Hoe weet jy of jy dom is?

Vir baie jare het ek geglo dat ek slim is omdat ek dinge geweet het wat die mense om my nie geweet het nie, omdat ek stories uit die lug kon pluk en soos ‘n feesmaal opdien, omdat ek nie veel boobs gehad het of mooi boudjies nie en mos dus maar op die breins staatmaak. Deesdae voel dit nie vir my of ek baie slim is nie, seker omdat as ek mense sien dan gesels ons oor nitty gritty kak wat nie juis veel vir die breinselle doen nie. Dis wat gebeur as jy mense min sien. Dit voel vir my of my brein ‘n 100m atleet was en nou is my brein iets uit honey boo-boo. Hoe weet jy of jy dom is? En hoe oefen jy jou brein tot hy weer ‘n 100m atleet is?

Wat was ek besig om te skryf? Dit gebeur baie. Ek staan op om iets te gaan doen en dan…..het ek geen idee hoekom ek hier is nie. So ek staan en rond kyk en wonder wat wou ek doen. Wel ek is halfpad na die wasmasjien en kan dus maar net sowel wasgoed doen. Terwyl ek besig is met dit, onthou ek hoekom ek opgestaan het en glip gou by die badkamer in maar daar is water op die vloer en gaan haal die mop maar ek onthou dan om die steak uit die vrieskas te haal maar aangesien ek nou in die kombuis is maak ek vir my koffie maar wil rook en stap sitkamer toe om my rookgoed te kry en sit dan uiteindelik om my show te kyk…hoekom het ek nou weer opgestaan?

Word ek dom, mal of oud? Ek verkies mal. As jy mal word en ‘n skrywer is dan aanvaar mense dit as normal. Asof dit so moet wees. Maar as die brein gaan omdat jy ouer word dan is dit net depressing en die ander opsie sal ek nie mee kan saamleef nie. My brein is al wat ek het. Ek is nie snaaks nie, ek is nie sexy nie en ek is nie ‘n rykgat nie, ek is maar net slim. Dalk is ek verveeld en dis hoekom die brein in screen saver mode gegaan het. Yes, that’s it.

Die Wit Hasie

Advertisements

4 responses to “Hoe weet jy of jy dom is?

  1. Weet jy Hasie, soms raak ons in ‘n ‘groef’ en te veel roetine maak ons ‘stomp’, ons vergeet om onsself te ‘treat’ deur nuwe dinge te doen. Ek vind dat as ek soms breek van my roetine dat die tipe simptome wat jy toon minder raak. Glo my roetine is nie altyd goed nie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s