Wat jy mis as die dorp ver is

Spinasie! Ek crave spinasie soos ‘n vrou met pms ‘n chocolate crave. Ek mis slaai en spanspek. Ek mis vars volroom melk en roomys op ‘n stokkie. Ek mis KFC al is een ete van dit genoeg dan is ek dik vir dit. Ons kon nog net een KFC in Harare opspoor. Met die dat ons naaste groot shopping hub amper 3 ure weg is, kan mens nie sommer in die kar spring en iets lekker gaan koop. In die klein dorpie wat naby ons is, kry jy wraggies net die basics en om sweeties daar te koop is nie die beste idee want alles is gesmelt. Dis vrek warm hier.

Ek smag na vars kos. Ek wil in SA kom en die naaste Fruit&Veg betree en my kersbonus daar blaas. Ek is so lus vir ‘n lekker Mug&Bean hoenderslaai dat ek my man sal verkoop vir een. As ek nog een ding uit ‘n blikkie moet eet, dan slaan ek die naaste ou dood met daardie blikkie! Selfs Skaap se lusern lyk nou al lekker. Ek is ook dik daarvoor om my eie kos te maak. Ek wil net iewers op my gat gaan sit en ander mense moet my bedien.

Ek het nie die Christmas spirit nie, ek het die Eks-gatvol-vir-my-huis-en-my-eie-gat-pla-my spirit. Vir maande nou al sit ek by die huis en geniet my alleen tyd, maar dis nou klaar. Oor tien dae maak hierdie myn toe en al moet ek daardie bakkie van ons stoot, ons gaan van die flippen myn af kom en klaar. Ek voel soos n Jack Russel wat nou te lank in die huis was. Maak net die deur oop en laat my uit dammit.

Heel eerste is room spinasie by Oaks. MMMMMM!! Gonna get my Popeye on!

Die Wit Hasie

Advertisements

9 responses to “Wat jy mis as die dorp ver is

  1. Annerdag die lekkerste springbokpasteitjies gekoop in Beaufort-Wes by GoodHope winkel. Ons Kapenaars ken dit mos nie. Hompe vleis met regte deeg om. Jy sal my noot kan omkoop met Spur/KFC/McD se franchisefillers nie. Ek het die dorp rondom my oral waar ek gaan maar bly uit dibenkele uit weg. Vars vrugte by Mma op die stasie is heel okay.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s