Dit was amper die einde

potterstewart390058.jpg

Die week het ‘n lelike ding gebeur, ek het so amper my blog delete. Hoekom? Omdat dit oorgeloop het in my “regte” lewe en moeilikheid gemaak het. Ek het gesien hoe blog gebruik kan word om iemand by te kom, te straf, seer te maak en ek wou niks meer te doen hê met hierdie blog ding nie. MAAR soos my ma sê, ek het hierdie nodig vir my sanity en dis waar. Ek werk al ses maande aan hierdie blog, dis nie ‘n hobby vir my nie en ek gaan nie toelaat dat EEN persoon dit op donner nie. Aangesien ek gewetenloos, waardeloos (as dit ooit ‘n woord is) en goddeloos is kan ek nou eerlik waar blog net wat ek wil. Ek is by no means ‘n victim nie, ek laat woede die beste kant van my oorskadu en ek moes mooi gaan dink of ek kan aangaan met die blog sonder om bitter te klink. Natuurlik kan ek! Skryf is MY ding en ek is goed daarmee. Daar is niemand oor op die blog nie, almal is afgehaal met die doel om die blog te delete so ek begin nou van voor af en dis okay.

4216af71f8ffcb9b2759eb632d320e03.jpg

Ek het altyd gedink ek kan nie konflik hanteer maar weet julle wat, ek het gesien hoe ‘n mens se karakter verskeur word met woorde en ek is heel oraait. Ek het nie verkrummel, ek het nie in ‘n bondel gaan lê en ek het binne ‘n dag oor dit gekom. Dis ‘n record by the way. Ek kan mos so vreeslik top oor ‘n ding. Tans is ek besig om baie ernstig na myself en die mense om my te kyk en hoe ek dinge hanteer. Een ding is verseker, om te erken as jy verkeerd is sê baie van hoe volwasse jy is en ek kan dit doen. Ek gaan my shit m bymekaar moet kry oor hoe ek praat as ek kwaad is en natuurlik gaan ek ‘n blog oor dit moet doen. En vir iemand wat met woorde toor, gaan ek moet leer hoe om mooi te verduidelik wat ek dink en voel en bedoel. So op die ou einde het hierdie hele shit storm eintlik baie goed uitgewerk.

“Follow me down the rabbit hole and let’s have some fun”

wild-child.jpg

Die Wit Hasie

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s