Wees Liefs Kwaai

Onlangs het The Sims 4 ‘n nuwe update gerol wat vir jou kleuters gee om mee te speel. (Wait, what? That doesn’t sound right) Ok, wag, byt vas…wat ek bedoel is jou baba word nie nou dadelik ‘n kind as hy verjaar nie maar eers ‘n kleuter. Hulle is baie naby aan die real deal, met tantrums en die huis omkrap as my sims net gou gaan piepie. En om op die weirdste plekke aan die slaap te raak, terwyl my sim vir ure al probeer om hulle in die bed te slaap. Die vakansie het ek ook baie tyd met die sussies se kinders spandeer en alhoewel hulle bietjie ouer is, kan mens sien die EA span het hulle huiswerk goed gedoen. Jy moet jou kleuter potty train en gereeld kyk dat hy gelukkig is en natuurlik hom heeltyd entertain anders breek hy jou huis af. En so laat dit my dink oor kinders grootmaak.

Hierdie Desember was ons weer tussen mense en ek het niks daarvan gehou nie. Veral nie die mense se kleingoed nie. Die sussies se kinders is nou al bietjie ouer en dis makliker vir hulle om sekere goed te verstaan soos “Gaan speel asseblief maar nie hier tussen die grootmense nie.” of “Ouma is besig met die kos so jy gaan nie nou chips eet nie. Hier’s druiwe.” en die tantrums is klein genoeg om te ignore. MAAR wat ek in die winkels en in die dorp rond gesien het, sê vir my dat my lewe nog baie moeilik gaan wees. Hoekom? Want julle met die kinders besef nie dat jy nie net daardie goedjies van jou grootmaak nie, jy maak hulle groot om tussen ander mense in te beweeg en meeste van julle doen ‘n KAK JOB!! Nie een keer nie, nie twee keer nie maar byna elke keer as ons dorp toe gaan het ek die gevoel gekry dat ek ‘n kind wil knyp en dan sy ma wil klap. Die goed skree vir alles. “Ek wil ‘n chipppie hêêêêê!!!!” en dan klim daai stem tot die glase bars en wat doen mammie “ag toemaar my liefie, ons is nou klaar dan kan jy die chippie kry” dan skree die bliksem net meer. Of wat van die wonder kind wat met sy trollie bly vas ry het teen my en ander mense wat shop. Sy wonderlike ma het net gesug en heel rustig gesê “Damian (watse stupid naam is dit in any case want dit beteken “to tame” en jy fail hoor) los nou die trollie toe. Moenie. Pasop die mense” en dan sal die klein snot net skree “NEE” as sy die trollie probeer vat. Ek is nie trots hierop nie, maar toe ek ou Damian daar by die frozen foods kry en hy weer in my vas ry toe stamp ek met my vet gat so hard teen sy trollie dat die ding amper oor hom ry. Hy was geskok en begin natuurlik skree, sy ma kyk met groot oë na my en ek het net lekker verder geshop.

images (1).jpg

En die groot ek-gaan-jou-kind-donner gevoel kom as ek met jou praat en jou klein brat wil of sy twee sent las of hy “mamma-mamma-mamma” jou die hele tyd en ek moet harder praat om oor jou kind te praat en jy is doof. Nope. Ek draai om en loop en ons sien mekaar as jou kind ouer is en miskien beter. Gewoonlik nie want dan sit daardie kinders viervoet in die geselskap en PRAAT SAAM. Jy weet, jy dink dis blêrrie oulik om jou kind alles te gee wat hy wil hê of om sulke klein goedjies (in jou mind) te los maar jy maak ‘n las groot. Daardie klein prins gaan dink alles moet om hom draai want die ouers en grootouers laat hulle dink dis hoe dit werk. My Manlief sort kinders in ‘n geselskap baie vinnig uit, hy vat ‘n paar groot slukke whiskey en begin dan vloekwoorde gebruik so gereeld as wat mens asemhaal. Dan sal die pappies en mammie die kleintjies vinnig van “oom vark” weg kry. Maar dis verdomp onnodig. My pa het altyd gesê sy kinders moet ‘n plesier vir ander mense wees en ons is groot gemaak met daardie stel waardes wat duidelik in hierdie lot nie is nie. Wanneer ons by iemand se huis kom, het jy al die grootmense gaan groet en dan spore gemaak. Honger, slaap of bloed is al wanneer jy dit gewaag het waar die grootmense kuier en dan het jy saggies met jou ma gaan praat, sodra sy klaar gepraat het.

images.jpg

Ek weet ek rant en rave so bietjie vandag maar dis asof ouers deesdae so bang is hulle maak die kinders se gevoelens seer, dat anything goes. Jy weet jy is hulle ouer en nie hulle pêl nie ne? Hulle gaan jou haat oor iets een of ander tyd, so what. Eerder nou die regte fondasie lê as om ‘n shack met super glue later aanmekaar te probeer hou. Kinders gaan verskonings soek om assholes te wees “Julle is nooit by die huis nie, ons kry nie genoeg liefde nie” blah blah blah. Dis net ‘n guilt trip want elke kind is so bietjie van ‘n psycho voor hulle die grootmense wêreld betree. Maak hulle eerder groot vir wat op hulle wag. Base wat geen genade het, baie vroeg opstaan en baie laat gaan slaap, werk tot jy huil omdat jy moeg is en hoe om hulle eie lewe te run. Hulle kan nie grootmense met kinders wees en steed na jou toe hardloop met “my landlord is nasty met my” en verwag jy moet dit uitsort nie. Nee kom nou mense, ek wil nie die weirdo wees wat jou kind trip as hy verby my tafel hardloop en vir die soveelste keer my koeldrank amper omstamp nie, moenie my dwing om goed in jou trollie te gooi soos kondome en lubes en uit-hou-pille nie (altyd lekker om te sien hoe gaap hulle soos visse by die tille, veral as die kleintjie met dit sit en speel) moenie ‘n las vir almal om jou grootmaak nie. Wees maar ‘n kwaai ouer, ek belowe jou dat jou kinders later sal dankie sê. Ek sê elke dag dankie vir myne.

Die Wit Hasie

Advertisements

11 responses to “Wees Liefs Kwaai

  1. Goed gesê. Ek like die idee van kondome in die waentjie gooi. Dis net jammer goeters soos Fleshlights en dildo’s word nie in die plaaslike Spar verkoop nie.
    Ek sal Mamma se gevreet wil sien as dit by betaal kom en boetie speel met een van hulle of sy moet verduidelik sy wil nie so iets hê nie…

    Like

    • Hahaha!! As die goed nie so duur was nie, het ek voorraad gekop NET VIR DIT. Ek verstaan mense is moeg en kinders grootmaak is no joke maar magtig man, niemand het jou gedwing om hulle te kry nie so maak hulle reg groot.

      Like

      • Oe! Dis nog beter. Imagine die embarassment as die kassier boggeroll aandag skenk (soos hulle maar doen) en hard vir die manager gil: “Bob! This Monster Dildo this lady wants is not on the system!”

        Like

  2. Blykbaar weet jy niks as jy nie kopbeentjies van jou eie het nie, so word ek vertel. So nou sharrap ek. Maar ek gluur met ‘n kyk wat blykbaar verf kan stroop en kinders bangmaak

    Like

    • Mens hoef nie jou eie kinders te hê om te weet as iemand anders sin ‘n pes, las, stoutgat, pyn in die gat is nie. Ek hoef nie ‘n hond te besit om te weet die buurman sin se blaf maak my mal

      Like

  3. Whahahahaha lyk my jy het die parenting ding mooi onder die knie. Well done! Miskien moet dit jou eerste boek wees. How to: For all you idiot parents who don’t have a clue…… Sal love om al jou raad te hoor, want uit jou oog punt klink dit soos somme maak. Wit en swart. Die lysie wat ek nooit geweet het bestaan nie.

    Like

  4. Ek het self 3 kids en word soms vertel dat ek soos ‘n “pitbull” is. Maar ek weer om my kinders vir die tronk groot te maak. Daar is ouers wat die ‘sielkundige benadering’ het van kinders grootmaak en daai een werk nooit uit nie. Soos jy sê, hulle sal later verstaan.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s