Veveeld op verveeld laat mens vervelig voel.

Was jy al ooit so verveeld dat jy iemand wou byt? Wel, EK is! Hierdie tyd alleen in Zim raak nou baie erg vir my. Ek is moeg daarvoor om deur ‘n skermpie met iemand te gesels. Ek wil ‘n ander vrou face to face sien en praat oor alles. Die wêreld se kakkies solank ons net kan gesels daar waar ons mekaar kan sien. Ek is vandag so verveeld en moeg vir my eie huis dat ek geoefen het. OEFEN! Sommer so uit my eie net omdat ek kan. Nee man, dis mos nie reg nie!

Ek het al alles gedoen die week. Van lees en skryf tot games speel en my skaap verpes. Hy het nou al wise geraak waarmee ek besig is en ignore my nou heeltemal. Kinders, guh! Who needs you anyway jou poepkop. Selfs die hond is al dik vir my. Sy loop nou saam Skaap buite dat ek kan ophou karring aan haar. Skryf help ook nie eers meer nie want ek is uit geskryf. Mens moet lewe om iets te kan skryf en vir nou is my handbrake on. Ek dink ek hou goed uit. Ek is al van Augustus hier in Zim met net Manlief vir geselskap en so nou en dan Skoonpa.

Nooit sou ek dink dat EK mense sou mis nie. Ek kan lekker anti-social wees as dit my pas, maar vier maande is nou te flippen lank. En wat beplan ek vir Desember? Om boek te lees en te skryf. Dis nou nie juis ‘n rager van ‘n party nie ne. Ek is darem van plan om dit te doen daar waar ander mense is so dit behoort te tel vir iets.

Nee, die laaste week moet nou verby voor ek dalk vir Manlief skop of die hond my dalk byt. Ek gaan sommer ‘n breek van die blog ook vat. Bietjie stories op bou vir volgende jaar.

Die Wit Hasie

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s