Kom ons praat gou “safety”

download.jpg

Mense, dit reën ‘n koekhou in SA. Vandag maak ek my twitter en facebook oop en sien hordes fotos van mense wat weer loop versuip in die water. Hoekom? Want die taxi drywer is ‘n moroon en mense dink hulle weet iets van water. Jy is Jon Snow, You know nothing as dit kom by water. As jy sien daar is ‘n stroom oor die pad, soek ‘n ompad asseblief. Veral as jy ‘n klein kar ry wat lyk soos ‘n hardlywige skilpad. Daardie “stroompie” gaan jou soos ‘n ou kous in ‘n wasmasjien rol. Dit was vir ‘n lang tyd baie warm en baie droog so die grond weet nie wat om met al die water te maak nie. Die ANC is ook dom sotte wat toelaat dat mense bou net waar hulle wil en dit beteken die water se gewone roet is nie meer daar. Water stop vir niks, nie eers jou 4×4 nie oom en dus vra ek dat jy liefs oorversigtig is en ‘n uur later by die huis kom oor jy ompad moes vat, as wat ons van jou lees.

Ek weet dis moeilik om te dink dat jou huis kan onder water beland maar dit gebeur. As jy sien die water raak nou te erg, sit die krag af want jy gaan lekker rondspring as die vonke begin spat. Onthou dat brakenjan nie so goed soos jy kan swem so moenie van jou viervoet vriende vergeet as daar baie water is nie. Moet ook nie huiwer om ‘n tassie te pak en elders te gaan chill vir ‘n ruk as jy sien die water trek al by jou kuite. Jy hou dalk nie van jou sussie en haar kras man nie maar jy sal droog slaap en nie deur Netcare gered hoef te word nie. Moenie kla oor die reën nie al is dit hoe erg. Jy kan altyd weer droog word maar as daar nie genoeg water is nie, dan kan ons nie eet nie.

Om alles op te som, moenie ‘n poephol wees en dink jy weet iets van water nie. Wees eerder te versigtig as wat jy “drift wood” word.

Die Wit Hasie

Advertisements

6 responses to “Kom ons praat gou “safety”

  1. hehehehe ek is mal oor jou humoristiese ware feite… nou as almal net vir ‘common sense’ wil luister ne…. maar kyk maar die nuus en jy sal sien een of ander aap het weer gedink hy gaan die Apies Rivier trotseer.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s