Did you eat today? Bedank ‘n boer

Ons is tans op die skoonmense se plaas of plot. Ek is te dom om te weet hoeveel hektaar maak dit die een of die ander. Anyway, die plek is stunning. Die grootste gedeelte van die plaas is berge en bokkies kom loer gereeld wat het skoonma geplant in haar tuin. Jy kan fisante hoor roep laat in die middag, die bobbejane baklei met mekaar iewers in die berg en die blou aapies kom steel mangos. Ons gaan stap met die honde tot by die dam waar  hulle almal dan baljaar in die water. Dit klink te lekker ne. Ja, behalwe dat almal moet heeltyd weet waar almal is. ‘n Handradio en geweer is altyd naby, reg om te gryp as iemand sou kom pla. Hier is die waarheid van plaas lewe, dis soos om op ‘n rollercoaster te ry want dis lekker maar dis scary.

In die aande word die traliedeur met ‘n slot gesluit en die houtdeur het ‘n skuifslot op.As die honde blaf dan is jy op, jy vat nie die kans dat dit dalk net ‘n bokkie of hasie is nie. Dis deesdae oral so maar jy weet dat as jy op ‘n plaas bly, die teiken net soveel groter is. Dis ongewoon om TV te kyk met die .22 langs Manlief op die bank.

Ek wil iets oorkom as mense my vra “Nou hoekom bly julle op ‘n plaas?” of “Vir wat verkoop jou skoonma nie net die plek nie?”

Want dis my man se droom om te boer. Ek het hom nog nooit so gelukkig gesien soos hierdie rukkie op die plaas nie. Hy sit nie stil nie en hy sweet dat ek nie eers naby hom wil kom EN hy love dit! Dis iets wat jy nie sommer vir ander kan verduidelik nie. Al wat ek weet is om op jou eie stukkie grond te werk, mens flippen lekker laat slaap al worry jy oor boewins in die nag. Ek kon nooit verstaan hoekom iemand sal wil boer nie maar hoe langer ons hier is, hoe meer begin ek dit “get”. Jy word lief vir die grond en die harde werk. Dis weird.

Die beste tye van my lewe was saam ouma en oupa op die plot. Ons het in die dam geswem en mekaar met slik gegooi. Ons het die skaaplam melk gevoer en in die aande die trop kraal toe gejaag. Fiets gery tot ons bene seer was, geleer trekker ry en warrelwinde oor die mielielande gejaag. Hoe meer ek terug dink aan daardie tye, hoe meer besef ek dat dit onvermydelik was dat ek saam ‘n “boer” sou wees.

Ek dwaal bietjie weg van wat eintlik my punt is en dit is dat ons baie meer respek vir boere moet hê. Dis mense wat hard werk met die wete dat enige tyd kan iemand daar opdaag en hulle vermoor net omdat hulle doen wat hulle voor lief is. Dis wreed dat mense so moet lewe en dat dit die mense is wat vir ons kos sorg. Ja, daardie slaai en tamatie wat jy koop by Woolies het van ‘n boer se plaas af gekom en die yummy steak wat jy na uitsien was ‘n bees op ‘n boer se plaas. Die kos wat ons eet val nie uit die lug of verskyn sommer op die rak nie, iemand werk hard om dit daar te kry en daardie iemand moet met een oog oop slap. Ek sien hoe gaan dit in Zim sonder boere en ek dink almal in SA moet begin besef hoe belangrik boere is. Almal behoort op te staan teen mense wat teen boere praat of geweld aanhits.

Daar behoort meer ondersteuning te wees vir mense wat ‘n plaas aanval oorleef en om mense te kry om te gaan boer. Ons kan nie beskostig om boere te verloor nie want dan gaan ons almal lekker maer word en nie omdat die diet werk nie. Ons is nou al te gewoont daaraan om te hoor boere word aangeval. We need more outrage. Stel jou voor daar is iemand wat dokters aanval net omdat hulle in hospitale werk. Dink net daaroor.

Die Wit Hasie

 

Advertisements

11 responses to “Did you eat today? Bedank ‘n boer

  1. Dis die probleem met ons media. Mens word af gestomp oor jy dieselfde goed daagliks hoor in dieselfde stem toon as n Clicks advertensie. Niemand het meer simpatie of empatie nie, want ignorance is net makliker. As jy jouself moet indink waar deur elke victim moet gaan…… En niemand blik of bloos meer oor die oorloë of terrorism nie, want soos jy sê, mense raak te gewoond. DIS wat my bang maak.

    Liked by 1 person

  2. Terug pieng: Woorde wat raak | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog·

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s