Kom ons skei

Want skei is mos maklik. Die week lees ek weer van celeb paartjies wat skei…na sewe jaar. Laat dit gou insink. Net sewe jaar en hulle reken “Nope, die kak is nie vir my nie.” ‘n Ander tw@t “The Weekend” nogal, reken dat hy eers sal kinders kry voor hy trou want dis hoe “big a deal it is”. Askies? Nou as ek jou hare so kyk het jy mos plenty baie op jou kop geval maar na daardie stront reken ek jou ma het jou in die dakfan ook gegooi. Hoe op aarde reken mense dat, om kinders by iemand te kry is makliker en minder scary as om met daardie persoon te trou? Jy is f@@$@# mal man!! Dis die boodskap wat die klomp pisgatte die wêreld in stuur. En jy is ‘n pisgat (of wat is kat in hollands nou weer?) as jy nie eers sewe jaar met ‘n persoon kan hou nie. Vir wat het julle getrou dan?

Dit verstom my elke dag hoe maklik mense trou net om baie kort daarna te skei. Jy maak ‘n bespotting van die huwelik en jy wys net dat ek kan jou nie as persoon ernstig opneem nie. (*Daar is baie goeie redes vir skei soos mense wat rondslet maar hierdie stuk sluit dit nie in nie) Ek en Manlief is nou eers vier jaar saam en elke liewe dag leer ek nog iets nuut van hom. ELKE.DAG. Soms voel dit vir my of ek tot die dag van sy dood (as hy aanhou my verpes gaan hy verseker eerste gaan) nooit alles van hierdie man sal weet nie. Nou wat op aarde gaan in jou lewe aan dat jy op sewe jaar skei, julle leer ken mekaar steeds en nou wil jy skei? Toe ons getroud is het Manlief vir my gesê hy is baie bly ons het nou die groot stap gevat want nou kan ek nie weghardloop as dinge rof raak nie, nou moet ons dit uit praat. En hy was reg, dit was my manier. Ek haat konflik en sodra ons begin baklei dan wil ek alles los en vlug. Is dit wat dit is, mense kan nie meer met mekaar praat nie? Teensy dit op ‘n foon is natuurlik en sonder daardie foon weet die vrou en die man nie hoe om die probleem uit te sort nie. Of bullshit die wêreld media ons om te glo dat daar altyd iets beter om die draai is en dis hoekom baie mans nie hulle pikkies vir hulself (of hul vrou) kan hou nie?

Trou is nie perde koop nie en mense het dit blykbaar vergeet. Skei is nie die eerste plek waarheen jy moet hardloop as dinge rof raak nie. Ek het vir Manlief belowe dat niks so erg is dat ons nie met tyd deur dit sal kan beweeg nie. My enigste deal breaker is as hy gaan rondloop. Then I kill you. My ouers, my skoonouers en my oumas en oupas is almal nog getroud. My skoonpa werk in ‘n ander land en sien my skoonma minder as 5 keer ‘n jaar en steeds is hy dol verlief op haar, regtig. Dit laat mens giggel as jy hulle saam sien. My pa se ouers het baklei dat die stront spat maar hulle het bymekaar gebly en op die ou einde is my ouma dood van ‘n gebroke hart, minder as twee jaar na my oupa se dood. My ma se ouers het weer oor die 50jaar op hulle huweliksstokkie en steeds verpes my oupa my ouma so erg, dat sy hom gooi met iets en dan lag hulle. Was dit altyd maklik vir al die mense? Not de hel! Daar is al baie gedreig “ek gaan jou los” en baie by sussies of skoonsussies gaan oorslaap tot die kwaad bedaar maar een ding is verseker, opgee was nie ‘n opsie. Want die mense het verstaan dat daar is nie beter net om die draai nie, liefde is wat dit beter maak.

My ouma se raad aan my was “probeer om nooit apart te slaap as julle vir mekaar kwaad is nie. ‘n Koue bed maak vir ‘n koue hart en as jy langs hom wakker word, sy gesnork hoor en sien hoe sag hy rus…dan word jou kwaad ook ‘n bietjie sagter.” Ek volg haar raad en soms wil ek hom saggies versmoor met die kussing maar dit laat my net besef ons is op die regte pad. Hulle het mos gesê tot die dood ons skei, nie die regter nie. Daar is natuurlik ‘n 100 goeie redes hoekom mense skei en sommige mense moes net nooit saam gewees het nie. Soos ek sê, dis nie online shopping nie. Jy moet baie mooi seker wees van jou saak voor jy trou. Jy moet jouself baie goed ken voor jy die ja woord gee want jou maat kan nie die gat wat in jou is vul nie, dis nie hulle werk nie. Jy kan nie verwag iemand anders moet jou gelukkig maak nie, dis jou werk. Julle is saam vir ‘n duisend en een redes waarvan drie oor jou behoort te gaan. Dink net hoe mooi ‘n huwelik sal wees as ALTWEE van julle nooit selfsugtig is nie maar elke dag opstaan om die ander persoon gelukkig te sien. Hel, dink net hoe ons wêreld sal lyk as mense dit buite hulle huis ook toepas.

Anyway, nie elke persoon is so nie en nie elke huwelik gaan hou nie. Mense is assholes. Ek hoop net dat sou so iets met my moet gebeur, ek darem kan sê “I gave it my all”

Van hier uit ‘n baie nat Zim groet ek julle.

Die Wit Hasie

Advertisements

23 responses to “Kom ons skei

  1. Liewe Hasie…ek hou van hierdie blog wat jy geskryf het. Ek stem so saam…ek is ‘n geskeide vrou, my x wou skei en ek wou dinge uitgewerk het…maar a.g.v. ehm…slegte vroue buite het hy ons gelos…dis al 7 jaar en ek is steeds alleen. Die wet maak dit te maklik vir mense om uit hul huweliksbeloftes te loop. My x het net gesê hy het nooit ‘n gelofte voor God gemaak nie…skei is moeilik…soms wroeg ek nog daarmee, maar hoop om eendag iemand te ontmoet wat die huwelik as eerbaar beskou…weereens dankie…

    Like

  2. Sjoe Wit Hasie, jy is darem baie kwaai so vroeg in die jaar! Daar was ‘n artikel in die Huisgenoot oor skei wat ook nie perde koop is nie. En daar is baie mense wat ook se dis deesdae te maklik om te skei. Ek stem nie heeltemal daarmee saam nie, tensy jy natuurlik baie geld en ‘n vinnige prokureur het. Niemand van ons trou met die idee dat ons ooit eendag gaan skei nie. Ons gaan almal in ons huwelike deur minder lekker en baie harde tye. Dis beslis ‘n keuse om daaraan te werk, of dit net te laat gaan. Met moeite het ek ook geleer dat mens konstant aan jou huwelik moet skaaf en nooit jou maat as vanselfsprekend moet aanvaar nie. En vica versa natuurlik. Wens ons kon dit vir hierdie mense vertel wat so maklik skei en dan sommer weer in ‘n japtrap verloof raak….

    Like

    • Dis nie geskryf as kwaad nie, dis geskryf as “wat gaan aan met mense”. Verstaan mooi, ek oordeel geen een wat skei nie.Dis seer en dis moeilik en gewoonlik het mense baie goeie redes maar soos EkWasHier sê vir sommige soos haar x is dit net te maklik om te loop. Dis meer op sulke mense gemik en op die wat dink as ons trou en kleintjies kry dan is alles mos shap. En hierdie freaking celebs wat sommer so trou en los en dan weer trou en weer los, laat kinders van vandag dink “ag dis okay as ek en die knaap nie meer van mekaar like nie, dan waai ek net” Dis nie hoe dit werk. Dis al

      Liked by 1 person

      • Ek stem saam – celebs vergeet hoe baie jong mense na hulle opsien en hulle sien as rolmodelle. Ek verstaan ook nie die “kinders by die dosyne”, en dan trou pappa en mamma jare later, maar dan veroorsaak daardie stuk dokument meer suur’geid as enige iets anders. Wat gaan aan met mense – ek vra dit baie baie gereeld!

        Like

      • En so laat ‘n vriendin my vanmiddag weet dat sy en haar man uitmekaar gaan vir ‘n rukkie. Hy het nou al amper ‘n jaar ‘n verhouding met iemand anders. En die huwelik met my vriendin is reeds sy tweede huwelik. Wat gaan aan met mense….?

        Like

  3. Jong, jy praat waar.
    Soms het ek by my manlief gebly omdat ek wil, soms omdat ek moet, soms omdat ek nie weet waar anders om te gaan nie. Soms het ek gedink, as ek hom nou los, het ek mos al die jare verniet vasgebyt. Maar die rede hoekom ek omdat ek by hom gebly het vir 31 jaar, is omdat ek regtig lief is vir hom. Hy is my maat. Hy maak my soms kwaad en ek vir hom, maar die opmaak is sooo lekker. Ek droom nog van hom, mooi drome. En nou voel dit soos ‘n marathon wat al oor halfpad is, ons het al soveel dinge saam meegemaak, hoe kan ons nou opgee? Ons verstaan mekaar, soms beter as ander tye, maar nou kan ek meer as ooit sê: Dit was oor en oor die moeite werd om eerder deur die moeilike tye vas te byt as wat dit was om te vlug.
    Maar hy het my nooit verneuk nie, of aangerand nie. So dit maak dit dalk anders?

    Liked by 1 person

  4. Skei het goedkoop geword. Letterlik… minder as R2000 as iemand dit nie teenstaan nie. Dis ook heel maklik. Daar is ‘n prokureur daarvoor om elke hoek. Ek was geskok toe ek dit ‘n ruk terug hoor; ja – want ek het dit BAIE ernstig oorweeg om maar te skei. Ek vermoed dis Toortsie se kommentaar, “ek gaan nêrens”, en haar vertelling van haar eie storie wat ek besef het dat ek nie kan nie. Eerstens omdat ek nie moed opgee in my het nie en tweedens omdat ek net so onsaglik lief is vir my man. Ten spyte van ALLES en nog wat. En ek glo steeds dat die liefde werklik álles kan oorwin!

    Like

  5. Ek stem so saam met jou – mense probeer net nie hard genoeg nie. Mens moet begin met die idee dat mens wil getroud bly en wil dit probeer uitsorteer. My dealbreaker is as iemand geweldadig raak – dan is dit verby. Ek dink oor ontrouheid kan ek dalk nog redeneer – dalk!

    Liked by 1 person

  6. Man, ek hou van hierdie haas. Self geskei en weer getroud, kan ek met gesag sê: jy het hom, in die kol. Om te weet jy het alles gedoen wat jy kan en meer om te keer. . . dis wat jou dra. En ook die besef dat nooit net een van ons verantwoordelik is vir n geskei nie, . . diit laat jou leer. Ek hou daarvan dat jy sê ons moet leer, elke dag leer. Kolskoot sê ek jou.

    Like

  7. Terug pieng: Julle wat so maklik skei, skei praat…lees hier! | Lekkervurigeaffêre·

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s