Outlander maak my mal

Vir die van julle wat dit nog nie gelees of gekyk het nie, spoilers ahead.

 

images.jpg

Claire gaan saam haar man Frank op vakansie in Skotland. Sy gaan loop rond, kom af op weird klippe, vat aan een en *poef* sy gaan terug in tyd. Blêrrie ver terug nog voor die “uprising”. Sy raak verlief of Jamie en toe sy die kans kry om terug te gaan na die klippe en moontlik haar eie tyd, kies sy om eerder te bly en met Jamie te trou. Omdat Claire weet wat gaan gebeur met Skotland, help sy Jamie en die clans om teen die Britte te wen. Dis die kort storie. Ek het pas season 2 klaar gekyk en my hart het dit so amper nie gehou. Eerste moet ek net sê dat die akteurs regtig ongelooflik is. Veral Caitriona Balfe wat Claire speel. Genade, die vrou is ongelooflik. Die seisoen was Claire swanger en ek het vreeslik uitgesien daarna om Claire en Jamie as ouers te sien. Hulle is al deur so baie dat hulle hierdie stukkie geluk verdien.

En daar word die dogtertjie dood gebore. Ek het so gesit en huil, dat ek my man wakker gehuil het. Gelukkig ken hy die drill, as sy voor die TV huil…los haar uit! Dis hoe goed Caitriona Balfe is. Sy het my daardie karakter sy pyn happie vir happie gevoer en ek was amper dood. Ek het huil steeds as ek dink aan die stukkie waar sy vir Jamie vertel hoe hulle dogter gelyk het en dat sy haar kon vashou. Ek moes ‘n paar keer pause sodat ek my bril kon afvee want ek het so gehuil dat my trane soos reëndruppels op my bril gesit het. Dit is regtig ‘n baie goeie series, MAAR nie vir sensitiewe kykers nie. Nie net is die gevegte grafies nie, die seks tonele is…wel seks en verkragting vind gereeld plaas.

Natuurlik kan julle raai dat ek die boeke gaan soek want as die series so goed is, dan moet die boeke amazing wees. Kyk, daar is baie snert op TV deedae (looking at you Kardashians) maar as jy jouself in ‘n series kan verloor waar die karakters soos regte mense voel, dan betaal ‘n mens so bietjie makliker jou DSTV.

Die Wit Hasie

Advertisements

10 responses to “Outlander maak my mal

  1. Menz het die boek begin lees, maar gou verveeld geraak. Daar waar sy deur die klippe geloop het en die man ontmoet het. Menz vermoed die series sal menz dalk meer trek.

    Like

  2. Daar is al 7 boeke in die reeks. En die Outlander televisie reeks is ten volle gebaseer op die boeke. Dit maak dit vir my baie interresant. Natuurlik lees ek eers die boeke. Dan kleur my verbeelding die tv reeks nog verder in. Moet erken ek is ook heeltemal verslaaf.

    Like

      • Ek sal black friday aan durf vir boeke en ek sal met ‘n trollie oor mense jaag net vir boeke. Ek raak mal as dit by boeke kom MAAR nou die probleem is, dan lees ek enige iets van 3-4 op ‘n slag en ek is nie seker dis gesond nie. Daar is die boek in die sitkamer, die een in die slaapkamer, badkamer en een vir buite. Soos wat ek deur die huis beweeg, so lees ek ‘n boek in elke vertrek.

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s