Ag weet jy!

Weet jy dat huidiglik is daar meer buitelanders in SA as wat daar blanke Afrikaners is? Ek het die ander dag gesien daar is iets soos 400 000 mense van Lesotho wat in SA wettiglik bly. Verbaas dit julle dat daar nie genoeg grond, krag, water en werk is nie? Almal is besig om hulle shit te verloor oor Trump se “travel ban” en al wat ek kan dink is….daai klomp is lekker bederf. Hulle weet nie hoe lyk dit as ander mense jou land heeltemal oorneem en jy as burger moet suffer EN hulle onderhou. Ek wens ons regering wil bietjie grense toemaak en mense uitskop sodat EK wat daar gebore is en wie se familie al saam oom Jan op die skippies gekom het (ek het die bewyse hiervan) kan terug gaan na my eie land. Tans moet ek en my man en my skoonpa in Zim werk omdat daar nie werk in SA is. Natuurlik is daar nie werk, daar is amper 2 miljoen Zimmer in SA dammit. Hierdie syfers is net ‘n raai skoot deur ons sirkus-regering. Nou praat ons nie eers van al die mense wat onwettig is nie. Die feit dat van hierdie mense op beurse swot, grands kry en verniet behuising ook kry het my so kwaad gemaak dat ek liewers ophou navorsing doen het.

Ek wat daar gebore is mag hierdie dinge nie kry nie want hoekom? Is dit omdat ek wit is? Nee ek dink nie dis net dit nie, ek dink dis omdat ons regering moertoe is van die korrupsie en die massa word  so besig gehou met “take the land from the whites” dat hulle nie sien hulle “land” word vir mense gegee wat nie eers in daardie land gebore is. Vandag is ek vies vir al daai mense wat so kak en kerm oor Trump want soms wens ek ons het hom gehad. Die Vader weet, die hoofnar wat ons nou het is ‘n joke maar wie na hom kom maak my nog meer worry. Aan die mense van die U.S of A, dis altyd maklik om te kla as jy ‘n witbrood onder elke arm het. Eendag gaan julle terug kyk na hierdie dag en dink…”ek moes liefs net geshurrup het. Die ou kaaskop was reg.”

Anyway, ek hoop vir ‘n huge natuurramp sodat mense oor iets anders as Trump kan praat. Ek is al dik vir die ou. You don’t like him, we get it. Kan die cry babies nou net ophou asseblief.

Die Wit Hasie

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s