Dagboeke

download (1).jpg

Is nou nie net meer vir tienermeisies nie. Ek het al voorheen geblog oor hoe belangrik dit is om te skryf maar ek dink nie mense besef regtig wat dit vir jou kan beteken om ‘n dagboek te hou nie. Deesdae sien ek dis all the rage om ‘n bybel dagboek te hou en ek verstaan dat mense dieper en sterker in hulle geloof wil staan maar vir my persoonlik is dit te veel soos huiswerk doen. Jy moet vir jouself skryf oor dinge wat jy nooit oor jy lippe sal laat glip nie. Vir my is my dagboek ‘n polly-otter in rowwe water, dit gaan nie juis keer dat ek versuip nie maar dit gaan my so bietjie van ‘n kans gee. Ek doen dit al vandat ek in std 1 was soooo ek dink dis toe ek 9 was? Ek weet nie hoe oud is mens in daardie std nie maar dis toe ek begin skryf het. Dit het so deel geword van my dat ek nou vier dagboeke. Een in die jas, een in die tas, een in die handsak en een op die laptop. Dus is ek verseker daarvan dat ek nooit iewers sal sit en nie kan skryf as ek moet nie. Dis nou al soos asemhaal. Om ‘n dagboek te hou het my gat al meer as een keer gered want ek gaan sit en skryf my kwaad uit voor ek met die persoon praat vir wie ek kwaad is. Dit het my ook gehelp as ‘n vriendin of ex met stories kom oor hoe ek die asshole is, om terug te gaan in die dagboek en te kan sien “Hoorie, nee. Dis toe nou jy wat op daardie dag so en so en so gesê het.”

images (2).jpg

In my dagboeke het ek al baie keer gesit en planne maak oor hoe ek ‘n persoon of emosies oor ‘n saak gaan hanteer. Dit help baie vir iemand soos ek wat so kwaad word dat my kopvel begin kriewel, my lyf word vuurwarm en my bene lam. Mense, as ek so kwaad word dan moet jy hardloop. Dan kom daar goeters by hierdie mond uit wat doopwater nie eers sal kan afwas nie. My dagboek is my anger management, my vriendin om by te gaan kla en soms my kerk waar ek gaan praat met wie ookal ek in glo. Toe ek en Manlief net begin date het, het hy eendag op my dagboek afgekom en dit gelees. Ons was op trou se voorstoep voor hy my dit vertel het. Natuurlik was ek kwaad dat hy daar gaan snuffel het maar ook verlig want hy het toe self gesien dat ek niks vir hom wegsteek en dat alles wat ek vir hom sê ek dink van hom, die waarheid is. Blykbaar na hy dit gelees het was hy seker van sy saak dat hy die regte vrou vir hom gekry het. Van daar steek ek nou die dagboek bietjie beter weg want ek sal nie graag wil hê hy moet lees hoe ek my kan vererg vir hom nie…en sy moord soms beplan…in detail.

Dagboeke is ook ‘n baie goeie ding vir kinders want daar is soms goed wat pla wat jy nie vir jou ouers kan sê nie maar wat jy wel kan skryf. Dan kan ma dit lees en weer terug skryf, heel rustig. Dit werk want dit gee elkeen kans om kalm te sit en mooi te dink oor dit wat hulle wil hê die ander een moet weet. Geen stemtoon wat te hoog is of “instant emotions” nie. Probeer dit bietjie eendag en laat weet my hoe werk dit.

images (3).jpg

Anyway, die jaar is nog nie so lank aan die gang dat jy nie ook met een kan begin nie. Ek gaan die jaar my eie “home made journals” maak. Sommer net omdat ek kan. Eendag as jy nie meer daar is nie, is jy tog nogsteeds daar. Jou woorde en gevoelens in jou handskrif en so lewe jy lank na JY nie meer daar is. Ek hou nogal van die idee.

Die Wit Hasie

Advertisements

4 responses to “Dagboeke

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s