Breaking News: Skaap het ‘n girlfriend

Vanoggend is Manlief vroeg op en ek is so bly want dan kan ek oor die hele bed uitstrek. Ek het net my lê gekry en droomland toe begin dryf toe hy die kamer inbars:”Liefie, Skaap se girlfriend is hier as jy wil kom kyk.” En natuurlik wil ek so ek vlieg uit die bed, nog baie deur die slaap en bevind my in ‘n helse geveg met die muskietnet. Dit was die begin van ‘n laaaaaaang oggend.

Skaap het hierdie nuwe ding so een kyk gegee en laat spat. Sy is natuurlik ‘n proper skaap en weet dat die een moet gaan waar die ander gaan so sy hardloop agter hom aan. Hy dink sy jaag hom en hardloop na my, sy skrik vir my en hardloop teen hom vas want hoe nader hulle aan mekaar is hoe veiliger. Is mos. So hardloop hy al om my en sy agter na. Sy skrik vir my en hardloop nader aan hom, hy skrik vir haar en hardloop nader aan my en so gaan die bose kringloop net aan en aan.

Sy het nog nie ‘n naam nie, maar ek dink sy sal Meisiekind wees want sy is ‘n regtig meisie. Sy is pragtig. Ligte bruin koppie, kort hare, stomp gesiggie en groot bruin oë. Sy is fris en baie wakker. Sy laat my Skaap soos fo@$#n Forrest Gump lyk. Hy met sy maer bene en k#k haarstyl (my skuld ek weet) en sy vertraagde reaksies op alles. Ek het toe myself in die huis gaan toe sluit sodat Skaap met die nuwe meisie moet maats maak. No de hell, hy gaan bekla sy lot by sy nanny Barnebas wat natuurlik lag dat die trane loop. Ons familie naam is behoorlik m@#toe na hierdie storie.

Ongelukkig het Meisiekind se familie hier verby gekom en sy het haar amper simpel gehardloop teen die draad om by hulle uit te kom. En who can blame her? Wie sal nou saam iemand wil wees wat nie eers weet hy is ‘n skaap nie?! Die probleem is dat ons skaapie ‘n follower is en die nuwe een ook, so hulle staan heeltyd en wag dat die ander een hulle moet vat om te wy. Gelukkig volg Skaap my maklik en Meisiekind vir hom so ek het hulle na agter gevat en in die groot hok gaan sit. Daar sal hulle twee staan tot sy die vreemde plek gewoont is en hy agterkom dat hulle altwee skape is.

Ongelukkig is die internet baie stadig vandag en fotos vat te lank, maar kom loer weer in môre vir ‘n update en kiekies van die twee.

Die Wit Hasie

Advertisements

11 responses to “Breaking News: Skaap het ‘n girlfriend

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s