Dis ‘n vloed

Heavy-rains.jpg

Of baie naby aan een. Van dat ons Saterdag hier in Zim gestop het, reën dit. Gister en eergister het dit darem deur die dag opgehou maar jy word wakker en jy gaan slaap met die getimmer op die dak. Dit reën nou vir amper 12ure aan een en ek praat nie van sagte misreën nie, dit sous. Die probleem hiermee is dat die grond as te ware nou versadig is. Die water sak nie meer weg nie en dit begin knaag aan my senuwees. Om uit te kom by ‘n plek waar daar kos aangekoop kan word, moet ons oor ‘n klom lae water bruggies en ‘n groot oom brug of vier ry. Ek begin net wonder hoe maer ek gaan word as daardie oor pad nie meer daar is nie. Nie dat ek kla nie, ek geniet hierdie weer al kan ek nie wasgoed droog kry nie. Baie mense raak depro as dit so baie reën en jy sien nie die son vir dae nie maar vir my is dit hemels. Ek vermoed in my lewe voor die een het ek in ‘n plek soos Ierland of ‘n woud waar dit net reën en koud is gebly. My hart sing as dit reën en dis asof my brein ook sommer beter werk. Ek is so nie ‘n son en somer mens nie!

c0822d54d1dea0f82438f37f3b9e9249.jpgNou ja, ek het nie die stats vir hoeveel reën ons al van Saterdag af gekry het nie maar ek sal graag van julle af wil hoor hoe lyk dinge daar doer in SA. Is dit net ons wat so ampertjies wegspoel of kry jy ook jou polly-otter reg? Vandag gaan hierdie Haas haar sims bietjie update (ons het toddlers gekry for free en regte simmers sal verstaan hoekom dit kersfees is vandag) en dan gaan ek iewers tussen dit alles met ‘n koppie koffie onder die kombers inkruip en begin my Harry Potter boek. Daar is van julle wat nou iets vreeslik frons want hoekom sal ek nou NA al die movies die boeke wil lees? Want, my liewe vriend, die fliek is altyd net die tip of the iceberg. EN ek is oortuig daarvan dat J.K Rowling eintlik ‘n wizard is want sy praat heeltemal te maklik oor Harry se wêreld, so asof sy al daar was of selfs daar groot geword het. Ek is so jaloers op daardie vrou dat dit my sooibrand gee. Hoe de hel moet die res van ons wat “skrywers” wil wees, ooit verwag om so goed te skryf? Sy maak my eintlik depro.

Die Wit Hasie

Advertisements

4 responses to “Dis ‘n vloed

  1. Vir my is baie reen ook hemels, Hasie. Hier in Magalieskruin, Pretoria het dit heerlik gereen vir vier dae en ons agterplaas was amper ‘n swembad. Nou het ons al drie droe dae en ek verlang terug na die reen

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s