‘n Storie oor die weer

122401f2dfabafb2d37b2dd39b0f3777.jpg

Dis eintlik ‘n update want ek wil graag net met julle deel hoeveel reën die laaste ruk geval het. Ek myself wat hier op amper 31 sit, het nog net een keer in my lewe soveel water beleef. Ons hou rekord van die water wat van en het gister gou somme gemaak. Van November tot en met Saterdag het daar al 500mm geval waarvan die meeste in die laaste twee weke was. Die water val nou elke dag vir die laaste week, die grondpad is stuk-stuk al weg gevreet deur die strome en soms voel dit op jy in die rivier ry en nie op ‘n pad. Elke brug wat ons oor gery het Harare toe het kwaai strome water onder hulle gehad. Snaakse mushrooms groei op die agterdeur matjie, die klippe is oortrek van helder groen mos en snaakse swamme groei op alles wat hout is. Ons dak hou dit nie met hierdie reën nie en ek speel gereeld “waar lek dit nou?” sodra die hemel sy stort oop draai.

Die typhoid wat in Harare uitgebreek het is nog nie onder beheer nie en nege mense is al dood. Die “vendors” wat altyd by die tolhekke is, is nou weg en die straatmarkies is stiller. Dit terwyl ou Bob ‘n vakansie gevat het met miljoene van Zim se geld. Die muskiete is en die siekte wat hulle dra is nog ‘n ding wat wag om te ontplof. Sodra die reën stop en die poele water begin “staan”, gaan daar groot stront wees. Ek het bosluiskoors twee keer gehad en een of ander “travel bug” toe ek hier gekom het maar nog nie malaria nie. Hopenlik sal ons dit kan vermy maar vir ander “Zimbos” gaan dit nie gebeur. Kyk, oor die algemeen kry mense hier malaria meer as verkoue. Dis regtig so algemeen dat dit nie eers snaaks is nie. “Sir, I cannot work today. I was attacked by malaria.” het een vir Manlief gesê. Ek het gelag dat die trane loop want ek sien al hoe wag daardie moewiese muskiet agter ‘n bos vir die ou wanneer hy huis toe loop.

Skoonpa het al malaria gehad, sy pille by die kliniek gaan kry en in die bed gaan klim. Hy het net ‘n paar dae van die werk af weg gebly en toe ons hom weer sien was hy bleek maar beter. Hy reken dis ‘n great diet want hy was die helfte kleiner as voor die siekte.Ja mens moenie spot met sulke goed nie maar dis nou hoe algemeen die siekte hier is. Die jaar dink ek gaan dit net erger wees. Jy sal dink hierdie huis spook want jy hoor mense wat fluister, net om te vind dat dit eintlik ‘n swerm muskiete is. Die son skyn vandag maar teen teetyd gaan die wolke weer saam pak, teen lunch tyd gaan dit so donker wees dat ek ligte gaan moet aan sit en voor aand ete gaan die wolke hulle vrag op ons stort. Ek kla glad nie, ek geniet hierdie nat weer en alles wat helder groen is, die stroompies uit die berg, die mos oor die klippe ens. Dit laat my voel soos ‘n feetjie in die woud. ‘n Baie groot feetjie wat agv haar gewig nie baie vining of hoog sou kon vlieg nie….ok miskien is ek eerder ‘n woudtrol.

Nou ja, daar het ek nou oor die weer geblog. Liewe aarde, is dit nou ‘n manier om die week te begin ne.

Die Wit Hasie

 

Advertisements

4 responses to “‘n Storie oor die weer

  1. Ek sou bitter graag ñ vlieg, nie ñ muskiet nie let wel, teen ñ muur in Zim wou wees om die natuur se reaksie op al die reën te ervaar. Ons was laas in 2010 daar, en ek verlang soms terug na al ons vakansies in die land.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s