Stephen King – The Stand

Dit is ‘n bielie van ‘n boek. Ek is nou op bl 983 en ek moet eindig by 1325. Jy lees vir jou moeg en jy moet by ‘n tafel sit en lees want jou arms kan nie daardie boek dra nie. My liefde vir Meneer King is een wat nie in woorde gesit kan word nie, hy is vir my so lelik soos een van die monsters waaroor hy skryf maar hy het ‘n vrek sexy brein. Hy het ‘n Brad Pitt in Thelma and Louise brein. Hy het my al so bang geskryf dat ek van sy boeke net in die dag lees. The Shining was juis een van hulle. Daardie boek het die hare op my lyf laat regop staan, so erg dat Manlief een aand vir my gevra het of ek siek is want dis vrek warm en ek kry koud. Nee my vriend, dis Stephen. Goed, kom ons beweeg terug na die boek. Ek wil nie te veel oor die boek skryf nie want vir die wat braaf genoeg is om so dik boek te gaan lees, wil ek dit nou nie spoil nie. Die storie is eintlik short and sweet. The good old U.S of A maak ‘n superflu en die stouter ontsnap in een van die soldate wat dit die hele land vol versprei. Binne ‘n maand is daar nie meer ‘n samelewing oor nie, die superflu het byna almal uitgewis. Daar is natuurlik mense wat oorleef en daar is ook Good and Evil wat oorleef en veg oor die mense. Wat my kielie met hierdie boek is dat dit regtig egtig egtig kan gebeur. Dis baie moontlik dat daar eendag ‘n super kiem kan kom en die mensdom uitwis. Wat word dan van die wat oorbly?

In King se boek kyk hy na wat sal bly en wat sal gaan. Mense sal paartjies vorm maar niemand sal trou. Mense sal een “committee” na die ander vorm en dokters sal in aanvraag wees maar kerke en pastore nie. Jy sal krag mis maar nie TV. Mense wat musiek maak sal meer werd wees as CEO’s. Krag en water sal herstel moet word en dooies sal begrawe moet word en mense sal weer dorpe wil vorm. Ek het al baie ‘n stuk in die boek gelees en dan gesit en dink wat sal ek doen. Sal ek weer wet en orde wil skep of dalk mal gaan en die Empress van my “nuwe” land word? En die groot vraag is, as ek so iets oorleef maar almal waarvoor ek lief is doen nie…sal ek regtig wil van voor af begin? Hierdie is nou nie ‘n “propperse book review” nie, ek praat bloot net oor die boek wat ek lees. Die boek kan bietjie onnodig uitgerek voel en ek het al maklik vier tot vyf bladsye oorgeslaan omdat dit net ‘n blah-blah-blah scene is wat my mood kill. Dis nou nie juis my oompie se beste skryfwerk nie maar ek kan ook nie die boek los nie, so hy het my maar tog ingesuig. Ek hou van boeke wat jou laat dink en waar jy jouself maklik kan inleef. The Stand is een van hulle. Winter is coming en ek reken julle behoort hierdie boek te kry vir die dae wanneer jy nie onder die kombers wil uit nie. Vir die wat dit al gelees het, laat weet my bietjie wat het julle gedink.

hqdefault.jpg

Die Wit Hasie

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s