Cheers 2016, Hallo 2017

Op die randjie van 2017 sit ek en voel so bietjie hartseer. 2016 het te gou verby gegaan maar dit voel nie vir my soos die riller jaar wat almal van praat nie. Duidelik is ek nie in tune  met die res van die samelewing nie want 2016 was goed vir my. Ja ek het my ouma die jaar gegroet, finaal maar verder was dit heel oraait. Ek het baie geleer van skryf die jaar en ek sien uit daarna om volgende jaar nog baie te doen, dalk ‘n boek te skryf. Ek het ‘n blog begin en wonder bo wonder…mense hou daarvan. Hier waar ek nou sit is ek lekker dik. Ek het van die wa af geval en ipv die wa jaag en weer opklim, het ek maar uitgestrek op die grond en wyn gedrink. As ek nou in die son kom, kan jy spek hoor skiet. En weet julle wat… I don’t care! Ek het my hare gaan rooi kleur en nou is ek ‘n sassy diva, rolle en al.

Niks gaan in 2017 verander nie. Ek gaan nie meer of minder rook nie, dalk minder drink want drink is vir vakansies en dit gaan lank wees voor ons weer een het. Daar gaan nie skielik harder geoefen word (of in my geval, begin oefen nie) en ek gaan nie skielik super nice of super oulik word nie. Ek gaan net ek wees en wat ookal gebeur sal gebeur soos dit moet. Wat is tog die punt van al hierdie “new years resolutions”? Elke liewe asshole belowe aan die begin van ‘n jaar om minder van ‘n asshole te wees en beter te lyk en blah blah blah maar dit hou nooit. Wat van own jou assholeness, vet rolle, rook bolle en klere met vetkolle. Geniet eerder elke dag as om te fokus op dit wat jy nie is, nie reg kry of nie kan doen.

Ek is dankbaar dat ek nog ‘n jaar kan ingaan saam mense vir wie ek lief is. Ek is hartseer oor die wat nie saam ons meer is nie. En ek is van plan om in 2017 elke dag die lekkerste dag te maak. Hierdie Haas is een lucky duck wat niks kort nie. Ek het al so baie stront aangejaag in my lewe, so baie demons gestoei dat ek eintlik nie kan glo ek sit hier en kan dit vir julle vertel nie. As jy wel die nuwe jaar met ‘n lysie wil ingaan dan moet jy net een ding op jou lysie sit:

KLA MINDER

Dis al.

Happy New Year almal!!

It’s gonna be awesome 🙂

Die Wit HasieWIN_20161231_13_56_20_Pro.jpg

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s