Well shit…

Ek wou vandag geskryf het oor “mean girls”, vrouens wat boelies is. Ek het die hele stuk al uitgewerk na aanleiding van ‘n clip wat ek gesien het oor een meisie wat ‘n ander een slaan. En toe kry ek die nuus dat iemand wat ek lank terug geken het, selfmoord gepleeg het. Of noem hulle dit selfdood deesdae, asof dit enigsins ‘n verskil maak ne. Ek is lam van die skok. Hoekom sal iemand so iets doen?

Meeste van ons loop rond in ons eie privaat hel waarvan niemand weet nie. Maar ons rofstoei elke aand ons “demons” en staan elke oggend weer op. Ek ken mense wat ek eerlik waar nie sou blameer as hulle so iets sou doen nie en tog klou hulle aan die lewe. So hoe gebeur dit dat jy daar staan met die tou om jou nek, die geweer teen jou kop, die pille in jou hand en jy stop alles net daar? Dis nou goed en wel vir jou, jy gaan in ‘n boks in die grond gedrop word…wat van die mense wat jou lief gehad het?

Ek weet nie julle, hierdie ding rol my want ek is altyd iemand wat altwee kante van ‘n saak kan sien en ek probeer my bes om altyd met ‘n sagte hart oor ‘n saak te dink. Maar hierdie een wil my kop nie vat. Dus, let me do what I do best:

Meneer, ek het jou baie jare terug geken. Ons was kinders, ons wat dom en ons het altyd lekker gelag. Jy het ‘n sagte hart en ‘n malkoppie gehad en niemand wat jou ontmoet het sou jou kon vergeet. Die jare het ons elkeen op ‘n ander pad gesit, so ver van mekaar dat ek amper vergeet het van jou. En nou is jy weg. Ek sal nooit verstaan hoekom nie, maar ek sal altyd glo dat jy nou kan rus. Dalk was jy net te sag vir hierdie wêreld, dalk het niemand jou regtig verstaan. Mens sal nooit weet. Ek weet wel een ding, ek sal daardie Colgate smile nooit vergeet en hoe lekker jy kon lag en al die stront wat jy en Mr. T aangevang het. Gelukkig is daar al ‘n hele paar mense daarbo wat jy goed ken en ek is seker daar gaan lekker gebraai en gelag word.

Vir die res van julle wat hierdie post gelees het, jammer om ‘n debbiedowner op ‘n Maandag te wees. Ons gaan nou in “killing seasons” in. Dis ‘n feit dat hierdie tyd van die jaar die grootste selfmoord syfer sien.

Well shit, dit suck.

Dis al.

Die Wit Hasie

Advertisements

7 responses to “Well shit…

  1. Jy weet, my broer het in ’93 selfmoord gepleeg. Soms dink ek mense wat dit doen is die grootste selfsugtigste mense wat jy kry op die planeet. Hoe doen jy dit aan jou Pa, Ma, broers en suster?
    Baie dinge wat hy eerder kon doen. Maar die ding is, dalk het hy. En miskien het hy? Ons was dalk net te blind of te vol van onself om regtig te kon help?
    Aan die anderkant weer: Deur watse lewende hel moet iemand gaan om te dink dat die dood is die enigste uitweg? Of wat presies het daardie persoon gedoen dat hy dink die dood is die antwoord?
    Niks om voor te lewe meer nie???
    Ai. Dis maar ‘n ambivalence van ‘n ander aard jong.
    Die vrae sal nooit ophou nie…

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s