Troues is nie jou party nie

As daar een ding is wat my lekker warm beneuk kan maak, dan is dit mense wat hulle nie gedra met troues nie. Laat ek gou iets vir julle vertel, dis nie JOU party nie! Daardie arme bruid en haar mense het hulle gatte af gewerk. Show some respect. Kom ek vertel jou ‘n paar dinge van troues wat jy dalk in die toekoms kan toepas.

*GEEN denim teensy die paatjie gevra het die gaste moet dit dra. Trek netjies aan my magtig. Jy gaan nie na ‘n club toe nie. O en on that note, geen cocktail rokkies nie. Ek wil nie jou noemfie sien as jy dans nie. Ek weet dat sommige mense net met troues uitkom, maar daar is niks so crap soos ‘n half kaal girl in die agter grond van jou fotos. Trek jou Sunday best aan dammit. Daar word baie fotos geneem en mens wil nie terug kyk en dink “Hoekom lyk Jan asof hy nou uit lande toe gaan?” Trek aan asof jy gaan vir ‘n onderhoud met ‘n moerawiese paycheck agter dit.

*Jy kan dirty dance by die huis. Ja ons almal se voete jeuk by ‘n troue en dis altyd die beste van maniere om soveel as moontlik op die dansvloer te wees (DJ’s is duur) maar jy kan die bump and grind los vir as jy weer in baby-making-mode is. Dit lyk sleg. Ek vat die sexy hoender enige dag bo baby in a corner.

*DIS NIE JOU PARTY NIE. Ek dink nie ek kan dit genoeg oor en oor sê nie. Daardie dag het net mooi niks te doen met hoe jy voel of wat jy dink of enige iets met jou wêreld nie. Jy is bevoorreg om genooi te word om as getuie vir groot beloftes te dien. Ek het nog nooit “nee” gesê vir ‘n troue teensy ek regtig egtig nie kan gaan want ek voel so dankbaar ek is genooi. Al ken ek niemand daar nie en sit heel aand alleen, ek is regtig net bly om in so mooi dag te deel. Onthou dit volgende keer as jy ‘n gesiggie trek omdat jy na ‘n troue genooi is. Dis deesdae belaglik duur om te trou so RSVP ook asseblief op die regte datum.

*Moenie ooit laat wees nie. Daag eerder te vroeg op as wat jy insluip en die hele storie ontwrig. Weereens, dis nie jou dag nie. Dit is die dag wat elke vrou na uitsien van dat hulle klein is. Moenie ‘n asshole wees en die aandag van die bruid af vat nie. Here’s looking at you aandag vraat. Ek weet dis moeilik om die spotlight vir eendag op iemand anders te sien, maar probeer tog net. Uit liefde vir die paartjie.

*Wees die heel beste weergawe van jouself. Glimlag vir dronk oom Gert al wil jy hom moer, luister aandagtig na tannie Stien se storie oor haar seervoet, dans met die lelike neef of niggie en hou snotty aanmerkings vir jouself. Sommige troues is so groot dat swak gedrag mis gekyk gaan word, maar deesdae is troues klein en een geval waar gaste mekaar iets toesnou kom gou by die paartjie uit. Wil jy regtig die een wees wat beskuldig word daarvan dat jy jou piering melk by die huis vergeet het? Al haat jy die bruidgom se sussie (die bruid se niggie, jou eks wat somehow ook genooi is), daardie aand gaan jy haar soos ‘n ou vriendin groet as julle mekaar nie kan vermy. Ek sal dit weer sê, dit gaan nie oor jou, dis nie jou dag en jy is bevoorreg om daar te wees.

‘n Troue gaan nie net oor twee mense wat ‘n party hou omdat hulle nou papiere gaan teken nie. Dis ‘n groot storie in elkeen van hulle se lewe. Voor julle belowe hulle baie groot dinge. Dis ook ‘n dag van liefde en geluk. Probeer tog om nie die nat waslap op iemand se groot dag te wees nie.

Die Wit Hasie

Advertisements

6 responses to “Troues is nie jou party nie

  1. Jy is heeltemal reg, mense is bevoorreg om genooi te wees. Wat my dwars in die krop steek en my vuis in een se ken wil laat plant, so lekker boeredogter-regter-haakhou wat jy vanuit jou enkels af swaai vir groter trefkrag, is wanneer een van die bruidegom se “vriendinne” opdaag en so flirt met hom, lambada-moemfie-dancing doen oor sy bobene en lovebites daarop try agterlos en dan hardop vir hom sê dat hulle n veel beter keuse vir hom sou gewees het as sy ou vaal bloukous vroutjie. Gelukkig het die bruidegom nie vir daardie flossie “opgekom” nie, en hardop terug geantwoord “my ou bloukousie het my hart gewen juis omdat sy haar kleertjies kon aanhou en haar beentjies kon toehou.” Nodeloos om te sê, die flossie het net daar die aftog geblaas. Jip jy het reggeraai oor wie daardie bruidjie was…

    Like

  2. Ek het geweet ‘n GROOT alkoholis kom na my troue toe. Die venue se bestuurder waar ek getrou het was ‘n baie gawe en tegemoetkomende dame. Ek het gevra as iemand drank wil koop by hulle kroeg, sy die pryse moet inflate, en sommer baie goed ook!
    Lag ek toe suiplap met net sy blikkie Coke en geen kragwater daar kom sit by die tafel en sê: “Jy sal nie GLO wat betaal mens vir ‘n brannewyn hier nie!”

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s