Tarzan se kuiergas

Dis omtrent ‘n week nou al wat ons die nuwe nagaapie hoor amok maak hier in die erf. Elke aand skree hy soos een wat vermoor word of bitter hartseer is. Ons weet teen die tyd dat dit is hoe hulle vir ander vertel “hierdie is my gebied. Bly weg.” Met die dat Tarzan nie kan weg beweeg nie, ontstel ons die wilde outjie vreeslik. Dit moet ‘n mannetjie wees want Tarzan gee geen performance vir hom as hy kom kuier nie, hy het net een keer geskree om te sê hy is hier en bly hie maar dis dit. Gisteraand was die outjie weer hier. Ek het hom sommer Piet gedoop. Alles hier kry naam. Piet was glad nie so sku soos Girlfriend nie en hy het nie lank gevat voor hy baie naby aan ons gekom het nie….net sodat hy op Tarzan kan skree. How rude.

Dit was wonderlik om weer ‘n wilde nagaapie te sien. Ons het gedink na Girlfriend se dood was hierdie area nou leeg. Gelukkig nie maar hierdie nuwe mister begin my nou pla. Sy geskree in die aand laat my wip van die skrik en dan vat dit my ure om weer te slaap terwyl hy party hou hier voor die huis. Hopenlik sal hy gou genoeg agter kom dat Tarzan nie kan uit nie en dus gaan hy nie Piet se cherry steel nie. Dan sal ou Piet gaan party op ‘n ander plek en ‘n klomp klein pieties gaan maak. Sal dit nie awesome wees nie?

Die water uit die hemel het ons darem gister en vandag ‘n breek gegee en dus moet ek dit short en sweet hou vandag sodat ek kan wasgoed doen voor die natuurstort weer oopgedraai word en mushrooms op ons klere begin groei.

Die Wit Hasie

Advertisements

2 responses to “Tarzan se kuiergas

  1. Ek hoor vanoggend oor die radio, RSG, dat daar in Zim so pas ñ paddatjie ge-identifiseer is wat glo al jare lank as ‘uitgesterf’ gekwalifiseer is. Paddatjies so een en ñ halwe sentimeter groot. Jy moet dophou, dalk loop jy enetjie raak! Veral nou so met julle baie reën.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s