Ek is ‘n boer sonder ‘n plaas

Die ander dag speel daar ‘n toneel voor my af wat my nou nog moerig maak. ‘n Swart man (duur klere en duurder cologne) staan met ‘n ewe grand blanke Afrikaans dame en gesels. Dalk werk hulle saam soos ek die storie luister. Dis eers geselsies oor mekaar se gesinne en dan gesondheid en uiteindelik kom hulle by die land en sy dinge uit. Hulle praat oor die stront wat die ANC maak en die vrou moan dat swart mense moet ophou stem vir die ANC en liewer vir die DA stem. Die man antwoord toe

“Yes, but you Boere must also vote DA and not those other ones so we all go on the same road.”

Net daar vererg daardie vrou haar en in haar mooiste Engels antwoord sy

“I am not a BOER. I don’t have a farm. If you must put me in a group then rather say I am a Afrikaner.”

En net daar vererg ek my vir daardie vrou. Kyk, deesdae word die woord boer net soveel as ‘n rassistiese vloekwoord gebruik soos die vreeslike K-woord. Jy hoor gereeld vir rooi pet Juju stront kwyt raak oor boere en dis nou nie daai met die plaas nie. My ding is net, ek het nie ‘n plaas nodig om ‘n boer te wees nie en jy behoort trots te wees as iemand jou misgis vir een. Ek is een deur bloed. Dit was nie die Anglo- Afrikaneroorlog nie en dis nie die Afrikaner wat die Britte so bang voor was nie. Dit was die “Boers” wat die khakis so benoud gehad het dat hulle duisende vrouens en kinders in kampe moes gooi net om te wen. As iemans sê Afrikaner dan staan my nekhare regop want al wat ek sien is ‘n swart en wit beeld op tv van ‘n effense bles oom wat van ‘n verhoog af, soos ‘n begeesterde dominee praat van hoe die Afrikaner homself moet beskerm…deur grensoorlog en apartheid. DIS wat ‘n Afrikaner vir my is, onder die orjana-blanja-blou waar hulle ons landgenote ‘n sjambok gegee het om ons veraltyd mee te slaan naamlik “Apartheid”. Flippet, en ry hulle nie daardie ou dooie perd elke dag nie ne. Dis ook nie reg nie om nie ‘n Afrikaner genoem te wil word nie, want ek IS ‘n Afrikaner ook. Dis tog die taal wat ek so lief voor is.

Nou deesdae is Afrikaner almal wat Afrikaans praat en dis gaaf man, MAAR “that’s not my culture”. Dink gou daaroor. Ek is so moeg daarvoor om skaam te wees vir my kultuur en my taal en my vel se kleur. Ek is moeg daarvoor om altyd jammer te voel en te sê oor ‘n tyd waar ek nie eers in groot geword het nie. Ek is verby gatvol daarvoor om ‘n rassis genoem te word as ek nie met Zuma se skelm kak saam stem of glo dat Malema ‘n war whore is. Duisende kinders en vrouens is in daardie kampe dood. Duisende lewens veraltyd verander. Duisende mense wat met NIKS van voor af moes begin en hulle het, ONS het want daardie bloed is in elkeen van ons. Gooi ‘n klip in jou familie boom in en jy sal iemand tref wat die Boereoorlog oorleef het of dalk dood is. Ek is ‘n boeremeisie en ek is trots daarop. Ek is wit, ek praat Afrikaans, ek glo in harde werk en ‘n stel waardes wat deesdae uitsterf. Ek hou van braai, glo dat trou is verewig en om jou man/vrou te verneuk ‘n mo@#se sonde is, ek glo in God en ek voel nie skaam as ek kerk toe gaan nie.  Ek gebruik terme soos “volksvreemd” as iemand hulle kind ‘n weird naam soos Sage of Missy gee. En ek boer, al is dit net met ‘n skaap (RIP) en ‘n klein groentetuin.

Ek is ‘n Boer, plaas of de not want om ‘n Boer te wees is soveel meer as jou eie plaas besit. So Mr. Juju kan maar goed soos “fucking Boors” van die verhoog af skree, jy maak my nie bang nie SIR. Een onderwyser het altyd gesê “Julle is afkomstig van ‘n klein volkie wat ‘n hele Empire laat bewe het. Moet nooit skaam wees vir jou vel, jou taal of jou geloof.” Nou ja, of ek nou ‘n Afrikaner of ‘n Boer is…ek is trots either way. boere.jpgen-destroying-boer-farm.jpg

Die Wit Hasie

Advertisements

5 responses to “Ek is ‘n boer sonder ‘n plaas

  1. Dankie vir die deel Hasie, weet jy waaraan het ek weer n kleintjie dood… die stadsjapies, wat nie weet wat n plaas, n mielieland, n trekker en n ware BOER is nie hulle weet nie WAT n boer is nie….. maar dan wil hulle loop onder die “v(f)andel” van n boer… jou hol ou biet… jy ken net van stadliggies en BMWs, en ontwerkpersklere, WAT weet jy van boer en n boer? Het jy al ooit n graf gevat en gewerk? Jou hande vuilgemaak, die aarde geruik?

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s