Hoe weird is jy?

Die vraag het my kom rond pluk soos ‘n mal ou sonder pille. Gister kyk ons hoe hulle tamaties groei. Dit word gedoen in glashuisies met klomp pype om die tempratuur te reguleer, water om in te groei (hydroponics) en goggas ipv gif om mekaar uit te sort. Man, en daar gril ek vir my dat my hare dans. Dit lyk soos iets uit ‘n futuristic sci-fi movie. Ek weet dis gesond want daar is geen gif, hulle gebruik 20x minder water as wanneer die tamatie in grond geplant is en en en…maar dit lyk net nie reg nie. Ek verkies om my eie groentes te groei, dan weet ek presies wat daar op en in is. Ek gee nie om as die goggas hulle karnuffel nie, ek sny net om die hap merke en ek gee nie om as elke plant nie sy heel beste oes lewer nie want dis vir my. Hierdie is glad nie prakties as jy probeer geld maak nie verstaan ek. Hoekom pla die tamaties in water my so erg? Ek gril my dood.

Nou wonder ek, hoe weird is jy? Pla dinge jou wat eintlik nie so big deal is nie? Ek sal nie my neus blaas met toilet papier nie. Dit maak my naar want toilet papier is nie vir jou neus nie. Ek haat skottelgoed was meer as die ouens met die rooi hoedjies en sal iemand (al is dit ‘n kind) goeie geld betaal om dit vir my te doen. Wanneer ek skottelgoed was, voel dit vir my ek word gestraf vir iets wat ek nie gedoen het nie. Ek eet nie sommer met my hande nie want ek hou nie daarvan as my hande nie soos hande ruik (I know right, wat de hel beteken dit?) Ek sal omdraai en weg stap sonder ‘n rede as iemand met ‘n vrot asem met my begin praat. Ek sal alles van ‘n dier eet, van pote tot oë, maar ek sal nie polony eet nie. Iemand wat stadig loop gee my road rage, wat ironies is want omdat my bene so kort is kan ek nie baie vinnig loop nie. As ek kon, het ek my eie mes en vurk saam gevat as ons gaan uiteet. Ek kan nie onthou hoekom ek in die kombuis in gestap het nie, waar ek my selfoon neer gesit het nie, ek kan nie onthou wat jy nou net vir my gesê het nie (koffie of tee?) maar ek kan presies onthou hoe ek jou ontmoet het of wat jy aangehad het toe ons die eerste keer skelm gedrink het, of woord vir woord elke argument of debat wat ons nog ooit gehad het.

Ek is nie skaam oor enige van hierdie goed nie want ek lag te lekker vir myself. I like surprising myself met hoe weird ek kan wees en hoe meer ek sit en dink, hoe meer weirdness krap ek oop. Gaan sit bietjie en dink wat maak jou weird, dan gaan gee jy vir Man/vroulief ‘n drukkie omdat hulle vir jou lief is. Ons almal is so bietjie van ‘n Luna Lovegood.

Die Wit Hasie

Advertisements

6 responses to “Hoe weird is jy?

  1. ‘n Bietjie van my weirds – ek stryk nie – ek sal tolette skrop in my eie huis en ok wee daarmee – maar gee my strykwerk en ek voel te na gekom. In dieselfde asem is wasgoed ‘n lekkerte vir my. Die lekker skoon reuk van ophang buite is ek mal oor. Die heel grillerigste ding in die wereld is ander mense se hare Asseblief moet my nie vra om joune te vleg nie – ek doen wonderlike vlegsels vir my eie dogter maar dis dit! (So terwyl ek nou ‘n dans ma is moet ek gereeld ander kinders se hare bewerk- ek gril en gaan was dadelik hande – en vat nooit aan my eie nie) En terwyl ons daar is -haargel! Ugh! Ek wil naar word met dit op my hande. Hare in ‘n wasbak se drein – ergste ooit! En ek kan nie oats eet nie – nooit nie. Ek word summier naar – dis ‘n tekstuur ding

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s