Waar is jou maniere of menslikheid?

Luister, ons moet praat. Sit nou stil en hoor nou mooi wat ek vir jou hier sê: Net omdat jy agter ‘n skerm sit, beteken nie die reëls tel nie. Ek het gister iets op twitter en facebook gesien wat my so kwaad gemaak het dat ek amper begin huil het. Traffic update: Groot ongeluk op die N1 by Naboom.

“Ek wonder hoekom draai jou pa so. Almal is al hier.”

“Daar was ‘n ongeluk op die N1 ma, hy sit seker vas in die verkeer.”

“Was dit ernstig? Ek gaan jou pa weer probeer bel.”

“Hier is ‘n foto. Jis dit lyk erg. Gross, mens kan die dooie ou daar sien lê….Ma? Ma!”

“Wat? Wat is dit?”

“Lyk die nie soos pa se kar nie. Ma, daai ou onder die kombers lyk of hy pa se horlosie aan het.”

“Nee man, moenie jou simpel hou nie. Dit kan nie….Hallo, wie’s die? Waar is my man?”

Buite by die braai word almal stil gemaak deur ‘n gil en ‘n geween van binne die huis. Ou Gert gaan nie vandag kan kom braai nie.

Jy, jou SOT! Wat daardie foto geneem het van die ongeluk waar mens die lyk langs een van die wrakke kan sien, vir jou sal ek ophang soos biltong. JY is wat fout is met die wêreld. Dit is nie vermaak om jou Twitter account mee te boost nie en jy is nie ‘n joernalis nie. Onder daardie kombers lê iemand se pa, se man, se broer, se seun wat nie hierdie kersfees daar gaan wees nie. Sy geskenk gaan toe bly onder die boom en jy dink jy is slim deur ‘n foto van die ongeluk te plaas. Wil jy vir my sê jy kon nie wag dat julle ‘n paar meter verder is en dan van die ander kant die foto neem?

Mense, moenie ‘n moroon wees as dit by social media kom nie. Dames, ‘n bikini is ‘n bra en pantie wat jy by die swembad dra. Fanie wat saam jou man werk kyk jou altyd so uit jou klere dat dit jou hoendervel gee, maar jou Instagram is nie privaat en elke aan sit ou Fanie in sy donker kamer en kyk na jou fotos van toe julle by die see was, of die jy gaan ski het by die dam. Wat dink jy doen Fanie met jou bikini fotos? Jy loop nie rond met mini rokkies by die huis nie want Boetie in die tuin het nie nodig om die Mevrou van die Huis so te sien nie. Dink jy Boetie het nie internet nie? Hy sit te lekker en kyk na jou vakansie fotos. Dink bietjie oor dit as jy weer iets plaas.

Jy sal mos nie dat een of ander perv by jou huis se venster kom staan en loer wat maak julle nie? Nee, nou social media IS jou huis se venster en die pervs wat daar kan inloer is baie meer scary. Jy kan in die Spar staan en ‘n ou kan jou en jou dogtertjie op julle name kom groet, jou dalk vertel hy hou meer van die pienk bikini as die pers een en dan weer loop. Jy sal dan met ‘n skok besef, jy besit nie sulke kleur bikinis nie…jou dogtertjie doen. Just saying, dis ‘n siek wêreld. Moenie dit aan help nie. Onthou jou maniere op social media. Moenie vloek en skel as jy dit nie gesig tot gesig sou doen nie. Vandag sê jy vir die ou “jou moer” en môre is dit “Hallo meneer, welkom by Toyota.” Raai wie gaan NIE ‘n kar by jou koop nie. Moenie jou menslikheid vergeet nie. Ons almal het ‘n opinie en deel dit graag, maar onthou dat agter elke storie of ongeluk is daar regte mense wat iemand verloor het.

Die Wit Hasie

Advertisements

2 responses to “Waar is jou maniere of menslikheid?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s