Wat is ‘n “voorgevoel”?

Het jy al een van hierdie gehad? Jou foon lui en nog voor jy kyk wie dit is of dit antwoord weet jy klaar dit is slegte nuus, iemand is oorlede. Jy sit by die huis en kyk TV, skielik dink jy aan Santie met wie jy weke laas gepraat het en jy het hierdie sterk gevoel jy moet haar sommer nou bel of whatsapp. Santie antwoord terug dat jy kom asof jy gestuur het, haar man het nou net sy goed gevat en by die girlfriend gaan bly. Jy slaap en skrik skielik wakker van iets, jy sit ‘n rukkie en jy WEET iets het met jou kind gebeur. Bel sy foon oor en oor tot een van sy maats antwoord, snot en trane want tannie moet kom help daar was ‘n ongeluk. Of jy sit en praat met iemand, iemand wat jou nog nooit rede gegee het om hulle nie te vertrou nie en jy weet hulle sit en lieg vir jou. Daar is niks wat hulle doen of sê wat jy jou vinger op kan sit nie, maar jy weet net en weke later hoor jy dis daardie einste koffie date wat loop en vertel hoe los jy is en nog meer.

Nou wat is hierdie “sixth sense” wat ons het? Ek het gaan Google dat my oogies skeef trek, maar daar is eerlik waar niks wat kan verduidelik wat daardie stem is wat jou vertel iets is verkeerd. Party sê dis God, ander sê dis die Universe en party reken dis die alien bloed in ons wat ons almal verbind soos bye.

Wat ookal dit is, ek noem dit sommer my “magick” en my magick is nooit verkeerd nie. Die wêreld probeer ons vertel dat ons “paranoid” is as ons almal verdink of dat ons harteloos is as die magick sê ‘n persoon is no good nog voor ons hulle leer ken het. Ek het al baie my magick stil gemaak en bly praat met iemand of kuier of in ‘n plek in gestap, net om nie te lank daarna baie spyt te wees.

‘n Vriendin stuur die week ‘n skype boodskap “Môre. Hoe gaan dit?” en dadelik begin ek deur die name van mense gaan wat sy ken want iemand is dood. Nou hoe de dinges kan ek aflei van daardie boodskap dat iemand dood is? Sy het my vertel van ‘n ou skoolvriend wat selfmoord gepleeg het en die skok was nie so groot nie omdat ek dit met die intrap slag al verwag het. My vraag is nou, moet mens ingee en na jou magick luister? Want waar is die streep tussen voorgevoel en the voices told me to? Ons as mense het eens op ‘n tyd geglo in feetjies, klein kabouters wat kinders steel en bome wat kan praat. Ons het geglo sekere klippe is heilig en om volmaanfees te hou vir een of ander godin wat ons moet seën. In daardie tyd was dit nie snaaks as mense goed kon sien wat ander nie kon of kon hoor of kon voel. Hierdie mense was nie mal nie, hulle was gewoonlik iemand van groot belang in die dorpies, raadgewers vir konings for goodness sake. Nou deesdae, as ‘n kind nie kan stil sit want skool is boring, dan pomp hulle hom vol pille en die klein zombie lewe voort. Mooi soet en stil en op sy plek.

Ek is amper te bang om vir iemand te sê ek het ‘n “bad feeling about this” want wie weet waar ek in gestop gaan word en hoeveel verskillende pille ek op moet wees. Waar het ons as mense ons geloof in magick verloor? Wanneer het ons so misluk geword dat enige iets wat ons nie kan verduidelik taboo is? Well no more. Glo in jou magick, jou shine, daardie stem in die onderbewusyn en vertrou dat jy weet iets is “af” sonder dat Twitter of Google dit moet bewys. Die magic is nie op M-net, dis in jou.40c2a24a95277fcc2fe1faf323f88609.jpgdd2059eca7e362cb9b315901dec6170b.jpg

Die Wit Hasie

 

Advertisements

5 responses to “Wat is ‘n “voorgevoel”?

  1. O ek love die stukkie van jou! Dis so waar! Woensdag is ‘n vreinding heel tyd in my gedagtes, Bel haar – sy antwoord nie. Stuur ‘n Whatsapp – “Dink heel dag aan jou”. Bel sy my later terug. Haar pa is Dinsdag oorlede.

    Like

  2. Ek glo in “dit” as jy eers weet dan WEET jy…
    ‘n Vrou weet as haar man haar verneuk al wil hy haar laat glo dat sy “mal” is en spoke sien. Dit is maar net een van die goed.
    Ek se: Vertrou daai stemmetjie diep binne in jou!
    Ek glo ook nie aan toeval nie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s