Pull the plug en red jou brein?

Ons DSTV het so bietjie sy gat gesien. Hy kan nie meer record nie. Ek het so bietjie gehuil toe ek dit hoor. Wanneer jy tot 11 uur in die nag moet wakker bly om jou gunsteling storie te kyk, besef jy watse stront DSTV eintlik is. Manlief gaan slaap vroeg in die aand en ek sit dan voor die rekenaar en werk aan alles wat met skryf te doen het. Alles wat ons wil kyk record en dan kyk ons dit die volgende dag as hy van die werk af kom. Nou kan ons dit nie doen nie en daar is NIKS om te kyk tussen 5 en 8 nie. Daar is oor die algemeen niks om te kyk die res van die dag nie. Alles is ‘n re-run, alles word oor en oor en oor en oor gewys asof hulle jou probeer martel (looking at you Comedy Central) Die ads maak jou dood en vat letterlik die helfte van jou uur lange storie se tyd. Die swakste flieks vind hulle pad na DSTV. DSTV vergeet ook om jou te laat weet wanneer ‘n series se season weer begin, wat my verbaas want hulle druk enige iets BET so by jou keelgat af jy wil kots. Maar om jou te laat weet Vikings begin weer of net die episodes in regte volgorde te wys, is onmoontlik!!

Ek het Manlief mooi laat verstaan, as ons in SA bly dan is DSTV by die deur uit. Ek is anyway mos te wit vir hulle. Ek sal uncapped internet kry en alles download wat ek wil kyk. Ons het al vir twee weke lank nie TV gekyk nie omdat daar niks op is om te kyk nie. Dis regtig ‘n mors van geld en ek raak nou dik hiervoor. Ek het Outlander, Westworld, The Walking Dead en Madam Secretary wat ek kyk. Dis dit mense. Ons betaal amper ‘n duisend rand vir 5 shows. Die blommekind in my kla eintlik nie. Ek kry baie meer gedoen nou dat ek nie meer TV verslaaf is nie. Ek lees meer, skryf meer en kuier lekker saam Manlief. Dalk ‘n TV meer van ‘n pes as enige iets anders. Dit het my laat wonder hoeveel van julle wat hier kom inloer is ook TV verslaaf. Is julle daardie mense wat ‘n dish opslaan nog voor die karavaan se deur oop is? Is julle daardie mense wat julle “smart card” saam vat op vakansie? Is jou vraag altyd “is daar dish en wifi” voor jy julle woonstel book?

images (4).jpg

As ons af see toe gaan, op na Cahora Bassa of Mana Pools dan vat ek ‘n ekstra tas vir al my boeke, penne en papiere. Die oomblik as die selfoon af is, die TV weg is en ek kan nie my lewe mors op facebook nie…dan blom my brein. Ek skryf lag-lag 20 bladsye in een oggend. Ek het myself belowe dat die vakansie gaan ek weer unplug, al gaan ons nie na ‘n plek daar nie sein is nie. Ek wou baie graag ‘n notebook/laptop/ipad (ek weet nie wat noem jy daardie klein rekenaars nie) vir kersfees gehad het, maar vir wat? Sodat ek “plugged in” kan bly as ek nie by huis is nie? Nee wat dankie. Ek het nou my tikmasjien en die printer thingy by die huis kan scan.

Doen jouself en jou gesin ‘n moewiese guns die Desember en “unplug”. Sit af die TV, los jou selfoon in die laai en bêre die ipad-ding. Kuier saam mekaar sonder om elke oomblik op social media te post, kyk hoe sak die son met jou eie oë ipv deur ‘n kamera se lens, gesels met die ou wat VOOR JOU SIT en nie die een wat in jou selfoon is. Connect met jou mense en nie met hulle WiFi.

Happy Chatty Holidays: The unplugged album

images (2).jpg

Die Wit Hasie

 

Advertisements

10 responses to “Pull the plug en red jou brein?

  1. Ons doen nou al vir jare die internet ding. Ons het nog nooit DSTV gehad nie en sal ook nie. Tensy die fliek iets is wat ek weet ek gaan ten minste sewe keer kyk, doen ek maar die seerower ding.
    Vermaak raak duur jong!

    Like

    • Dis dalk goed so want ek raak maklik TV verslaaf en dan staan my lewe stil. Daar was gister niks op tv toe gaan sit ek buite…en vergeet sommer ook om te blog. Was ‘n awesome dag van sit en kyk hoe waai die wind 😀

      Like

  2. Daar is ook maar bitter min wat ek op TV kyk. Kyknet is ‘n klomp breinlose snert, so af en toe ‘n reeks wat mens kan kyk. Ek het net nie die guts om DSTV af te skakel nie. Saam met al die unplug goete oor die vakansie plug ook sommer die koerant uit. Wil mens nou regtig weet hoeveel mense op die paaie gesterf het of met watse kak Zuma weer vorendag kom. Happy holidays!

    Like

  3. Ons het nie TV nie. Kyk dan en wan Netflix. Met die nuwe huis se bou het ons double -glazing vensters heeltemal WiFi sein gesny, so nou het ek nie WiFi in my slaapkamer nie. Best thing ever. Ek lees meer. Ek kyk nie “gou” na FB voor ek slaap nie en los sommer saans my foon/Surface in die kombuis om te laai. Nie totaal unplugged nie, maar elke bietjie help!

    Like

  4. Kyk min Tv. Het ni dstv ni, maar HD openview wat verniet is. Kan wraggies ni R800pm mors op goed wat ek ni wil sien ni. Ek LOVE youtube en mooi movies waar ek self kan kies wat ek wanneer wil kyk.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s