Kan iemand regtig verander?

Jong, dis ‘n moeilike vraag die. Ek dink dat ek baie verander het. Ek is meer braaf, ek is sagter met my woorde en ek vat wat mense sê met ‘n knippie sout ipv reguit na die hart. Maar het EK verander? Nee nie regtig nie. Die persoon wat ek was lank voor die lewe my geruk en gerol het, is steeds daar. My waardes het nie verander, my “core” het nie verander. Hoe ek die wêreld hanteer is wat verander het. Ek het oor die jare al baie mense van skool af weer raak geloop en ek kan vir jou eerlik sê dat niemand het verander nie. Die bitch is steeds die bitch, sy is net meer versigtig oor wat sy sê. Die slet is steeds die slet, sy regverdig dit net nou deur te sê sy is ‘n grootmens. Die player is steeds die player, sy hande bly dalk tuis maar sy oogies loop lekker rond. Ek is steeds die storie meisie, ek is net nou baie vriendliker as op skool.

Soos ons ouer word sien ons wat ons gedrag en woorde aan mense om ons doen. Ongelukkig moet jy volwasse wees om hierdie dinge raak te sien en jy moet kies om te verander. As jy op skool is piss-gesig was wat altyd ander mense blameer het vir jou f-ops, dan moet jy as grootmens eers die fout by jouself sien voor jy kan verander. Dit vat ‘n baie sterk mens of ‘n sterk liefde vir iemand anders om te erken die fout lê binne jou en dan om dit reg te maak. Mense wat in love with themselves is sal dit nooit sien nie en verander nie sommer. Is daar nie ‘n sê-ding van “you are what actions you repeat”? As jy wil weet hoe iemand regtig is, kyk na dit wat hulle oor en oor doen. As hy gereeld cheat (met ‘n paar jaar tussen in vir terapie en “ek het verander” uitgesluit) as sy gereeld haarself tepletter suip en dan vieslik raak met ander, as hy gereeld lieg selfs oor klein goedjies soos hoeveel ‘n brood kos, as mense aan hou met ‘n sekere gedrag al is hulle hoe baie aangespreek oor dit DAN kan jy weet dit is hierdie persoon se core en dit gaan nie verander. Selfsug is die baas hier.

Ok, so wat ek wil sê is: Jy verander nie wie jy diep binne jou is nie, jy word net groot. Ongelukkig mis meeste mense hierdie bus.

Die Wit Hasie

Advertisements

9 responses to “Kan iemand regtig verander?

  1. Menz voel dat mense kan verander – as en wanneer hulle wil. Die eie-ek bly nog dieselfde, maar optrede of reaksie op sekere goed kan verander. En ander mense kan daai ook doen aan ‘n menz.

    Like

  2. Ek reken meeste mense leer net om maskers te dra om hulle self meer aanvaarbaar te maak vir die wereld daar buite maar inherent dink ek nie mense verander rerig in hulle binnestes nie. Jy moet soms opofferings en aanpassings maak wanneer die lewe jou tref maar verander die ware jy regtig ?

    Like

  3. Ek dink as jy jou denkwyses kan begin verander, kan jy self defnitief ook verander. Maar ñ ander persoon verander, nee wat. Dit sal nooit blywend wees nie. En dit is ook nie jou reg of voorreg nie.

    Like

    • Ek stem met dit saam, maar as jy iemand is wat drama geniet, geniet om te skinder of om te stir, as jy te lui is om te werk of skelm is, dis wie jy diep binne is en ek dink nie sulke mense verander nie

      Like

  4. Dis waar wat jy skryf, maar ek het ‘n 540 grade draai gemaak…die diepste donkerste duisternis het my laat swaai…en van ‘n baie kwaai juffie het ek ‘n lammetjie geword…egskeiding het my sooooo verander…maar dis ek, ek WOU verander…Ek het hierdie blog baie geniet…en soveel lewenswaarheid in…dankie Hasie…

    Like

    • Hahahaha, ek moes nou gaan kyk hoe lyk 540 grade 😉 Dalk was jy nooit so kwaai juffie, die lewe het jou so gemaak en toe kies jy om die regte jy te wees but I stand firm dat mens moet kies wie jy wil wees. Dis dalk hoekom nasty mense my so kwaad maak want dis asof hulle dit so wil hê. Dankie dat jy altyd kom inloer en saam gesels. Jy laat my of lag of diep dink.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s