Tuinmaak, Detox en Geloof

Hier waar ek sit gaan dit nie goed nie. Ek is moeg, my kop is seer, my lyf is seer, ek is honger, maar nie vir hierdie fo@#$% slaai of all brand of “gesonde” kos wat ons huis vol is nie. Ek het my man amper gemoer gister aand toe hy reken dat ek net een koppie koffie ‘n dag moet drink. Hierdie Haas is baie lief vir haar man en nie ‘n fan van geweld nie maar jy moenie my laat “gesond eet” EN my koffie wil vat nie. Dis een of die ander my vriend. Manlief wil die jaar iewers gaan see vakansie hou en toe besluit ons, ons gaan sommer die lyfies reg ruk want altwee van ons lyk soos hartseer middeljariges wat moed opgegee het. Dit gaan goed sover. Ek het hierdie touspring ding begin doen en dis vet pret. Twee kilogram af sover maar nou begin ek detox. Die rede is dat ek my koffie per dag drasties verminder het asook hoeveel suiker ek inneem. Jis ek voel vrot man! Elke keer wat iemand net iets nummy noem soos melktert of chips dan proe my hoenderslaai soos ou kouse. Die ding is, ek weet mens moet na jou lyf kyk. Dis net so goed jy ry ‘n Porche en vat hom nie vir ‘n diens nie. Ek is nou oor die dertig merk en saam dit begin die bangmaak stories kom van bloeddruk, hart probleme en al die groot K’s. So ja, ek weet wat ek nou doen is goed maar ek hou nie hiervan nie en mense wat brag oor hoe lekker hummus is…can kiss my humass!

Deel van meer gesond lewe is om meer aktief te wees. Ek het die ander dag my “steps” getel (met ‘n app nogal). My huis is redelik groot en steeds het ek nie tot by 2000 steps gekom nie. Jy moet blykbaar 10 000 doen ‘n dag. Nou teensy ek soos ‘n mal mens op en af in die tuin loop, gaan ek nooit hierby uit kom nie. Dus, tuinmaak. Ek wil graag lavender plant vir my oupa en ouma wat oorlede is en die twee wat nog lewe want ek verlang EN ek wil weer begin met my olies. Ja, ek is een van daardie weirdos wat liefs eerder in die natuur ‘n salfie soek as in die apteek. Jare terug was daar ‘n vrou in ons dorp, Lenny was haar naam, en sy het ‘n winkel oopgemaak waar sy “holistic” produkte verkoop het. Haar olie het ‘n uitslag op my boetie se been gewen wat dokters en duur meds nie kon. Ons het geleer van natuurlike seep en lekkerruikgoed asook meditasie. Sy was die wonderlikste hippy tipe wat ek al ooit ontmoet het. En toe besluit ons dorp se kerke dat sy van die duiwel is en jaag haar uit die dorp. Ek lieg nie vir julle nie en dit was omdat sy Madonna beeldjies verkoop het (nie die sanger). In elk geval, daar het ek en my ma al begin draai na die natuur vir hulp en na pille nie.

Ek wil begin met lavender en sodra ek sien ek kan kruie aan die lewe hou, gaan ek ‘n hele tuin plan. Ek gaan salf, seep, skoonmaakmiddels….alles maak van hierdie plantjies en so stappie nader wees aan “saam” die natuur lewe. Dalk al die kwaad wat ek in my het net eers op ‘n ander manier uitwerk voor ek met die plantjies werk want as jy hulle nie met liefde plant, dan groei hulle nie. My ouma het dit geglo en sy kon enige flippen ding laat groei. Ek dink as sy nie erg was oor geld nie, het sy ‘n R100 geplant en daar sou ‘n boom groei. As ek dinge anders kon doen, sou my oupas en oumas langs my gebly het sodat ek hulle enige tyd kon sien. Die tyd is so min vir alles wat ek nog wil weet en leer. Mense vergeet dat my ouma maar vyf maande terug oorlede is, dat hierdie Desember die eerste Kersfees was wat hulle huis nie meer hulle huis is nie en dat daardie huis verkoop gaan word…die laaste stukkie van hulle. Dit was ‘n rowwe Desember. Nou ja, ek sou wou iets skryf soos my geloof dra my blah blah blah maar ek glo blykbaar nie aan ‘n god nie en dis juis oor viswyf “christene”. Wrapped up in julle eie lewe reken julle dat julle 100% reg lewe. As julle is wat Christenskap is, kan julle daardie geloof en kerk van julle in julle gate op druk…I want no part of it. Ek is regtig klaar met “kerk mense” en ek verstaan nou meer as ooit hoekom my pa net vir troue en begrafnis soentoe gaan. Mens sou dink, 100%ters sal “what would Jesus do” toepas en begrip vir ander se pyn hê maar as julle so besig is om te skinder oor ander en julle egos oor julle opinies, dan maak dit julle blind.

Ek haat dit om derms te ryg op ‘n blog maar die sê moet uit. En nou dat ek dit geskryf het, wil ek dit nie terug vat nie want julle moet dit lees…en weer lees. Jy moet dalk kyk na die mense om jou wat so maklik byt. Jy ken die tipe, jy sal iets sê en hulle sal iets terug kwyt raak wat seermaak (hulle byt) en dan byt jy terug en voor jy sien is alles verby…julle verhouding ook. Wat van ipv die hond klap wat jou byt, eerder probeer verstaan hoekom daar gehap word? Dis omdat almal van ons so toegewikkel is in ons eie egos en dramas dat ons nie eers seer kan sien as dit reg voor ons staan nie. Jy weet nie wat in ander se lewens aangaan nie (net wat in joune klop, seer en al). So as jy, wat vandag die blog lees, weer met iemand praat wat krapperig is of kwaai klink of sommer net misluk is…haal af jou fan belt in street fighting en trek jou jassie van liefde aan. En doen vir hulle wat jy wens ander vir jou wil doen as jy seer het. Jy hoef nie eers aan ‘n kerk te behoort om dit te doen nie, jy hoef dit nie te doen omdat jy hemel toe wil gaan nie, jy kan dit doen omdat sommer. That’s it, doen dit net vir “sommer” en omdat iemand dit dalk nie vir jou doen nie.

Die Wit Hasie is van plan om haar eie raad hardcore te volg.

 

Advertisements

2 responses to “Tuinmaak, Detox en Geloof

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s