As ek die lotto wen…

Ek het ‘n blog post gelees oor hierdie en vir ‘n ruk gaan kou aan die idee. Wat sal ek doen as ek die lotto wen? Om die lotto te wen is in dieselfde area van moontlikheid as ek wat Hogwarts toe gaan, maar wie sê dit kan nie gebeur? Dis baie eenvoudig wat ek sal doen, die mooiste plek gaan soek om te bly, iewers waar die woud en die see nie te ver van mekaar is en dan my koffie/boek winkel bou met ‘n woonstel bo dit soos hoe die mense dit in die ou dae gedoen het. Ek sal daar sit tussen al die boeke met die reuk van ordentlike koffie wat in die lug hang en ‘n manuskrip in die hand, besig om te besluit of ek dit wil publiseer. Koffiehuis Uitgewers sal boeke publiseer net omdat dit ‘n goeie storie is en nie omdat dit  gaan geld maak of populêr gaan wees nie. Natuurlik sal ek ‘n paar plekke gaan besoek soos Ierland, Skotland, Alaska en nog baie ander mooi lande. Maar al wat ek eintlik met daardie geld wil doen is my “little shop of magic portals” waar ek kan koffie drink en lees soveel soos wat ek wil. Vir kinders leer hoe lekker lees is en hoe goed skryf is vir jou siel.

cottage-grove-inn-cottage.jpg.1360x678_default.jpgimages (2).jpgdownload (8).jpg

Daar sal geen WiFi wees nie en jy sal “boete” moet betaal as jy op jou selfoon speel. Daar sal ‘n tuin wees waar mense kan sit en net…SIT. Ek sal graag ook my eie drukpers besit sodat ek daar kan wees as ‘n nuwe boek gebore word. Ek wil iemand se storie vat, in ‘n boek verander en die eerste een wees om iemand se droom vas te hou. That’s real power! Ja dis ‘n klein boring droom as mens dink aan die hoeveelheid geld wat jy kan wen met die lotto. Ek sal nie my geld deel met die een en vir daardie een dit koop nie want dis bol. Ek sal betaal dat jy vir my kom kuier want ons tyd saam is meer werd as ‘n kar. Ek kan wel eerlik sê dat die dorpie waar ek gaan bly, een snazzy DBV gaan hê. Ai, ek sit nou so lekker en droom dat ek nie seker is wat my punt was met hierdie post nie. Dalk juis dit, om te onthou wat jou droom is en nie te vergeet om gereeld daar te gaan kuier nie. Want net soos ‘n ou vriend, kan ‘n droom verdwyn as jy nie genoeg tyd daar spandeer nie en dan mis jy dalk ‘n kans om dit te laat waar word.

Gaan sit bietjie vandag en droom. Moenie droom oor watter geluk geld jou sal bring nie, maar oor wat jy kan doen om gelukkig te wees en om vol te voel. Is dit dalk iets klein soos kuns klasse vir kinders of hondjies outehuis toe te vat en tyd saam daardie vergete mense te spandeer? Of dalk droom jy daarvan om vir ‘n vriendin ‘n tuin te maak sodat sy elke dag kan onthou hoe kosbaar sy is, maar die tyd en geld is nooit daar. Leen buurvrou se kind en begin met daardie klasse, gaan kuier vir een tannie in die outehuis met jou lui worshond, koop vir jou vriendin ‘n vrugteboom en vat net ‘n klein tree op jou “happiness trail”. Miskien moes my vraag eerder gewees het…

WAT SOU JY DOEN AS JY NIE HOEF GELD TE VERDIEN HET NIE?

Die Wit Hasie

Advertisements

2 responses to “As ek die lotto wen…

  1. Haas jou ou jakkals! Baie sneaky van jou om so ‘n groot vraag is so eenvoudige sinnetjie te vra.
    Die mense wat ‘n droom het, jaag hom reeds binne hulle eie vermoeëns en beperkinge (waarvan geld natuurlik ‘n grote is)
    As dit skielik met my moes gebeur sal ek waaragtig verward pluk. Ek sal op die stoep, wat ek nie het nie, moet loop sit en daaroor dink. Die laaste 25jaar het in so ‘n blur van werk en verpligtinge en krisisse verbygevlieg dat die droom iewers agtergelaat is.
    Die kort antwoord dus. Ek gaan op ‘n roadtrip terug in my verlede m my droom te loop soek!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s