‘n Propperse huisvrou…

…Is opgewonder oor haar nuwe wasmasjien. Ok, so dis nie ‘n reël nie maar ek reken elke vrou raak so bietjie opgewonde as sy ‘n nuwe masjien in die huis kry. Of dit nou ‘n wasmasjien, tuimeldroë of die “big daddy” van geskenke is naamlik die skottelgoedwasmasjien, elke vrou is opgewonde. Dis nie omdat ons 50’s housewives is nie maar omdat ons lewe net ‘n bietjie makliker is as ons nie bv skottelgoed hoef te was nie. Ek het ‘n wasmasjien gekry die Desember en as die reën net so bietjie wil wag, dan kan ek ook my nuwe speelding toets. Jy sien, ons het vir meer as ‘n jaar nou al nie een gehad nie en House Manager was maar die Defy gewees. Dit vat amper ‘n hele dag om klere met die hand te was, dis nooit so mooi skoon soos met ‘n masjien nie en omdat daar nie ‘n “spin action” is nie vat dit ook heeldag om droog te word. Nou gaan ek alles in een oggend kan doen en voor die son te laag sit sal ek als in die huis kan hê. Ek het ook van skoonma af ‘n stoomstrykyster gekry en ek weet nie hoe ek my lewe lank sonder een klaar gekom het nie. Nou kan ek alles stryk sonder om iets te brand (gewoonlik myself, elke.liewe.keer!)

As ons huis nou net wil ophou uitmekaar val dan sal die lewe darem nie te bad wees nie. Die dak lek in die sitkamer, badkamer, kombuis en opwas. Gister het die water tank oorgeloop en al daardie water het by ‘n gat onder teen die muur ingespoel. Die hele sitkamer was onder water en ons het drie ure gespook om dit gestop te kry. Ek is vandag so styf dat ek skaars kan roer. Nou wil ek graag ‘n warm bad gaan vat maar die geyser het gebars (gelukkig buite) en ek moet nou eers potte water kook voor ek kan hare was. Hier is bad juju oor ons al van Botswana af. Ek het wierook gebrand en mooi gepraat met wie ookal kan help maar hierdie juju plak. Wat ek nie verstaan nie is dat ek en Manlief net super nice was met alles en almal oor Kerstyd so wat de donner is karma se probleem?!

Mag julle ‘n beter dag hê en mag julle week bad juju vry wees.

Die wit Hasie

Advertisements

3 responses to “‘n Propperse huisvrou…

  1. Nee shit al die stront so op mekaar? Ek sal vlug na die naaste gastehuis en ‘n “ransome note” los: “Bel my as al die kak uitsorteer is, dan kom ek terug!” Baie sterkte!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s