Moenie die jaar weg wens

Ek is baie vies as ek mense goed sien post soos “2017 will be a better year” en “F*ck you 2016”. Die oomblik as ek jou so iets sien share dink ek net, jy is ondankbaar en ‘n brat. Weet jy dat jy hierdie jaar 12 maande gehad het om te lewe? Dis 12 maande wat jy jou lewe kon verander of net dankbaar kon wees vir die “crap” een wat jy het. As jy op die einde van 2016 dikbek en ontevrede sit, dan is dit regtig niemand anders se skuld as jou eie nie. Jy kan dalk nie môre opstaan en ‘n miljoen ryker wees nie, maar jy kan môre opstaan en positief wees oor die R50 ekstra in jou beursie. Jy kan dalk nie ‘n nuwe motor kry nie, maar jy kan dankbaar wees dat jy nie ‘n taxi of trein hoef te klim net om werk toe te gaan. Ja bitch oor jou werk, werk SUCK. Maar dan beter jy ook jou sterre dank vanaand as jy dik gedrink en vreet is vir daardie k@k werk want anders was jy nugter en honger en dalk homeless ook nog.

Hou op die tyd weg wens. Ek het al 27 maande gesien wat Oupa gemis het en 4 maande wat Ouma nie kon sien hoe blom haar tuin. Volgende jaar gaan NIE beter wees NIE want JY gaan steeds volgende jaar daar wees. Die probleem is nie jou werk, jou dikgat vrou, jou stoute kinders, die min geld wat jy het, die vet wat nie wil weg smelt, die hond wat alles kou, jou skoonma se gekerm, jou boetie wat soos ‘n bloedsuier van jou af lewe….niks van hierdie dinge is die probleem nie, JY IS. Jou kop is, hoe jy dinge hanteer is en hoe jy kies om alles om jou te sien is die probleem. As jy regtig wil hê 2017 moet ‘n beter jaar wees en JOU jaar wees, dan moet jy vir jou ‘n ander stel brille kry om jou wêreld deur te sien. Hou op verskonings gee vir elke probleem en elke probleem as ‘n verskoning gebruik. Die lewe is nie veronderstel om maklik of altyd lekker te wees nie. Suck it up buttercup.

Jy het ‘n werk, awesome. Daar is iemand wat vir jou lief is en altyd saam jou wil wees en jy kyk so mooi na haar dat sy oorgewig is, awesome. Jy het kinders en jy kan altyd ‘n beter ouer word en hulle maniere leer. Man, vir elke ding wat jy oor top kan jy ‘n beter manier kry om daarna te kyk en dalk sommer ‘n oplossing te vind. Volgende jaar gaan nie beter wees nie, dit gaan net nog ‘n jaar wees. Dis JY wat gaan beter wees. So geniet die laaste paar weke van 2016, jy gaan hom nooit weer sien nie en as die klok 12 slaan vir 2017 dan laat sak jy jou kop in dankbaarheid dat jy nog ‘n jaar kan sien en onthou die wat nie saam jou 2017 kan instap nie.

Die Wit Hasie

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s