Moet ek jou gevoelens spaar?

Ek is so bietjie ongelukkig hier waar ek sit. Daar is vir my gesê dat my blog dalk te reguit is en die mense naby aan my se gevoelens kan seer maak. Wat? Elke dag van my lewe moet ek ‘n 100 keer dink voor ek iets plaas of iets sê net sodat een of meer nancy se pantie nie in ‘n krul getrek word nie. Ek weier om dit met my skryfwerk te doen. Ek sal nooit iets skryf of sê wat ek nie vir iemand in hulle gesig sal sê nie. Ek sal ook nie iets skryf en post net om iemand by te kom nie. Ek het te veel respek vir my skryfwerk om so iets te doen. Dis iets wat ek sterk in glo en by hou. Wat mense nie verstaan is dat ek baie oor die algemeen skryf. My blog post en selfs stories is nie oor EEN persoon wat ek ken nie of EEN ding wat gebeur het nie, maar duisende stories in ‘n 30 jaar lewe. Jy gaan jouself raak lees in my blog. “Uitstekende insig in mense.” is hoe my kursus juffrou dit beskryf het.

Daar is een keer gesê dat as jy die waarheid praat dan hoef jy niks te onthou nie. Ek probeer so lewe. Ek sal liewe niks sê as om te lieg en ek is hopeloos te eerlik. Ek probeer soms dinge sugar coat want dit is so dat die waarheid seermaak, veral as dit by verhoudings kom. Ongelukkig is daar so min reguit en eerlike mense oor dat almal altyd verdag is en dink jy het “motives” agter alles wat jy doen. Ja, dis hoe ons geword het. Wanneer ek met iemand sit en gesels sit ek alles op die tafel. My lewensboek is wawyd oop en ek kry lekker seer omdat ek so lewe, maar eerder so as wat mense altyd moet wonder of jy bedoel wat jy sê. Daar is niks uit my verlede wat my kan seermaak nie want ek sal jou vertel wat jy wil weet LANK voor die skinderbekke by jou uitkom. Ek mag dalk een van min vrouens wees wie se mans ALLES weet van haar verlede en dit laat my lekker slaap. Dis waar wat hulle sê “The truth will set you free.”

Die probleem met mense soos ek (en my man) is dat jy net EEN keer vir my moet lieg, dan sal ek jou nooit weer vertrou nie. Ek sal steeds lief wees vir daardie persoon, altyd daar wees, altyd help, maar daardie persoon sal nooit weer weet wat binne my aangaan of wat regtig in my lewe aangaan nie. Stel jou voor hoe anders die lewe sou wees as almal net 100% oop, eerlik en reguit was met mekaar. Om te “date” sou makliker wees, besigheid doen sou minder van ‘n risiko wees en daar sou aansienlik minder dikbekke om die kerstafel gewees het. Dit vat gewoonlik net een misverstand, een wit leuntjie om ‘n verhouding met iemand anders op te neuk en jou “naam” te verloor. Ja ons almal maak foute, ons is tog net mense.  Die geheim is om uit daardie foute te leer. Ek het geleer om nooit ooit weer my mond te hou om die vrede te bewaar of ander se gevoelens te spaar nie want dit werk nie. Dis in elk geval selde dat die persoon wat jy probeer beskerm dieselfde oor jou gevoelens omgee. En op die ou einde sit julle altwee met ongesêde dinge binne julle wat soos ‘n seerplek sweer. Don’t do it!

Praat met mekaar oop, reguit en eerlik en kyk net hoe werk dit uit. Oop, Reguit en Eerlik..O.R.E, luister om te verstaan en nie om te antwoord. Dalk is jy omring met mense wat dit nie kan hanteer (is dat dan so sleg om hulle te verloor?) of dalk is dit die vars water wat jou lewenstuin nodig het om te blom. As ons om alles “pussy foot” dan sal mens nooit weet nie.

Die Wit Hasie

P.S Hierdie geld nie vir kinders en ouers nie. Waarskuwing, om oop en eerlik te wees met bv jou ma oor sy altyd iets oor jou hare sê of jou pa omdat hy altyd stupid grappies met jou man maak….mag dalk ontplof. Ouers vat nie oop en eerlik soos jy dit bedoel nie en OUERS, kinders ook nie. Meeste van die tyd word dit as kritiek gesien. You have been warned

Advertisements

5 responses to “Moet ek jou gevoelens spaar?

  1. Hier beskryf jy nou sowaar vir MY!
    Dis hartseer dar daar so min eerlike mense oor is. Ek het ook beleef dat deur meer versigtig met my woorde te wees, die duiwel kans gegee het om sy voet in die deur te kry.
    Hou aan skryf soos jy skryf. Die wêrekd smag na eerlikheid.

    Like

  2. Weet jy, ek voel 100% nes jy! En mag ek dan nou ook maar eerlik wees oor iets? Al daai mense wat voel jy hulle skuld hulle om een of ander onverklaarbare rede ‘n verduideliking of verskonig – hulle alies in Hi-definition! Ek (en ek weet ek is nie al een nie) vrek oor jou skryfsels; juis omdat dit so brutaal-eerlik is. Dis verfrissend en anders en onpretensieus, en jy moet dit asseblief tog net NOOIT verander nie (kan uit jou inskrywing sien jy gaan darem nie). As iemand voel jy skryf “verkeerd”, moet hulle maar ‘n ander blog gaan soek en klaar. x

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s