‘n Bietjie-baie hartseer

a6cb195f61c85ecc4eca08ded69069cc

En die Haas is uiteindelik tuis. Na drie dae se ry en alles van boeke tot klere wat nat geword het al was dit toe onder die seil, het ons dit tog gemaak tot by ons plekkie in Zim. Ek het Skaapie se graf heel eerste gaan besoek en dit was emmers vol trane. Selfs House Manager het saam gehuil terwyl hy verduidelik het van Skaap se laaste dae en hoe swaar dit vir hom was om alleen hier te moet sit en niks vir Skaap te kan doen. Dis moeilik om vir mense te verduidelik hoe vreeslik hartseer ek is oor Skaap. Ek het daardie ou dingetjie meer as een keer terug gebring van die dood se rand. Soms elke half uur opgestaan om hom te versorg en die loopmaag skoon te maak. Selfs saam hom op die grond geslaap met sy maer ou lyfie teen myne. Dit voel of ‘n stukkie van my skaduwee weg is. Asof iemand ‘n hap uit dit gevat het en nou lyk niks reg nie. Mense sal dink ek is simpel om so gebroke te voel oor ‘n skaap, ‘n ding wat mens gewoonlik eet, niks meer as ‘n dier nie maar vir my was hy soveel meer.

Ek rou wraggies oor my skaap. Ek huil oor verdomp alles. Vanoggend se trane was omdat Manlief games speel en nie met my wil praat nie en toe omdat ek nie die nuwe stoel aanmekaar gesit kan kry nie en toe omdat hy my terg dat die stoel nie reg is nie. Ek het selfs gehuil omdat daar nie warm water is nie. Hasie is ‘n mess en besig om haar kop te verloor. Dit lyk of Skaap ‘n hap van ‘n giftige plant gevat het en toe oujaars siek geword het. Die Vet vir hierdie area was nie beskikbaar en teen Dinsdag wat hy wel kon uitkom, was dit reeds te laat. As ek maar net vir House Manager gewys het van die liquid paraffin en die stress poeier, dan kon hy dalk Skaap aan die lewe gehou het tot hulle hulp kon kry. As ek maar net hier was…

Gisteraand het ek my verbeel ek hoor iets soos ‘n kat of dier wat roep. Ek het opgestaan en die sitkamer vol vuurvliegies aangetref. Dit het gelyk of iemand kersliggies in die lug gegooi het. Buite was daar nog meer. Dis die eerste keer in jare wat ek vuurvliegies sien en die eerste keer in my lewe wat ek so baie sien. Ek het op die trappie gesit en gehuil tot my oogies brand want dit was so mooi en ek is seker dis maar “iemand” se manier om te troos. Ek sal graag so wil glo.

Dit reën vandat ons gister hier gestop het en dit voel amper of die natuur saam my huil. Oor ‘n blêrrie skaap. Ek begin nou verstaan hoe ouers wat kinders verloor nooit ooit weer herstel. As dit vir my so erg is om my skaapie te verloor, dan wil ek nie eers probeer dink hoe dit moet wees om ‘n kind te verloor nie. Lank gelede het ek ‘n tannie geken wat haar dogter in ‘n karongeluk verloor het en sy het nie een dag laat verby gaan sonder om oor haar dogter te praat nie. Hulle reken dis kanker wat haar dood veroorsaak het maar ek is vandag meer as ooit seker sy is dood van ‘n gebroke hart.

Ai mense, die Desember het so baie ouers kinders verloor. Pragtige wit kop seuntjies wat verdrink of mooie meisiekinders wat vermoor is. As jy vandag vir ‘n oomblik ‘n gap tussen al jou besige gedagtes kry, stuur ‘n bietjie hoop en liefde en geloof vir daardie mense wat hulle 2017 met ‘n halwe skaduwee begin en wie se harte nooit weer heel sal wees.

Die Wit Hasie

Advertisements

13 responses to “‘n Bietjie-baie hartseer

  1. Baie dankie almal. Ek is nou nie mooi seker wat ek oor gaan skryf nie. Ou Skaap was ‘n celeb hoor. Ai, hoe mens so geheg raak is net verkeerd hoor. Hopenlik sal ek binne kort iets kan skryf wat nie so flippen depressing is nie 😉

    Like

  2. Baie jammer om te hoor. Mens besef dit nie altyd nie maar diere het personality. Hulle het gevoelens – anders sou hy jou nie as sy ma aanvaar het nie. Dit was jou kind gewees en jy het goeie rede om te rou. gun jouself dit.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s