Skaapie is ‘n psycho

Hy gaan gespit word een van die dae en dis net omat hy ‘n super asshole is. Hy maak my klaar en hy weet dit. Hy hou daarvan om dit aan my te doen. Gister het ons kersboom opgesit. Sommer ‘n boompie uit die veld gaan haal en in ‘n pot geplant sodat hy (hopenlik) groei en volgende jaar nog groter is. Skaap se stert het begin waai toe hy daardie boom sien en toe weet ek, hier kom ‘n ding. Skaap wil aan alles proe wat ek aan vat. Hy wil ook orals indruk waar jy werk en hy weet hy mag nie want as jy vir hom kyk (net kyk) dan laat spat hy die berg in. Hy doen dit aspris man!

Nou gister plant ons toe die boom, verf sommer die pot waarin hy staan ook (ek het die boom Winston gedoop) en maak seker ons sit hom hoog net ingeval die skaap weer ninja trek en aan hom wil vreet. Ons is nog besig om hom te plant, Manlief links en ek regs om die boom mooi in die middel van die pot te sit toe pluk iets aan die boom soos ‘n vis aan ‘n lyn. Wraggies het Skaap tussen ons in gesneak en ‘n hap uit die boom kom vat. Daar is klaar so min blare op die ding dammit. Ons kom nou net uit ‘n droogte so vet en vol bome is skaars. Ons het onlangs begin om vir Skaap lusern te gee, mooi netjies in ‘n bak. Dit werk ook nie vir hom, hy moet uit die sak eet. Die punt is, niemand kan sê Skaap wil die boom eet omdat hy honger is nie.

IMG-20161205-WA0000.jpg

Uiteindilk is die boom klaar, sonder verdere moles. Maar ook net vir ‘n rukkie. Ons sit rustig en kyk TV, gesels oor ditjies en datjies toe ons hoor hoe die boom skielik die balle af skud. Nee, Winston het nie lewendig geword nie. Dis psycho skaap! Hy pluk een hele tak, balle en al af en hardloop dat die drolletjies spat (as hy benoud raak dan skyt hy). Skaap weet hy het nou graat kakas gemaak en teen die tyd wat ek hom vang steek net die twee balle aan albei kante van sy mond uit. Die toutjies is ook sommer afgevreet. Ek was smoor kwaad. Dis mos net pure stoutigheid man, aspris omdat dit nou iets is wat ma aan gewerk het en ek gesê het hy mag nie kry.IMG-20161205-WA0001.jpgIMG-20161205-WA0002.jpg

Manlief het spinners aan die boom gaan hang en van daar los Skaap die boom uit. Nou staan Skaap by die voordeur en kyk met sulke groot nat oogies na ou Winston en ek is doodseker die siek ding beplan sy volgende move haar fyn. Ek sê altyd “I cannot have nice things, I have pets”

Die Wit Hasie

Advertisements

21 responses to “Skaapie is ‘n psycho

  1. Boom mooi maar ek is seker skapie is nog mooier. Waar’s sy foto? Klink mos soos ‘n skaap met persoonlikheid! Een wat keer dat die lewe voorspelbaar en vervelig is! ( hy klink ook soos my papagaai wat graag aan alles kou en dit LOVE om bottels en goeters van die tafel af te gooi – soos oa die vol bottel terrpentyn waarvan hy maande gelede al die prop afgekou het. Nou ruIk my raamplek erg, want al die kartonnetjies vol spykers, screw eyes ens is deurtrek….

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s