Home, James, and don’t spare the horses

Jislaaik, ek mis my huis. Kan julle glo dat vir weke sien ek uit daarna om vir almal te kom kuier en nou is ek so verdomp homesick dat ek myself sit en bejammer. Ek verlang my diere-kinders en ek is lekker gatvol vir die dorp. Daar is te veel mense, te veel voertuie en te veel mense met voertuie wat nie weet hoe om met hulle te werk nie. Die mense het hulle koppe verloor as dit kom by shopping. As ek die storie so kyk, dan het almal net te veel geld hoor. Hier kry mense duidelik nie swaar nie. Kyk maar net na al die dikgat kindertjies. Like seriously ouens, as ek jou laerskool kind soos ‘n ou diesel drom in die gang kan af rol…dan is dit tyd om die sweeties uit sy hand te vat en vir die kind ‘n piesang te gee. O en ek hou regtig nie van kinders nie. Ek het dit nou besef en vrede gemaak daarmee. Ek het seker vier keer in een week gewens ek kan die klein kak wat so tantrum gooi in die winkel drop soos ou Naas ‘n ball kon drop. Eintlik wil ek die ma ook net so hard skop want dis haar skuld ek wil haar klein satan vermoor.

Ek het geweet dit gaan gebeur, ek is te lank weg van mense af en nou hou ek nie meer van hulle nie en ek het vergeet hoe om met hulle te social. Al wat ek nou wil doen is om klere te gaan koop, dalk ‘n nuwe game of twee en terug vlug na my grot in Zim. FYI, Suid-Afrika suck!! Ek is die hele tyd bang, hulle het by my ouers en die bure probeer inbreek en ek kan nie eers alleen dorp toe gaan nie want iemand kan my dalk hijack of my handsak gryp. Hoe lewe mense so? Almal praat lekker stront oor Zim maar raai wat, at least kan mens daar rustig slaap of in die aand buite sit en kyk na die sterre. Ek weet, ek weet…ons gaan lekker sukkel met hierdie bond note storie maar flippet ek kan nie die hele tyd lewe in vrees nie. Om te dink ons moet eendag terug kom maak my hartseer, ek bly hoop dit sal beter gaan teen daardie tyd.

Nou ja, lekker moan ek so op die eerste dag van ‘n nuwe jaar na ek belowe het ek gaan nie. Vergewe my, ek wil net huistoe gaan. Hierdie Hasie wil terug na haar gat en sit dikbek hierdie blog en tik want dit gaan nog ‘n rukkie wees voor ek weer in my eie bed slaap. Ek hoop julle het lekker geparty gister.

Die Wit Hasie

 

Advertisements

One response to “Home, James, and don’t spare the horses

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s