My diep haat vir skottelgoed

images (5).jpg

Ek weet nie wat is dit nie. Daar is al meer as een blog post waar ek praat oor my haat vir skottelgoed was. Dis nou weer sulke tyd. House Manager is op leave en ek is baie bly oor dit want nou is my huis weer myne MAAAAAAAAAAARRRRRR…die skottelgoed is vir my satansgoed. Die vee en mop gaan vinnig, dis goeie oefening en ek is mal oor wasgoed was as jy dit kan glo. Dis vir my so lekker om daardie vuil klere te omo en stay soft en dan die skoon hemp te ruik voor ek dit in die kas ophang. Alles omtrent wasgoed was, selfs die strykwerk, maak my binnekant stil en kalm. Skottelgoed was is meer soos om gemartel te word. Ek word so kwaad as my man net vir hom koeldrank ingooi want dis nou weer ‘n blêrrie glas wat ek moet was. Die grieke het dit reg gehad om die flippen goed stukkend te gooi. Ek is seker ek was ‘n bedonnerde griekse huisvrou wat eendag my moer gepluk het en alles stukkend gegooi het. Sodra ek sunlight ruik dan begin ek al vloek soos iets wat uit die hel ontsnap het. Manlief weet al hy moenie eers naby die opwas kom nie want my kop kan dalk net ‘n 180 doen, my kakebeen uithak en ek sluk hom heel in. Dit kan gebeur hoor.

Die ding met skottelgoed is, jy kan dit nie los nie. Dit gaan vrot binne ‘n paar uur met hierdie hitte. Dit, en jy kan seker nie stirfry van jou skoot af eet nie ne. Nou sit ek hier en wonder, hoe het dit gebeur dat EK ‘n hele blog post doen oor skottelgoed en huis skoonmaak? Kyk, ek was nie die “hottest chick” by die party nie maar ek was darem een “hot potato” gewees. Elke dag is die hare gedoen en die gesiggie geverf en mooi-moois aangetrek om te gaan admin. Woensdae was Klein Saterdag en dan was dit cocktails, gevolg deur Puza Thursdays en dan gaan specials jy en die “girls” en Vrydae het jy gaan dans en miskien ‘n bietjie geflirt. Nou kan ek kaalgat in die huis rond hol en Manlief gaan bloot net die wyn wegsteek (ek het my vermoë om te flirt verloor) en as ek make-up aan sit gaan dit smelt nog voor ek eers die sitkamer klaar gevee het. Ek was nou nie juis ‘n model nie maar ek was darem so bietjie glamorous en nou wil my hond sommige dae nie eers met my cuddle nie.WTF?! Ek is 30, ‘n huisvrou en my idee van sexy is ‘n paar skoene wat gemaklik is en sole het soos ‘n 4×4 se wiele. Een ding kan ek julle verseker, dis nie wat ek in gedagte gehad het toe ek in matriek was nie hoor. En tog kan ek nie aan enige iets anders dink wat my meer gelukkig sal maak as om net hier te wees, saam Manlief en die dieretuin, besig om uit te zen met wasgoed en slaying demons whilst washing dishes.dbb50aa9383fb44bbc483b96bdded3d6.jpg

Miskien maak omstandinghede jou nie gelukkig of ongelukkig nie, miskien maak ‘n persoon nie jou hart sing of jou trane rol, dalk het dit meer te doen met hoe jy KIES om dinge te sien en te hanteer. Miskien lê die “key to happiness” nie buite jouself nie maar in die bril wat jy dra wat die wêreld soos ‘n roostuin of ‘n mishoop laat lyk. So ek is ‘n thirty-something housewife, sassy diva, ‘n skrywer in my own mind en ‘n filosoof.

En ek is heel happy met dit.

Die Wit Hasie

PS Ek skryf hierdie blog so stadig as moontlik want daar wag klein satans in die opwas download (1).jpg

Advertisements

7 responses to “My diep haat vir skottelgoed

  1. Oplossing: spaar so paar randjies op en koop vir julle ‘n skottelgoedwasser – dit klink of dit jou sanity en huwelik sal red, hehe 🙂

    Like

    • Ongelukkig is daardie goed vrek duur in Zim en dan is het HM niks om te doen as hy terug is want jy sien, ons hou hom eintlik net om na die diere te kyk as ons weg is. Maar mens kan nie ‘n ou aanstel net vir dit. Eendag as ons in SA weer bly dan sal ek vir my so ‘n wonder masjien kry soos jy van praat

      Like

  2. Jy moet dalk in n skottelgoedwasser bele, ag maar aan die ander kant is dit net tydelik terwyl hy met verlof is. Ek HAAT ook skottelgoed was dit maak my rug pyn en my hande droog… en ek hou glad nie van stryk nie.
    Sterkte, hoop nie hy is te lank weg nie

    Like

  3. Haha!! Ek kan so relate! (Maar nie met die wasgoed deel nie..) My tannie het ‘n gediggie in haar kombuis gehad oor skottelgoed en die enigste reëltjie wat ek oor die jare kon onthou was die laaste twee:
    Dis die skottelgoed wat wys
    daar is kos in die huis

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s