Om ‘n vrou te wees

*Hier gaan gevloek word maar ek sal probeer om dit minimaal te hou  en ek sal aanbeveel dat mans hierdie NIE lees NIE.*

Ek het gisteraand my gat so gewip vir ‘n advertensie dat my gat nou nog agter my ore sit. Luister gou vir my mooi Lilets, Always, Libress (hoe ookal jy dit spel) en wie ookal nog die goed maak…om jou produk in my pantie te kry moet jy (soos enige man) twee goed weet. 1 Moenie vir my lieg nie en 2 Moenie dink ek is dom.

Kom ons begin by 1. Jy sien, julle reken as ek julle produk gebruik gaan ek soos daai meisie skielik vrolik wees en rond trippel en LAG. Nouhoorhier, mens kan sien dis mans wat hierdie ads maak want GEEN vrou lag as dit haar tyd van die maand is nie. Jou lyf verskeur letterlik haarself. Jou hormone gee jou multiple personality disorder en maak dat jy ‘n bakkievrag sweets wil vreet terwyl jou dieet eintlik so goed gaan. Jy voel vuil en vet. Jou kop is seer, jou rug is seer en jy kriewel in jou eie vel. Ek het al ‘n stuk van my hare af gesny omdat dit eendag nie wou saam werk. DIS hoe kort van draad ‘n vrou word. Om jou pad of tampon te gebruik gaan NIKS hiervan verbeter nie. Die persoon wat hierdie ads maak veroorsaak dat ek sit en hulle moord beplan, in my flanny pjs met stukkies choccie wat in my hare sit. Wie ookal daardie happy clappy meisie in die ad gesit het….jy is ‘n asshole. So asof ek nog iets nodig het om my kakker oor my pmsing self te laat voel.

Dan 2. Ons is nie dom nie. ‘n Pad is ‘n pad is ‘n pad. Jy kan hoeveel keer die ding uitmekaar ruk en vir my verduidelik hoe dit werk, I don’t care. Teensy pads of tampons skielik saam ‘n bottle wyn verkoop word of morfien bevat gee ek nie om wie se brand dit is nie. Dis al wat ek wou deel met hierdie mense.pms-meme-rules.jpg50296476-080a-4c73-a63f-8811fca94e1b.jpguntitled2untitled

Nou Mister in die huis, kinders en ander vrouens…kom ek praat gou met julle. Ek weet dat koffie en coke en choccies help nie my PMS simptome nie, maar die laaste persoon wat vir my wou vertel ek moet minder van dit inneem en dan voel ek beter…wel ek die teelepel deeglik gelek voor ek haar koffie geroer het. As jy my voor die TV kry waar ek sit en huil oor die Momentum ad (waar die oom deur die muur klim om sy long lost love te soek) en jy vra wat is fout of lag vir my dan is dit jou eie skuld as ek my mond oop maak en die duiwel kom uit. Los my dat ek tjank, hy het jare gewag om haar te sien, dis fokken sad okay! Moenie my vra om vir jou iets aan te dra of te maak nie. Jy het twee hande en daar is ‘n app vir als, maak jy eie dekselse plan. Dis een keer ‘n maand wat my lyf die moer in raak vir my omdat ek nie swanger is en dan my straf daarvoor, have a heart en probeer verstaan hoe moeilik dit is om in so ‘n abusive verhouding te wees. Moenie aan my vat nie, moenie met my praat nie en jy weet wat is fout so moenie vra nie.

Call me crazy one more time…

Die Wit Hasie

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s