As jou sims nie wil luister nie

Ek speel weer Sims 3. Ek mis die troeteldiere, seisoene en “supernatural creatures” te veel. Sims 4 het nog niks hiervan nie en ek is oor dit. Sims 4 verveel my grensloos so toe is ek terug na 3. Soos ‘n slet wat gaan rondloop het en gesien het dat die eerste ou wel die beste ou was. Nou straf my sims my daarvoor. Julle dink ek grap, maar daardie bliksempies lewe regtig. Hulle WEET wat om te doen om my bitter kwaad te maak. Ek skep vir Even Elmore en ou Even lyk goed. Sy neus is bietjie groot, maar ek reken dit gee hom karakter. Die oomblik toe ou Even daar voor my staan, toe het ek al sy hele lewe beplan. Hy gaan ‘n “adventurer” wees en met “mummies” baklei, op ‘n nice girl verlief raak en voor hy te oud is met haar trou. Hulle sal ‘n kind kry en hy sal op sy oudag vir sy kleinkinders vertel van die keer toe hy en King Tut mekaar met die vuis geslaan het. Okay, cool. Hier gaan ons. Ek koop vir hom ‘n cheap-cheap huisie. Die geld wat oor is, kan hy gebruik om te reis. Van die begin af is daar probleme. Even wil net diere aanneem. Een hond is nie genoeg vir hom nie, elke tweede dag is dit ‘n kat of ‘n perd of nog ‘n hond. Kort voor lank is daardie huisie oorvol en die diere neuk die plek op. Hulle kou aan alles of krap alles en dit kos geld om dit te vervang. Hulle pee die hele huis vol wat natuurlik Even se mood in die grond in laat duik.

En sodra ek een laat aanneem omdat daar te veel is, sit Even op die bank en huil daaroor en weier om te gaan werk. Hy het ook besluit hy wil nie “tombs explore” nie, maar eerder ‘n brandweerman wees. Hy is baie goed daarmee en red hordes anders sims uit groot huisbrande en aardbewings. Dit laat hom na dink oor sy lewe en hy besluit dat hy wil gaan swot. Met watter geld Even, met watter blêrrie geld want jy gee alles uit op jou trop diere! Even werk hard en kry bonus by die werk en met dit gaan ons swot. Ek reël vir Even dates met die mooiste meisies op kampus, maar niemand roer Evan se hart nie. Hy doen ook glad nie goed nie en kry C’s. Evan is besig om my tyd en geld te mors. Na nog ‘n eksamen wat hy pluk, wip ek my gat en loop. Hier is natuurlik waar ek wonder of dit nie is hoe die liewe Heer voel as ons nie luister en volgens sy plan werk nie. Anyway, ek gaan eet en bad en kyk TV en en en…Terwyl Even unsupervised rond hardloop. Vier ure later besluit ek om te gaan kyk hoe gaan dit, dalk is hy dood en om eerlik te wees het ek gehoop hy is.

Daar staan die asshole met ‘n A in al sy eksamens en ‘n nuwe meisie. Sy is seker die lelikste girl wat hy kon kry. Sy is twee keer so groot soos Even met vuil blonde hare en ‘n neus so vet dat jy nie haar oë kan sien nie. Even is smitten en ek wil hom net smite want hy donner nou alles op. Klaar geswot besluit Even dat hy ‘n visserman wil word. ‘n Visserman! Nadat ek al daardie geld moes uit gee vir hom om te gaan swot. Sy vetgat vrou wil ‘n jockey wees. Ek is geskok en woedend. Maar maak nie saak wat ek doen nie, die twee sims bly vra vir die visvang en perde. Natuurlik is Even se vrou glad nie goed met perd ry nie en sy is ook nie ‘n goeie ma nie, Even moet alles doen. Toe sy vir die soveelste keer vra vir ‘n perd terwyl die kleintjie se doek vuil is, besluit ek genoeg is genoeg. Ek sluit haar uit die huis, in die middel van die nag met die sneeu wat tot by haar kniee diep is. Ek laat daardie lui bitch vries. Even probeer haar red, maar hy moet na die kind kyk of ek “off” hom ook. Om daardie sim te sien doodvries was seker die beste gevoel wat Even se huis my kon verskaf.

Van daar gaan dinge vinnig “south”. Even het ‘n buite eglike kind saam een van sy vriendinne van Uni af, sy dogter het ‘n affair met ‘n getroude man en word ook swanger. Even trou met die ma van sy dogter, maar sy is ook perd mal en ek brand haar en die slet dogter in die stalle. Oupa Even vat sy dogter en kleinseun en gaan bly in ‘n kleiner huis. Hy fokus al sy aandag op sy kleinseun met die snaakse spits-ore en leer hom visvang. Teen die tyd het ek lankal moed opgegee met Even wat nou al oud en grys is. Ek los hom nou dat hy doen wat hy wil doen en plaas my hoop op sy kleinseun Mingus. Ek moes Mingus se ma gebrand het net omdat sy vir hom so crap naam gegee het.

Nou het ek vir Luna en haar pa gemaak. Hulle is Wizzards en sy gaan die beste en sterkste Wizzard in Moonlight Falls wees. Ek hoop so want anders versuip ek hulle almal.Screenshot-3.jpgScreenshot-2.jpg

En dis wat ek oor ‘n naweek doen.

Die Wit Hasie

Advertisements

2 responses to “As jou sims nie wil luister nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s