken!) is om nie te kan vertrou dat ek na hulle kinders vir ‘n uur kan kyk terwyl hulle gou winkels toe gaan nie. Ek wonder of julle ooit besef watter groot klap in die gesig dit is en hoe flippen seer dit maak. So jy het nog nooit kinders gehad nie en jou eerste een is oppad, jou ma moet veraltyd by jou kom bly want hoe gaaan jy weet om na ‘n kind te kyk. Jy het nog nooit ‘n hond gehad nie en kan dus nie een kry want hoe sal jy weet hoe om na hom  te kyk. Of ‘n budgie of ‘n vis of ….kry julle die prentjie? Dink jy dat omdat ek nie kinders het nie, ek nie lief is vir jou kind nie? Ek is dan jou vriendin of familie en jy ken my al jare, MAAR nie lank genoeg om vir ‘n kort rukkie na jou kind om te sien.

‘n Vrou het die ander dag weer aangegaan oor hoe kinders van jou eie dra en geboorte gee, jou ‘n ware vrou maak. Ek het vir haar genoem dat rotte elke tweede maand geboorte gee. Dit was nie om vieslik te wees nie, ek het bloot gedink aan al die vrouens wat kinders aanneem (juis oor ‘n “ware” vrou wat nie kon kyk na daardie kind) en hoe dit moet voel as jy so iets lees. Om kinders te kry, maak jou nie ‘n goeie ouer. Om kinders groot te maak, maak jou nie ‘n goeie ouer. Eers as jou kinders ordentlike grootmense is, kan ek glo jy is ‘n goeie ouer tot dan is dit “up in the air”. So voor jy weer een van jou “ek het kinders” statements maak, DINK. En dames, die volgende een wat by my moan oor hoe rof dit is om ‘n ma te wees kry kondome vir kersfees. Behalwe as dit ‘n snaakse storie is….dan gebruik ek dit vir my blog. 😉

Die Wit Hasie

Advertisements

9 responses to “Dit het alles so goed begin

  1. “‘n Vrou het die ander dag weer aangegaan oor hoe kinders van jou eie dra en geboorte gee, jou ‘n ware vrou maak.”

    “n Vriou word nie gedefinieer deur haar kinders nie, wel deur wat SY doen.

    Liked by 1 person

  2. Die van Helsdingen poppie het ‘n baie effektiewe teenvoeter ontwikkel vir die nuuskieriges wat alewig wou verneem wanneer die kopbeentjie dan nou aankom, en later van tyd die alwetendes wat jou probeer oortuig jy weet niks omdat jy kinderloos is. Hy loop so:
    Jy lig jou stem so paar oktawe om seker te maak almal binne ‘n vyftien meter radius kan mooi hoor, dan klop jy die persoon gemoedelik op die skouer terwyl jy kliphard sê “Baie dankie dat jy vra, maar sê nou eers vir my. Hoe gaan dit met julle sekslewe!?”
    Sukses is gewaarborg of jou geld terug.

    Liked by 1 person

  3. Dis dieselfde as wanneer iemand nog nie getroud is nie.Almal dink daar is iets verkeerd met jou en dat jy ‘n halwe mens is!Hoe verkeerd is dit nie!
    Goed geskryf en gee sulkes gas,elke keer as hulle daarmee begin.Ek lag vir Korrelkop se raad!😄

    Like

    • Ek het twee vriendinne wat nog nie getroud is nie en hulle is awesome mense. Ek hou nie daarvan om te dink hulle moet hulle ander helfte kry nie want hulle is nou vir my meer as ‘n hele mense. Om getroud te wees is anyway net soveel harde werk as wat dit awesome is. So ek stem heeltemal saam met die een.

      Liked by 2 people

    • Sekere goed vra vir teem. Want common sense kos niks. Bv as mense kinders kry terwyl hulle amper nie ‘n sent het om hulle gatte mee te dek nie. Hoe werk dit? Maar ek dink nou weer nie jy het die reg om vir mense te sê hoeveel kinders hulle mag kry nie. As jy kan sorg, gaan groot. So ek dink dis meer van pick your battles?

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s