‘n Baie Donker Dag

Dis met ‘n hart in ‘n duisend stukkies dat ek die nuus met julle moet deel dat my stouter, ons ninja en julle gunsteling celeb Skaapie gisteraand dood is. Die nuus het vanoggend uit Zim gekom so ons weet nie wat gebeur het nie, net dat ou Skaapie nie meer is nie. Ek het nog nie opgehou huil nie en ek voel al taamlik simple oor dit. Ons het geweet dat Skaapie nie lank sal lewe nie, sy eie ma het hom uit die trop geskop maar dit breek nog my hart. Nou begin ek natuurlik wonder of dit ons skuld is, of hy blousuur gekry het van die lusern. Dan huil ek weer bietjie en troos myself dat daardie skaap die heel beste lewe gehad het wat enige skaap ooit kan van droom. Meiskind sal terug gaan na haar trop en ons huis sal so bietjie stiller-boring-leeg wees. Dis jammer dat ons jaar nou so moet begin maar ek is regtig bly ek het vir Skaapie gehad en kon hom darem met julle deel.

 Die Wit Hasie

Advertisements

11 responses to “‘n Baie Donker Dag

  1. Ag nee! Ek is SO jammer om van jou 4potige-kindjie se dood te hoor. Mens rou net so oor n dier soos oor een van jou familie. Hy het n wonderlike lewe saam met julle gehad, en sy kaskenades het al jou blog-lesers laat skaterlag. Sterkte xxx

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s