Search terms en hoe dit my laat dink

Elke dag op die stats kan jy dinge sien soos hoeveel mense kom inloer en wat hulle lees. Nie wie nie maar jy kry ‘n idee van die “traffic”. Een van die dinge wat hulle vir jou wys is hoe mense by jou blog uitkom, naamlik die search term. Soms is die “unknown” en ander kere is dit goed soos “hoe om na my hasie te kyk” en dan kan jy soort van raai hoe hulle die blog gekry het. Dankie Google.

Vandag maak ek die stats oop en hierdie search term wag vir my:

  • wat moet ek doen sodat jy my kan vergewe

En dis asof die universe met my speel. Heeldag dink ek aan ou vriendskappe wat hulle gat gesien het. Julle moet verstaan, ek is flippen sag. Ek is ‘n poeding sonder eier, mash met te veel melk, chocolate wat te lank buite die yskas was. Ek het mense al vergewe en terug gevat wat dit nooit ooit verdien het nie. Hoekom? Want ek kan nie let go nie en ek kan nie die lelik onthou as ons eers uitmekaar is. Dis asof jy doodgaan en ek kan net die goeie dinge onthou, dan sien ons mekaar weer and I’m like “O ja, that’s why I ditched this bitch” maar dan is ek klaar daar en ek kan mos nie vieslik wees nie. My ouers het my net te blerrie goed groot gemaak. Ek sal myself te na kom solank ek net nie ongeskik is en iemand anders seermaak nie. Nie juis die bad ass wat mens sal dink ek is as jy die blog lees nie ne. Ek meen, ek sê wat ek dink en tog as dit kom by mense wat ek ken dan kan ek net nie lelik wees nie. Ek het het vriende verloor die laaste paar jaar en ek mis hulle.

Ek kan eerlik waar sê ons is almal fine sonder mekaar. Ek het nooit ingepas daar anyway nie, die nerd tussen die cheerleaders. That shit never last, kyk enige teen movie. Tog vang ek myself dat ek gereeld na my foon kyk, of op facebook loer of daar nie ‘n boodskap wag nie. En vir wat? Die vriendskap is moertoe. Daar is geen ander manier om dit te sê nie. Ons sal mekaar nooit weer kan vertrou nie en tog… my hart bly seer en as ek kyk hoe ek deur almal geblock word dan is ek al een wat so voel. Ek het makliker oor my ex gekom as my vriendinne. Dis mos nie normaal nie is dit? Dit is want vriendinne is sussie wat jy kies. Julle is deur shit wat geen man of ma ooit kan verstaan nie. Ek droom baie van hoe ek die kans kry om presies vir hulle te sê wat ek voel. Gesig tot gesig en hulle gee my die keer kans om te praat. Ek is nog vriende met van die mense en van hulle is regtig so sweet en dierbaar dat ek nooit in my lewe dit sal kan doen nie. Ek sal liewe verdrink as om iemand wat ek voor omgee seer te maak. En dis hoekom ek probeer ophou drink het, want net nou verdrink ek in die dop. Blykbaar is ons creative tipes geneig tot verslawing. Ek dink dis net oor ek te piss gat is om te deal met wat ek voel.

So toe ek hierdie search term sien, toe dink ek diep en lank (en met baie bier) wat sal dit vat dat ek mense wat my seer gemaak het vergewe. Jammer. Dis al. In my lewe het nog net een persoon vir my gesê sy is jammer en ek kan nie ooit in woorde sit hoeveel respek ek vir daardie vrou het nie. Dis ook die eerste keer wat ek nie jammer gesê het vir hoe ek gevoel het nie (net om haar beter te laat voel) maar die jammer net gevat het en in my hart gebêre het. Ek sal haar natuurlik nooit dit vertel nie, die vrou sal dink ek is van my flippen kop af en probeer gat kruip vir iets.

Hier is my raad vir as jy baie seer gekry het:

*Moenie daardie persoon terug seer maak nie, dis uiters kak styl en dit wys hoe swak jy as mens is.

*As jy verkeerd was, sluk jou trots en sê opreg jammer. Gebruik die flippen woord. Al spoeg daai ou in jou oog, jy was braaf genoeg om opreg jammer te sê en dit sal jou altyd beter laat slaap. Die seer gaan nie weg met ‘n jammer nie, maar my donner, ons almal slaap beter daarna

*Moet nooit iets doen as jy iets terug verwag nie! Ek het al hoeveel mense gehad wat vir my gesê het “ek het soveel vir hom/haar/hulle gedoen en dis wat ek terug kry!” Ek is self skuldig hieraan. Net omdat jy iets doen vir iemand, beteken nie daardie persoon gaan lojaal wees of  nie ‘n asshole wees nie. Doen iets vir iemand, sommer net. The end.

*Moenie verwag dat iemand jou op JOU tyd gaan vergewe nie. Ek het vriendskappe verloor, daardie persoon jare later raak geloop en dis asof ons mekaar van voor af leer ken het. Al die kakkas van die verlede het net weg geval want nie een van ons was meer dieselfde persoon nie. My een vriendin A en ek kon mekaar nie like in die begin nie. Sy was stuck up en ek was wild (volgens mekaar se idees oor die ander een) Nou kan ek my lewe nie sonder haar sien nie en ek het meer van myself geleer deur haar vriendin te wees as wat enige geloofs vloed my ooit kan leer. Tyd verander mense, help om die seer reg te  maak en dat mense kan groot word.

*Nie almal verander nie en sommige verhouding moet net sy gat sien sodat julle altwee beter mense kan wees. Feit. Aanvaar dit en hou op hoop hulle gaan eendag jammer sê of jou jammer aanvaar. Hulle was ‘n les in jou boek, nie ‘n hele hoofstuk nie.

Aan al my ekse (vriende en romanties) wil ek sê “DANKIE ou bul”. Ek is wie ek is vandag oor elkeen van julle se verf kwassie op my skildery. Die prentjie sou anders lyk sonder julle. As jy ooit wonder of ek nog kwaad is vir jou en of ek weet jy is nie meer kwaad vir my, VRA MY! Die kans is goed ons altwee is ander mense teen die tyd en dat ou kinder nonsense al vergete is. Sal ek weer kan vriende wees met mense wat my seer gemaak het of wie ek seer gemaak het? Seker nie, maar as ons klaar gepraat het dan gaan ons met rustige harte mooi drome oor mekaar kan hê. En wat is meer belangrik as ‘n goeie nag rus?

Ek hoop die volgende search term is “Dankie Hasie, ons is cool.”

Die Wit Hasie

Advertisements

5 responses to “Search terms en hoe dit my laat dink

  1. Ek hoor presies wat jy sê. Het self mense verloor en het steeds geen idee hoe ons vir jaaare so close kon wees, en ewe skielik besluit hy/sy net nope…… Maar met die tyd het ek geleer dat wat ek voel beslis nie n refleksie is van wat hulle voel nie. Net oor ek met oorgawe lief het, sê nie hulle doen ook nie. Dis n moerse Skok vir die siel, maar ek het daarmee gedeal, en is eintlik baie dankbaar daai hoofstuk het homself verwyder. Ek het vrede en kalmte. Hoop jy kan jou vrede met jou eks mense vind, want jy gaan dit self moet doen. Sterkte! Xxx

    Like

  2. Wow ek het die stuk verskriklik geniet en sommer self gesit en dink aan ekse … vriendinne wat ek verloor het … die engelse het ‘n gesegde dat friendships is there for a reason or a season … en ek dink nie mens moet vriendinne opgaar nie (ek is ‘n horder) … soms moet jy hulle net laat gaan want hulle (of jy) het jou doen gedien en moet nou weer op jou paadjie aangaan.

    Like

    • Ek is altyd so geworry ek het iemand seer gemaak dat ek liewer myself sal te na kom as ander seermaak. Dit maak dat ek baie langer vas hou aan dinge wat ek lankal moes laat gaan. Snaaks genoeg, na ek hierdie stuk gepost het…is dit asof ‘n berg van my skouers af is. Mens dink mos altyd te lank aan ‘n ding tot jy hom uit het

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s