Koebaai Maraai

Dames en Here, hierdie is die laaste blog vir 2016. Ons vat een van die dae pad af SA toe. 1000km van smal, besige Zim pad en ek sien uit. Vandag word daar al gepak. House Manager moet toets vat om te sien of hy alles sal onthou van na die diere kyk. Weet julle, ons is regtig geseën met die man. Eintlik moet ek vir hom oom sê omdat hy soveel ouer as ek is en hy is ‘n wyse man, praat gereeld politiek en hoe dom die kinders van SA is want ons wil net “fight” terwyl ons geen idee het hoe lelik “fight” lyk nie. Hy was in die oorlog destyds as jong tiener so ek glo hy weet waarvan hy praat. Niks in hierdie huis raak weg nie en hy is baie goed met ons diere. Ek vermoed my hond hou meer van hom as van my. As hy gaan eet, dan hardloop sy dat die stof trek want dis HAAR snack time. Ons sou nie op vakansie kon gaan as dit nie vir hierdie man was so ek moet dadels gaan soek as ek in SA is. Hy is mal oor dit, hulle leer eet toe hy in Egypte was. Ja, ou House Manager was die ambassadeur van Egypte se butler en toe die man oorlede is wou die familie hom daar laat bly…maar hy is Shona en sy vrou is Shona “and Africa always calls you home” reken hy. Mens sou dink hy sal meer as genoeg geld hê om sy ou dae uit te lewe, maar so wat ek tussen die lyne lees het Vroulief nie mooi gespaar die kant nie en nou moet die man weer werk. Die lewe darem ne.

Nou ja, ek was half dood die week met een of ander pes. Ek dink ek het iets in die smoel gedruk wat verby sy verval datum was. Die maagpyn het my net laat besef dat ek is nie die tipe mens is wat moet kinders kry, ek is te pissie vir kraam. Ons het ook 72mm reën gehad waarvan die eerste 65mm in ‘n uur en half geval het. Dit was net voor twaalf toe ek besef hierdie reën word net meer en hou nie op. Ons twee skape is agter in die hok en vir ‘n gewone bui reën het hulle skuiling, maar nie vir die groot vloed nie. Ek is daar uit om toe die twee in die huis in te bring sodat hulle darem net droog kan slaap. Teen die tyd wat ek vir Skaap gaan haal, was die water al by my kuite gewees. Die water het oral deur die dak gestroom en ek het gesien dat ek vreeslik baie tupperware het. Tarzan was ook baie ongelukkig. Daardie klein aapie haat reën en wind omdat dit is hoe ons hom gekry het, na een helse storm so ons moet toe nog by hom gaan sit ook en hom kalm hou.

Môre word die hele huis op gepak en padkos word gemaak. Daar is nie ‘n Wimpy langs die Zim pad nie wat beteken dat ons old school gaan eet. Frikkadelle, gekookde eier, broodjies en koffie. Chippies, droëwors en koeldrank vir voor in die kar. Kussing, boeke en die kamera vir my om besig te bly. Maar vanaand braai ons eers saam Skoonpa en ek moet een of ander manier vind om die ‘n Christmas gevoel te gee.

Dit was ‘n lang jaar gewees met goeie en slegte tye. Ek is verseker nie meer dieselfde persoon as wat ek aan die begin van die jaar was nie. Volgende jaar gaan besig wees. Manlief werk aan sy boerdery en ek gaan leer om artikels te skryf. Ek gaan ook ‘n kans vat en inskryf vir die Winterskool. As my storie wen dan kan ek verniet gaan. Ek glo nie dit sal gebeur nie, maar ek gaan verseker probeer. Dit voel of ek hierdie jaar wakker geword het.

Van my, Manlief, Tarzan, Skaap, Meisiekind, Jess, Katta en Spookie: Geseënde Kersfees en Voorspoed vir 2017. Geniet julle vakansie al is dit net om by die huis te sit en movies kyk. Geniet die tyd saam familie al maak hulle jou mal en bo alles…Geniet dit om nog ‘n dag hier te kan wees.

Mooi loop.

Die Wit Hasie

IMG-20161213-WA0000.jpg

Advertisements

5 responses to “Koebaai Maraai

  1. Mooi ry…geniet elke oomblik en dankie vir al die lieflike skrywetjies…die lag wat jy veroorsaak en jou vars en jeugdige, soms aweregse take op als! Geseende Kersfees, en mag die nuwe een baie kreatiewe skryf en Lig inhou! xx

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s